Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -8 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -9 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -10 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -10 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -10 hours ago
Handig Toep wat aflyn kan wys waar… Geert -10 hours ago

Pearson Park (resort) PE

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ons het vertrek uit Scottburgh en moes opeindig so na aan Port Elisabeth as moontlik.  Volgens my GPS en google was dit maklik bereikbaar, maar geen tyd vir kuier nie.  Ons het toe besluit om die een nag gebruik te maak van Pearson Park resort net buitekant PE aan die noorde kant.

pearson park

Ons was soos dit maar gewoonlik werk, by die aktiewe ablusie geplaas en ook naby 2 permanent kampeer paartjies.

Dit is natuurlik lekker uitdagend om so in die donker op te slaan en eers die volgende oggend so met die eerste koffietjie die area te verken.   Dit oord is nogal groot en geleë op die Sundays rivier.  Vir ons wat die rivier so 'n klipgooi van ons tent af.

pearson park

ie oord is oud en sy ouderdom wys, maar alles was in  werkende kondisie.  Ek kan dink dat dit nogal lekker jolig kan raak tydens 'n besige seisoen, maar vir buite seisoen sal ek dit slegs gebruik vir 'n eenmalige oornag staanplek as daar geen ander opsies is nie.

pearson park

pp

Port Elizabeth

Frieps

Sun, 30/04/2017 - 19:49

Ons ken die park maar het nog nooit self daar gekamp nie.  Ek is bly dat jul gelukkig was met Pearson Park as oornagstaanplek.   As jy van daardie kant af kom, is dit 'n maklik bereikbare park en jy hoef nie uit jou pad te ry nie.  Maar ons sal dit nie aanbeveel vir 'n vakansie nie.   Die natuurskoon is baie mooi, dit is 'n gewilde plek vir visvang en bootry maar ons verstaan dit is gewild as 'n kuierplek van "regulars" en is ook nie so seker dat dit regtig veilig is nie.

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 01/05/2017 - 07:22

Freda ek dink ons sien dinge op dieselfde manier.   Hy het goed gewerk vir oornag, maar langer sal ek nie sommer bly nie.   Boonop weet ek ons was ingedoen ook.  Kan nie onthou presies wat ek moes betaal nie, maar dit was wat ek gewoonlik sou betaal vir 'n baie meer luukse oord.    As ek in die dag tyd daar mos aankom sou ek defnitief die vrou vertel het waar om haar geld te druk.   Ek dink dit was die meeste wat ons vir 'n staanplek betaal het gedurende ons hele toer, en dit was die plek wat ek die minste sal aanbeveel.   

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 01/05/2017 - 07:51

He-he Voortrekker, ek wou nou nie te sterk reageer met my eerste kommentaar nie, maar ek was skoon bevrees toe ek jou topic sien en wonder wat jy gaan vertel oor die plek.  Toe ek sien jy klink darem positief, het ek my maar bietjie ingehou.laugh  Nee, daar sal ek nie eers gaan oornag nie!   My broer, daar kan dit rof raak!      Skande dat julle so baie moes betaal vir wat hulle aanbied.

As mense deur PE ry en net wil oornag, is die beste plek Van Stadens.  Jy ry verby  PE en so 30 km op die N2 na Kaapstad, draai jy af na Van Stadens.  Dit is 15 km vanaf die N2.   Of as jy van die Kaapse kant kom, draai jy af voor jy in PE kom.

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 01/05/2017 - 08:26

Freda gelukkig het ons darem nie die rowwe kant beleef nie, maar slegs 'n ou oord wat op 'n stadium seker BAIE nice was, en dan die vrou wat ons so ingedoen het met kostes.

Ons het 'n paar opsies gehad om te oornag, maar met die wat ons al die pad deur transkei vannaf Scottburgh gery het, het dit laat geword, en teen daardie tyd stuur mens maar na die naaste plek, die nog tot in PE en dan anderkant uitry klink dan na te ver.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus