Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

57208 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie môre almal hier op die… Julie 2019 - Koffiekroeg Dusty -13 minutes ago
Baie Welkom Ermiena, Kaptein… Welkom Voortrekker -10 hours ago
Ok maar goet was nie ń Ford… Ford is en bly maar die beste! Arie -11 hours ago
Speen salf ... Stof tot nadenke Willem Brits -12 hours ago
Wessel ... WilSur se "tips" Willem Brits -12 hours ago
Harry Ford is en bly maar die beste! Frikadel -12 hours ago
Middag almal Julie 2019 - Koffiekroeg Sleep nou -13 hours ago

Pretoriuskop.

Vaalpark Vrystaat
Submitted by Johann L on Thu, 30/05/2019 - 08:29
Forums

Nou ja, ek gaan my karavaan oor twee weke Pretoriuskop toe vat vir 'n heerlike bederf in die wildtuin, nou het ek twee vrae.

1. Waar kan ek naby die ingang oorslaap om daar in te gaan? 

2.Wat is die beste roete vanaf Nelspruit omgewing tot in Pretoriuskop? 

Ek het plek gekry vanaf Maandag 17, tot Sondag 23 Junie, my gedagte is dus, ek moet so na 12:00 in Pretoriuskop wees om die mense tyd te gee om uit te gaan na die lang naweek?

Môre Johann

Aangesien ek versigtig is vir die naasliggende plaaslike bevolking om die wildtuin, gaan ek die volgende voorstel;

1] oorweeg dit om op Witrivier by die plek met naam BenMarie oor te slaap. Vriende van my het dit al gedoen en dit was veilig. Google dit gerus. Dan wil ek jou aanraai om liewer terug te ry tot by Nelspruit en met N4 tot by Malelane hek te ry en daar in te gaan. Ek weet dis 'n draai, maar beskou dit sommer as jou 1ste wildrit. Jy wil mos effe laat in P-kop kom.

2] Blykbaar is dit ook veilig om boontoe te ry en by Phabeni[?] hek in te gaan en dan via Skukuza om te ry.

3] Jy kom nou agter dat ek eintlik jou wil afraai om van Witrivier na Numbi-hek te ry. Daar is ongelukkig baie kere oproere.

4] Probeer om dalk in Berg en dal of Malelane kampie nog plek te kry vir jou 1ste aand. Jy gaan dalk veel goedkoper daar regkom as buite die wildtuin.

Ek hou duimvas

Wessel 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 30/05/2019 - 18:22

...................ek hoor wat Wessel sê maar ek verskil tog.  Met 'n teerpad-karavaan en Pretoriuskop as jou eerste kamp is Numbi-hek die eerste prys.  Die kamp is 'n hanetree vanaf die hek.  Oornag gerus die vorige aand by Benmari Resort.  -  eienaars Ben & Marthie van der Linde  -  telefoon (013) 750-2007.  Heerlike veilige oord met privaat ablusie vir elk van die paar kampeerplekke.  Dertig minute se ry na Numbi-hek. Enige ander hek-ingang gaan 'n geweldige teer-ompad tot by Pretoriuskop tot gevolg hê.  Wanneer julle daar is, vra Ben of Marthie om vas te stel of daar betogings op die pad is.  Hieronder is 'n foto van Benmari Resort se staanplek waar ons gestaan het met die privaat ablusie in die agtergrond.

.

Die wapad.

Koos Mol

Thu, 30/05/2019 - 21:43

Stem saam oor Benmari, heerlike veilige oorstaan vir Numbi hek ingaan. Benmari was ons eerste kamp op ons langtermyn toer.

Ek sou eers uitvind oor die Numbi pad alvorens jy by Nelspruit kom want beide oor Kruger hek of Malelane hek is vanaf Witrivier ver ompad. Sou jy besluit om tog Malelane om te ry kan jy TSB suikermeule se buiteklub net voor Malelane hek probeer vir oorstaan buite die park. Ek was so paar jaar gelede daar aan (nie oorgestaan nie) en het verstaan dat hulle oorstaan geriewe aan karavaners bied. Dit is as jy te laat is om by Malelane kamp binne die park in te kom.

Sou jy besluit om vanaf Witrivier na Kruger hek te ry, moet jy die R40 neem na Hazyview en nie die R358 nie. (Moontlik ken jy die roetes al) 

Johann, watse pad jy nogal ry, veilig sleep en geniet julle gate uit daar op die plaas en dink aan ons wat nog daar moet uitkom die jaar (ons tydjie begin 23 Augustus).

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 30/05/2019 - 22:05

Baie dankie vir al die advies, het nooit aan Benmarie oord gedink nie, ek sal more bel en uitvind, dankie Len en Koos.

Sal ook so dag voor ons vertrek seker maak by hulle (Ben-hulle) omtrend veiligheid van die pad.

Wessel, ek is bewus van Numbi se risikos, maar soos genoem, moet mens net voor jy ry, seker maak, anders ry ek maar Malelane om.

Ek het reeds alles probeer om binne die wild tuin oornag plek te kry, selfs chalet vir een nag, maar hulle is vol daai lang naweek.

Secunda

Sleep nou

Mon, 03/06/2019 - 07:43

More Johann Benmari lekke naweek / oornag oord oom Ben hou sy hand op die plek geniet hom en toer deur die wiltuin

Middag Johan, ek sien ons is beide in Pretoruis Kop die Junie, ons is inbespreek in 'n hut, nog altyd met die wa gegaan, kon nie plek kry nie, moes toe maar tevrede wees met 'n hut.Laat weet die kar registrasie, sal dalk kans kry om blad te skud.

Jan Roux

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 07/06/2019 - 19:19

Marthie, van Benmari, het gesê ons moet eerder by Pabeni hek ingaan, daar is te te veel oproer op Numbi pad.

Ons sal dus Sondag 16 Junie by Benmari oornag in ' n chalet, en dan Maandag oggend deur Pabeni af in gaan.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 07/06/2019 - 19:48

.....dit is omtrent 'n 150km draai om by Pretoriuskop uit te kom !  Ek sal werklikwaar eerder Saterdag nog moeite doen om by Pretoriuskop se ontvangs en selfs by Punda-hek te probeer vasstel wat die stand van sake is betreffende betogings  -  of selfs die Polisie op Witrivier.  Talle personeel ry daardie pad daagliks en hulle behoort sinvolle terugvoer te kan gee.

Ek glo Marthie se aanbeveiling is om veilig te speel, maar ek sou tog meer akkurate inligting oor die Numbi-pad probeer bekom, die dag voor julle vertrek.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Fri, 07/06/2019 - 20:15

Len, ek sal verseker navraag doen Saterdag👍

Ek haal aan wat Marthie gesê het.

Ek wil jou aanraai om liewer van Phabeni hek gebruik te maak in plaas van Numbi.

Die pad na Numbi is baie vol hobbels en is ‘n besige pad met baie kansvatters.

 

Phabeni hek is so 50 km van Witrivier af maar is ‘n groot pad en nie gevaarlik nie.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 09/06/2019 - 21:10

..............ek lees op sosiale media 50% sê vermy die pad en 50% sê ry die pad.  Van die mense wat sê ry die pad, noem net die volgende :-

  • Hulle het die pad hierdie week sonder probleme gery
  • Heelwat spoedhobbels sonder waarskuwing - ry dus rustig
  • Hou dop vir voetgangers en vee
  • Taxis : laat die spul maar begaan en verdra hulle - nie so baie op weeksdae nie
  • Vermy beslis oor naweke.  Ek sien julle is bespreek vanaf Maandag 17/6  -  julle is dus heel veilig
  • Phabeni is wel net 50km vanaf Witrivier, maar dis nog 90km van Phabeni tot by Pretoriuskop (teerpad om) en dit is slegs 25km van Witrivier tot by P/Kop !
  • Ek glo Marthie bedoel goed, maar ek glo nie sy hou rekening daarmee dat jy nie die kortpad (grondpad) van Phabeni na Pretoriuskop met jou teerpad-karavaan kan ry nie.

Johann, as ek jy is sal ek met hierdie inligting besluit op Numbi en net voor ek vertrek, sal ek telefonies by Numbi-hek kontroleer of daar probleme is en dan my finale besluit neem.  Numbi-hek se telefoonnommer is (013) 735-5133.  Teen Maandag teetyd is jou kamp opgeslaan en begin jou wildtuin vakansie !

Middag Johann

Amper tyd om te hak en pad te vat.

Onthou alles is duur in wildtuin-winkels, neem saam soveel jy kan met jou EB lisensiedevil

Ek het laasweek R75 betaal vir 5l water en pakkie ouma beskuitjies.  Ons het water,drank, vleis, bykosse groente koeldrank alles saamgesleep.

Julle moet dit geniet en sleep lekker

Wessel  

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Thu, 13/06/2019 - 16:38

Dankie Wessel, uit gewoonte neem ek altyd 40L drink water saam,  my vrou pak al ons kos, juis omdat dit onbetaalbaar duur is in die wildtuin. 

Ons het 'n chalet gevat by Benmari vir Saterdag nag, so doende kan ons lekker vroeg in beweeg👍

Secunda

Sleep nou

Thu, 13/06/2019 - 18:01

Johan se vir oom Ben en tannie Martie die mollers van secunda stuur groete julle moet geniet Johan kyk bietjie as julle by Benmari is hoe oulik is elke staan plek se badkamer setup mooi ry en geniet oom paul se tuin

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Mon, 24/06/2019 - 08:49

Nou ja, ons het toe veilig hier aan gekom op Maandag oggend soos beplan. Baie lekker gelyk staanplek gekry,  naby krag punt en ablusieblok (die kleiner ablusie),  by die heining.

Ons eerstedag het met groot woede, afsku en haat begin.

Die eerste rit om te gaan rond ry, kom ons op 'n trop leeus af, nou dit sou normaal wees om baie opgewonde te wees, maar, helaas, ons was verbitterd toe ons die rede van die samedromming sien, die vorige nag het vervloekte  (ja, dit is hoe ek hieroor voel) stropers 'n renoster vermoor, en die leeus was besig om daaraan te vreet. 

Later die dag, het ons die spore van Sanparke se bewaarders (ons glo dit was hulle) gesien wat van die pad af, na die renoster gegaan het, ons hoop dit was om te gaan spoor soek, maar besef dat daar bitter min kans is op 'n sukses om die die saak op te los in 'n hof.