My spaarwiel vir die Pajero Sport is van onder my voertuig gesteel. Enigste plek waar dit kon gebeur het, is Augrabies Nasionale Park. Iemand anders wat soortgelyke ervaring gehad het?
As jou spaarwiel deesdae…
As jou spaarwiel deesdae gesteel word is jy n baie naiewe mens en waarskynlik moet jy maar jou pak vat.
Sluit die ding vas met n ordentlike slot en osketting aan die bakkie se onderstel pilaar want hy GAAN gesteel word met daai belaglike dealer slotjies wat ten duurste geinstalleer word.
Ryg die ordentlike ketting deur n baaisiekel binnetube en niks sal beskadig nie.
Plak die ordentlike slot se sleutelgat toe met ducktape om vuiligheid te keer en Attie is jou Oom.
Nou kan jy maar vertel van Augrabies!
Goeie môre Johann, baie…
Goeie môre Johann, baie welkom hier, weet nie of ek al 'n inskrywing van jou hier gesien het nie. Ek is jammer om te hoor van jou spaarwiel, die blikskottels! Ek was nog nooit in my lewe by Augrabies nie, en kan dink dat jy kwaad is oor wat gebeur het.
Maak maar soos Frik voorstel, sluit maar toe, hier in Gauteng is dit tweede natuur om jou spaarwiel te sluit met 'n ketting en slot.
Augrabies ervaring
Môre Johann
Behalwe van die gesteelde noodwiel, wat is julle ervaring van die woonwapark en ablusie by Augrabies.
Ek hoop om te hoor dat dit op SANPARKE se standard is. Ek bplan om volgende jaar daar te gaan oorbly oppad na Twee Rivieren.
Groete
Ek was 12 jaar laas by…
Ek was 12 jaar laas by Augrabies en toe was dit heel lekker. Ons het in 'n tent kampeer en alles was netjies en het gewerk. As jy gaan, moenie net na die waterval gaan kyk nie. Tussen die hek en die kamp draai 'n pad links af. As ek reg onthou staan daar iets soos Wilderness gebied op die bordjie by die afdraai. Dis 'n billike grondpad en die landskap is asemrowend. Herinner baie aan Namibië. Daar is ook 'n uitkykpunt op die rivier en verder in 'n piekniekterrein.
Toe ons daar was het ons net een ander voertuig gesien, en dis mos my gunsteling om so alleen as moontlik in die natuur te wees. Jy kan daar gaan stap ook maar dit raak maar lekker warm. Ons het net so ent stroomaf van die kamp gestap en ek is redelik seker daar was 'n luiperd want die bobbejane en klipspringers was baie ontsteld (en nie oor ons nie).
Ons geniet Augrabies ook…
Ons geniet Augrabies ook baie, so 2 jaar gelede daar gekamp. Ek is mal oor al die stap wat mens daar kan doen, n ander ervaring. En die uitkykpunte is pragtig. Myself gesê dat ek volgende keer n rugsak saamvat en die Klipspringer roete gaan doen.
Eienaardig die diefstal, die Park is n hele ent weg van woongebiede, en dink mens moet eerder mede kampeerders bevraagteken as die park se ligging. Neef is seker ook naief, nie een van my spaarwiele is vasgeketting nie.
Johann,,,
Johann, kan jy asb 'n bietjie meer vertel oor hoe die spaarwiel gesteel is, is die ketting waarmee die spaarwiel op- en af gehys word geknip? Die Pajero is tog 'n SUV en ek aanvaar die gat waardeur die slinger geplaas word om die wiel op en af te hys is tog seker bedek met die agterdeur van die Pajero, of hoe ?
Sit die spaarwiel nie op die…
Sit die spaarwiel nie op die agterdeur nie?
Jammer Oom Len. Ek het nie…
Jammer Oom Len. Ek het nie opgelet in die klas nie
Augrabies op n Vespa
Welkom Johann, jaa-nee dit maak n mens vrek die donnerin as jou goed so wegraak, gelukkig jy't dit agtergekom voor jy die wiel noodlottig nodig gehad
Wiele draai... like they say, Kama's a cow.... It will come back at him...
Seker 20 - 25 yaar terug was ek by Augrabies to ek SA omwentle op my Vespa bromponie
Ek, 40Kg kamp goed en n hontjie (Goedsper)
Van JHB tot PN / Kaapstadt / Durban / Ritchards baai / Alldays.
Het gebly by die "backpacker's lodge" nogal n einaardige lodge....
Mar nou ja, nogal "sports"gehad met daai klein wielitjies inni dik sand...
Die valle self was nie sterk maar nogtans baai mooi om te sien.
Nog een van my adventures.....
Ek kan ook nie opgewonde…
Ek kan ook nie opgewonde raak oor Augrabies nie. In my opinie is dit een van die swakker Sanparke kampeerterreine. Ons het in Sep 2018 in een van die groter selfsorg-eenhede gebly - en dit was nogals netjies.
Ek het darem nie 'n spaarwiel daar verloor nie. Maar baie jare gelede is my eerste dubbelkajuit se spaarwiel op Kaapstad lughawe gesteel. En 'n week later neem ek 'n lang "Kaapse draai" - eerste nag in Upington, tweede in Kimberley, derde in Middelburg (Kaap) en laaste nag in PE. Gaan toe by 'n vriend van my aan in Mosselbaai. Hy vra my toe waar's my spaarwiel, want daar hang net 'n ketting. Ek dog toe dit is by een van my oorslaapplekke gesteel.
Skakel toe die Ford-agentskap in Somerset-Wes waar die bakkie gediens is na my besoek aan die lughawe, maar voor my vertrek op die "Kaapse draai". Nee - seg hulle, dit is aangeteken op die "job card" dat die bakkie sonder spaarwiel was tydens die diens.
Toe's ek te bang om van Mosselbaai af huistoe te ry sonder 'n spaar - ek het eers 'n "rim" en nuwe band op Mosselbaai gaan koop. Dit nadat ek 3 000 km+ sonder spaar gery het.
Daarna nog nooit weer sonder 'n ordentlike spaarwielslot nie.





Jammer Johann
Jammer om te hoor vetrel bietjie van Augrabies