TO
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Sionbergh

 

nuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonsaamtrekkelekker reseptemeningspeilingsarrowarrow

74310 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dis nog nie buitensporig… Geniepsig Wildehont -54 minutes ago
Die ou mense het mos altyd… Geniepsig Johann L -2 hours ago
Daarshy.  Die fietrsryers… My eerste Mahindra? Voortrekker -4 hours ago
Hier by ons nog nie juis… Geniepsig neef Herman -3 hours ago
Mooi man, onse XUV500 loop… My eerste Mahindra? Lapskag -4 hours ago
Lekker man.  Sovêr geen… My eerste Mahindra? Voortrekker -7 hours ago
Mabalingwe ook oop! Red Ons Kampeerbedryf Arie -6 hours ago

c

My plek - Willem

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on Mon, 01/06/2020 - 20:09
Forums

Net so iets waarmee ek by die huis besig is.

.

.

Ja, ek weet dit lyk deurmekaar maar dit is al foto's wat ek het toe ek die muur oorgeverf het.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 01/06/2020 - 20:13

Ek het agter gekom dat die blaaie van die kuierplek op plekke lig as gevolg van water.

Toe besluit ek aangesien daar naby nie 'n wasbak is nie gaan ek die een wat ek uit die Exclusive gehaal het daar sit en 'n blad probeer maak met "self leveling" sement voor ek die bestaande blaaie aanpak.

Ek het 'n 10mm "press wood" gebruik vir die basis en besluit om 'n 10mm blad te gooi (want as jy dikker as dit gooi moet jy dit in lae doen).  Die wasbak (s/s) wat ek uit die Exclusive gehaal het gaan ek gebruik.

Hier is die begin foto's.

.

.
Ek het hom so paar lae met "bonding liquid" geverf.
.
Hier het ek die mengsel aangemaak en in gegooi.

 

Pretoria

leeu

Tue, 02/06/2020 - 14:47

Daai kleur op die muur van jou kuierplek lyk baie mooi Willem. Het jy al gesien hoe werk die manne met epoxy, vernaam as hulle dit inlas in hout blaaie. Ek dink die epoxy gaan seker duur kos?

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 02/06/2020 - 15:19

Dankie, ja ek het Dulux se program gebruik waar jy 'n foto neem en dan kies jy jou kleur en hy verander dit dan asof jy die muur geverf het.  Dit werk baie beter as om samples te gebruik want jy sien die hele geverfde deel saam met die res.

Het jy al gesien hoe werk die manne met epoxy, vernaam as hulle dit inlas in hout blaaie

Nee nog nie gesien nie.

Ek het nou agter gekom die basis moet meer stabiel wees as net daai 10mm "press wood", maar hy lyk nie sleg toet nou nie.  Sal ook volgende keer die blad dikker as net 10mm maak, volgens "Pro Grip Self Leveling Screed" is dit die maks. dikte op een slag.

Sal môre 'n sealer gaan kry dan kan ek verder gaan.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 02/06/2020 - 16:23

Willem, weet nie hoe lank die screed vat om te droog nie, moet nie te gou seel nie, dit kan afdop as daar vog vasgevang word. Maar dit lyk sommer spiekeries. Ek het al sulke counter tops gedoen, gebruik n vorm van formica, 50mm diep, sit staal en en dan screed ek dit, staaltroffel tot blink, seel daaarna met n penetrating iets, soos n stone/slate sealer.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 02/06/2020 - 16:55

Wow Willem, verskuilde talente kom hier navore !

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 02/06/2020 - 17:00

Ek wou Pro Grip (net by CTM) gebruik maar het toe 'n ander maak by Chamberlains gekry.  Ek het hom gister gegooi en gaan hom eers môre "stone/slate sealer" opsit.  Ek het met die geleer, volgende keer maak ek hom dikker en 'n beter onder blad (maar die een sal doel dien ).

PRO GRIP - SELF LEVELLING SCREED
For thicker applications, apply in steps of 10 mm layers ...
Allow 24 hours before tiling.
TECHNICAL DATA
Initial setting time  ± 1.5 hours at 25⁰C and 50% humidity
Final Setting Time  ± 6 hours at 25⁰C and 50% humidity
Mixing Ratio  4.8 Lt of water to 20kg bag

.
Hy is darm al op sy plek.

 

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Tue, 02/06/2020 - 20:31

Was daar krake op die sywand is waarmee kan ek die krake mee plak (die compoung) se krake plak ?  Soos hout met hout lym ?  Voor ek die sealer op sit ?

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 03/06/2020 - 07:48

Willem, ek verstaan nie die spelling lekker nie. Is daar krakies wat jy wil toemaak? Dun krakies is moeilik, stopsel kan nie juis inkom nie. Wat jy kan toets is om op ñ buite sig plekkie, n bietjie seeler op die kraak te sit en dan met fyn skuurpapier bo-oor te skuur. So kry jy dieselfde as jou houtlym op hout stopping. Pasop net, die geskuurde gedeelte sal ñ ander kleur vertoon. Dalk die hele blad met fyn papier 300grit ? liggies skuur, en so die krakies vol stof maak voordat jy seel.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 03/06/2020 - 08:09

Die kraakies is meer op die "edging" ek sal van die "self leveling" meng met die "seeler" meng en dit probeer toe maak.  Gelukkig is dit nie veronderstel om op skou te gaan nie.  Ek het gisteraand vir Surette gesê dir kraake is seker van die beweeg en nou vasgesit dat die "edging" gekrask het.  Sou dit loskom sal ek weer 'n boks om die blad bou om die "edging" in plek oor te doen met versterkings om die edging dan 15mm te dien. 

Secunda

Sleep nou

Fri, 05/06/2020 - 08:50

So kuier plek in die ingordel tyd help verseker jy kuier lekke en vergeet van die gemors

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 05/06/2020 - 11:52

Na my kommentaar glo ek, ek is lewenslank verban daar!.

Nou hoekom, is jy bang ?