Goeie môre op hierdie eerste dag van die nuwe jaar.
Mag elkeen 'n geseënde jaar geniet. Mag voorspoed elkeen se metgesel wees.
Lekker dag en jaar vir elkeen.
Môre môre! Dankie Stoffel en…
Môre môre! Dankie Stoffel en Johann.
Mag almal 'n gatskop 2021 afskop maand hé! ![]()
![]()
Goeie môre almal, 'n…
Goeie môre almal, 'n geseënde nuwe jaar vir julle. Mag al die nuwe lede lekker kom saam gesels oor al hul kamp ondervinding en dinge
'n Nuwe jaar het aangebreek !
Goeie môre ! Die suid-oos wind het die nuwe jaar met mening hier by ons ingeblaas wat beteken julle ouens daar in die noorde gaan nog lekker reën kry.
Aan al my Kampforum-vriende wens ek 'n geseënde, voorsoedige, gelukkige en gesonde 2021 toe. Ek gaan poog om al die naarhede wat 2020 oor ons (en veral my) pad gebring het agter my te sit, daarvan te vergeet en met vertroue die nuwe jaar tegemoed te gaan.
Terwyl hierdie 'n Koffiekroeg-praatjies draad is, kan ons mos maar 'n bietjie twak praat ook. Ek wonder of ek reg is dat Kampforum-mense nie eintlik lief is vir ons nasionale wildparke nie. Ek kan op my een hand tel van ouens wat in dié verband saamgesels en hulle ervaringe met ons ander deel. Wat van die res ? Jy hoef nie van wildparke te hou nie, maar deel dan met ons jou voorkeur kamp-ervarings.
Asseblief man, gesels saam - maak dit sommer 'n nuwe jaarsvoorneme !
Ek gesels min op hierdie…
Ek gesels min op hierdie draad. Ek lees egter gereeld om te sien of daar sinvolle bydraes is - soos die een van Len hierbo.
My wense vir elkeen wat hier lees is dat 2021 'n mooi en lekker jaar sal wees.
Goeie môre almal. Len, ek…
Goeie môre almal.
Len, ek was nog nooit in die KNP. Ek hou nie van 'n plek waar daar roofdiere is nie. My oorlede swaer se vrou is weer getroud met 'n man wat veldwagters oplei. Hy het my al 'n paar keer genooi om saam met hom te gaan maar ek het nie die belangstelling in dit nie
'n Plek waarvan ek hou is 'n plek soos Dube ens waar ek kan gaan stap en diere bekyk. Ek hou weer baie van stap.
Ongelukkig kan ons nie meer by Hartbeeshoek gaan kamp nie. Die BlouBulle het die plek gekoop om te omskep in 'n oefening kamp vir hulle
Goeie môre mense, geniet die…
Goeie môre mense, geniet die sabbatdag.
Ek het vanoggend 110mm reen uit gegooi, dit is nou as ek die 10mm bokant die 100 merk reg skat, gisteraand 'n ligte wolk breek hier gehad, die swembad loop oor, nodeloos om te sê, die twee opgaar tenks ook.
Môre môre almal, lekker nat…
Môre môre almal, lekker nat in Bloem dankie. Julle moet die dag geniet en maar lekker gesels, twak of nie twak nie, bly lekker om te lees wat julle aanvang.
Hi Dusty, dit is slegte nuus…
Hi Dusty, dit is slegte nuus om te hoor van Hartbeeshoek, het ook al lekker daar gekamp.
Hi Dusty, dit is slegte nuus…
Hi Dusty, dit is slegte nuus om te hoor van Hartbeeshoek, het ook al lekker daar gekamp.
Jammer weet nie hoe het die…
Jammer weet nie hoe het die plasing 2 keer deur gegaan nie
Môre sê Kampforum
Geseënde 2021 vir elkeen, ![]()
Ek het 4mm vanoggend uit gegooi.
Dusty, ek het nie geweet Hartbeeshoek is verkoop nie ?
Enige kamp bly vir my lekker, soms is die KNP lekkerder, soms ATKV, soms Dinokeng, soms net 'n klein rustige plekkie.
Ek hoop ook meer mense wil kom saam gesels.
Goeie môre Kampvriende ! …
Goeie môre Kampvriende !
Die suidoos het 'n bietjie bedaar vanoggend en Johann, ek is baie bly vir die lieflike reën wat julle gister gehad het.
Stoffel, jy hoef nie van roofdiere te hou nie, maar doen jouself tog 'n baie groot guns en gaan maak 'n draai in die Kruger Wildtuin. Die natuur daar, die verskeidenheid tipe veld, die riviere en spruitjies, die pragtige verskeidenheid bome, die koppies, die voëllewe en les bes die wilde diereryk (waarvan roofdiere maar 'n baie klein persentasie uitmaak) sal jou beslis bekoor. Die kampeerlewe in die ruskampe is só anders en rustig as enige ander kampeerterrein.
Ek kyk nou hier na my Wildtuingids, daar is 5 volkleur bladsye van die verskillende voëls, daar is minstens 50 verskillende wildtipes wat nie roofdiere is nie en so ongeveer 15 roofdiere.
Nog iets, as die jag van roofdiere jou afsit, in my omtrent 60 jaar wat ek die Wildtuin besoek het ek nog nooit 'n werklike, suksesvolle jag deur 'n roofdier beleef nie. Dus nie iets wat 'n besoek aan die Wildtuin behoort te kelder nie.
Jy het reeds 'n kontak in die Wildtuin en jy moet werklik 'n poging aanwend om hierdie belewenis te ervaar.
n Plek met roofdiere
More Stoffel
Ai dis jammer om te hoor van jou probleem! Dan hou jy seker ook nie van Centurion se woongebiede nie ?
Is jy doodseker oor Hartbeeshoek? My vriende het nou net geboek om die maand soheentoe te gaan.
Ja, so verskil ons voorkeure…
Ja, so verskil ons voorkeure. Toe ek verlede jaar vir een van my bure noem dat ons o.a. vir 6 weke wildtuin toe gaan, was hy stom van verbasing. Hy was glo jare gelede vir 2 aande in die wildtuin - en volgens hom het hy geen belangstelling om weer daarnatoe te gaan nie. Hy't dit die verveligste plek ooit gevind.
Ek het begrip daarvoor dat…
Ek het begrip daarvoor dat voorkeure van elke individu sal verskil en aanvaar dit ook so. Maar Chris, interssantheidshalwe sou ek graag van jou buurman wou weet watter tipe valakansie van 6 weke lank beskou hy as opwindend en nie vervelig nie.
Gelukkig skort daar niks met ons ou groepie Wildtuin-liefhebbers nie want steeds bly dit 'n uitdaging om 'n plekbespreking te kry. En ek wonder of daar ooit ander sosiale platforms is wat so populêr en aktief is soos gesprekke oor KNP en Kgalagadi ? Dus kan die afleiding gemaak word dat ons ou groepie beslis nie abnormaal is nie.
Ek stem ....
Dus kan die afleiding gemaak word dat ons ou groepie beslis nie abnormaal is nie.
... daarmee saam, maar ag my ou buurman .....
interssantheidshalwe sou ek graag van jou buurman wou weet watter tipe vakansie van 6 weke lank beskou hy as opwindend en nie vervelig nie.
..... ek dink in ieder geval hy is maar 'n ou "poop hall".
Chris as "poop hall" die…
Chris as "poop hall" die Engels is vir "poepol" stem ek eendragtig met jou saam !
Ns. Ai, Afrikaans is darem maar 'n mooi en beskrywende taal !
Voorspoedige 2021 vir almal…
Voorspoedige 2021 vir almal. Vir die wildtuin insette, ek geniet dit om te lees en vind dit baie interessant. Ek het nooit in die wildtuin kamppeer nie. Wat ek al gedoen het, as ek by Thipiese kamp, doen ek n dag besoek by Krugerplaas. Gaan in by Paffuri hek en gaan uit by Orpen hek. Vir Swadini kamp gaan ek in by Orpen hek en gaan uit by Kruger hek. Vir Badplaas kamp gaan ek in by Krokkedilbrug hek en gaan uit by Malelane hek. Tyd is baie beperk vir die dagbesoeke en is nie genot soos jul wildtuin kampe nie





Môre Stoffel en almal wie…
Môre Stoffel en almal wie nog gaan inloer.
Geseënde jaar vir almal, mag ons meer gaan Kamp die jaar.