Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -1 hour ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -4 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago

Oornagplek etes tydens lang reise

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek verwys na etes (aandete en ontbyt) by jou oornagplek wanneer jy langpad sleep.  Vertel ons bietjie hoe gaan jy te werk met aandete en ontbyt daar waar jy noodgedwonge moet oornag omdat die afstand na jou eindbestemming te ver is om in een rit af te lê. (Gewone padkos is nou nie hier ter sprake nie).

In ons geval wissel ons die gebruik af.  Ons het 'n jaar of wat gelede Wildtuin toe by The Vale naby Driesusters oornag en het dié aand by die gasteplaas se restourant aandete geniet.  By 'n volgende keer het ons buite Phalaborwa-hek se Safari-Lodge saam met ons kampvriende die herdenking van hul troudag by 'n grênd restourant in die dorp geniet.  Maar meestal braai ons skaaptjops en boerewors die eerste oornag-aand (veral by Karoo NP buite Beaufort-Wes.  Ons braai genoeg wors om dan by die volgende aand se oorslaap boereworsrolle te geniet sonder om weer vuur te maak.

Wat ontbyt betref, volstaan ons met koffie en beskuit en dan teen so 10/11vm stop ons iewers by 'n Wimpy of Spur waar ons 'n ontbyt geniet.  Dit hou ons tot die aand wanneer ons weer braai.

Hoe gaan julle tewerk opreis met etes ?

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 01/01/2021 - 19:25

Ons maak meestal sommer worsbroodjies vir die eerste aand van enige kamp, vir oorslaap op lang reise, selfde. Uit gewoonte slaap ons ook meer as een nag op 'n plek oor om sommer die omgewing te verken terwyl die geleendheid daar is. 

Juis om die rede verkies ons plekke soos Karoo NP, Riverside by Kimberly, by Bloemfontein gaan maak ek die wa staan by Riverside (wat blykbaar nie meer bestaan nie) daar gaan ons by familie kuier.

Ek moet ook noem, my vrou maak sulke lekker padkos dat ons selde kans sien vir die eerste oorslaap aand vir kos maak, het die gewoonte om aan mekaar te knaag as ek bestuur.

Gariep dam is ook 'n opsie om twee nagte oor te slaap vir redes reeds  genoem. Eerste aand wors broodjies, daarna volwaardige braai.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 01/01/2021 - 20:48

Sommiges sal my reken as vaal en oninteressant, maar ek haak maar vas by 'n program wat vir ons werk - seker daarom dat ek met 'n wit Toyota ry.

Eerstens is Karoo Nasionale Park bykans 'n standaard as eerste en laaste stop tussen die Boland en die wildtuin - wanneer ons sleep. Ek het al afgewissel met o.a. ook The Vale tussen Beaufort en 3 Susters, maar val maar weer telkemale terug op "die park". Ons eet al vir jare ons eerste oggend se ontbyt by Veldskoen padstal in die Hexvallei, dan koffie by Laingsburg se Wimpy en dan die laaste skof tot by "die park". Meestal slaap ons meer as een aand by hierdie oase in die Karoo oor, waar ons gewoonlik saans braai. Maar hulle restaurant, "Salt & Pepper" bedien 'n lekker aandete indien die weer om een of ander rede nie wil saamspeel nie.

Daarvandaan is ons volgende ontbytstop by Travalia se padstal by 3 Susters. Meestal is Forever Gariep ons volgende oorslaapplek - altyd een van hul sogenaamde "luukse staanplekke" (met privaat ablusie). Dan begin ons Wimpy ontbyte - in Bloemfontein. Na nog 'n aand by Aldam, wag ontbyt by die Wimpy net voor die Vaal Tolplaza. 'n Verdere aand, gewoonlik in die Bela-Bela omgewing (meestal by ATKV Klein-Kariba) wag die Kranskop Wimpy die volgende oggend.

Saans word bykans sonder uitsondering gebraai. Ek wissel graag af tussen lam, vark, bees, hoender en vis. Ja - ek ry jaar na jaar my vis (galjoen, snoek en harders) saam, want hierdie visvoet soek minstens eenmaal per week sy stukkie seekos.

Vir vanjaar beplan ek om wel 'n bietjie van die grootliks standaard roete af te wyk. Ons wil mid-Apr vertrek en eers N2-langs hou tot PE - en o.a. 'n week by Dibiki by Hartenbos oorstaan (reeds bespreek). Dan iewers by PE vir enkele aande oorstaan (waarskynlik The Willows) voordat ons binneland toe draai om by Colesberg by die N1 aansluit vir min of meer ons normale jaarlikse roete.

Ek lief padkos, maar ons doen dit bykans nooit meer nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 01/01/2021 - 21:31

Interessant Chris, daar is darem min dinge lekkerder as 'n Wimpy-koffie met kookmelk-skuim.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 02/01/2021 - 07:37

Ons het lanklaas ver gereis, dus is dit meestal net 'n ontbyt langs die pad. Gewoonlik is dit by Milly's oppad wildtuin toe. Ons eet sommer ons eie kos by 'n buite tafeltjie, neffens die wa.

Ek sal maar sien hoe ons dit gaan doen die jaar oppad Kalahari toe. Daar sal seker maar gebraai word vir aandete by die oorslaapplekke. Dis 'n slim plan om sommer ekstra wors te braai, vir volgende oggend se padkos.

 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Sat, 02/01/2021 - 08:10

Ons het nog nie die voorreg gehad om so ver te sleep nie, maar wel 'n paar ontbyte langs die pad te kon geniet of self 'n padkossie en koffie. Ons beplan om hierdie jaar so deur die Kaap te toer, maar is nog niks op skrif nie. 

0
Bethal

Skallie

Mon, 04/01/2021 - 16:18

In reply to by Len Loader

Ek stem saam met die "lekkergeit"maar die prys laat 'n wrang smaak na!!

0
Bethal

Skallie

Mon, 04/01/2021 - 16:21

Kerels asb ek kry nog steeds nie daardie verd. edit weg van my reply af nie. Lyk my die forum is net vir onder 80 bedoel

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 04/01/2021 - 17:57

In reply to by Skallie

Skallie, jy het nie nodig om op die "reply" te klik nie, al die boodskappe velg ondermekaar. Anders verstaan ek jou verkeerd ?
0
Bethal

Skallie

Tue, 05/01/2021 - 10:53

In reply to by Willem Brits

Hallo Willem - Ek het nou op die reply gedruk by die boodskap waar jy my geantwoord het om die blok oop te kry waar ek hierdie boodskap nou antwoord.

Nou gaan ek save onder druk. Is dit verkeerd?

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 05/01/2021 - 11:01

In reply to by Skallie

Nee dit is reg so. As jy die "reply" ge bruik sien jy nie die ander opsies soos die gesiggies of dik skrif "bold" nie.
0
Bethal

Skallie

Tue, 05/01/2021 - 11:09

OK Willem ek het nou net afgegaan na add new comment en  nie die reply onder jou antwoord gedruk nie.

0
Bethal

Skallie

Tue, 05/01/2021 - 11:14

Ag nee Willem man ek kry nog steeds die dubbel woorde edit reply" in my boodskap. Ek weet nou nie meer nie.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 05/01/2021 - 12:26

Dit moet daar wees, as jy iets verkeerd in getik het kan jy dit dan "Edit" die "Reply" sal daar bly vir iemand om te gebruik, maar glo nie iemand gebruik dit nie want dit maak nie 'n afskrif van die boodskap waarop jy reply bo jou terugvoering soos op CP se forum nie.  Dit skuif net die boodskap raam na regs.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus