Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -1 hour ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -4 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -5 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago

Storms en kampering

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Die voorspelling van die naderende tropiese storm Eloise mag moontlik Sondag die Kruger Wildtuin bereik.  Op sosiale media word dit druk bespreek wat moet 'n mens doen as jy daar kampeer  -  moet jy oppak of moet jy jou tent-gedeeltes afslaan of moet jy net versterkings soos stomtoue of stormnette span ?  Dis vir my interessant om die wye verskeidenheid opinies te sien, veral die groep wat sê pak-op en geepad of die ander groep wat sê bly en leef die storm uit.

Wat is jou opinie ?

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 20/01/2021 - 21:25

Moelike vraag om te antwoord, na aan leiding van wat 'n paar jaar terug by Klein Kariba gebeur het, dink ek, ek sal liewer skuif, of ten minste die tent af te slaan en gereed probeer wees om te vlug.

Ek dink, as dit net ek en my vrou is, sal ek wag en kyk. Sou dit nodig raak om pad te gee, dan gaan ek nie oor die tent bekommer nie, maar as my kleinkinders by is gaan ek pad gee. Ek het iewers gelees van tourists wat erge probleme ervaar het met sulke oorstromings ook so paar jaar gelede in die wildtuin, kan nie die storie mooi onthou nie.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 20/01/2021 - 22:07

Ja daar was erge verspoelings en oorstromings in die noorde van die Wildtuin 'n klompie jare terug, juis oor Januarie/Februarie maande.  Trouens, die hele Shingwedzi-kamp was oorspoel en moes vir maande gesluit word om herstellings te doen.  Die watervlak in die kamp het die chalets en ablusieblokke se oorhang-grasdakke geraak !

Dis nog 'n lewens-ideaal van my om in Januarie/Februarie 'n vloed in die Kruger Wildtuin te beleef, maar beslis nie in ons karavaan nie.  Ek sal die ideaal maar aanpak as ek nie meer instaat is om te kamp nie.

Ons kamp altyd in die Wildtuin oor laat-herfs/winter maande en die kanse op vloede is feitlik uitgesluit.  Maar sou ek wel in so 'n situasie wees met 'n aankomende storm, sal ek ook sorg dat my tent/afdak afgeslaan word, ek op 'n redelike veilige, hoë plek staan  en die storm "geniet".  Maar op-pak en huis toe vlug, nie sommer nie !

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Thu, 21/01/2021 - 06:47

Costs nothing to put the tent down..... Costs R25 000 + to replace

I would also couple the van to the car, then put stabilisers down....

If i was in a tent I would pack up....

Seen what wind can do

0

Ons het so 3 jaar terug in Durban so 'n tropiese storm beleef waar huise weggespoel het en geboue inmekaargesak het.  

Die wind was baie erg en as jy nog nie in so 'n storm was nie is dit moeilik om te verstaan. Donderstorms op die hoëveld is niks in vergelyk met dit nie.

Sal beslis nie so 'n storm in 'n woonwa of tent will beleef nie. Busse en trokke het omgewaai. 

Ons is oud maar sal nog graag 'n paar jaar langer wil lewe en sal beslis ons veiligheid eerste stel.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 21/01/2021 - 07:44

Môre vriende

'n Vooraf waarskuwing is altyd welkom. Ek dink nie Len verwys na 'n normale donderstorm nie.

Ek sal veilig speel en aanvaar dit kan rof raak. Ek sal ook alles afbreek en hak. As daar hogere gebied is, daar gaan parkeer. Mens weet egter nooit hoe vining so iets uitbreek nie. Waarheen vlug mens elkgeval, veral as die voorspelde storm 'n wye area gaan tref.

Ek het in 2018 die vreeslike haelstorm wat deur suidelike deel beweeg het, genadiglik met 12 ure gemis. Mense het groot skade gelei, boere en kampeerders.

Len: Jammer ek moet jou raps---daar is niks om te geniet as vernietiging plaasvind nie.  

Groete

  

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Thu, 21/01/2021 - 08:59

... en getoë Kapenaar (lees: "Bolander") is en gegroot het met stormsterk suidoosters in die somer en stormsterk noordwesters in die winter (laasgenoemde veral hier waar ek nou woon), hou ek niks van sterk wind nie - selfs nie eers as ek veilig in my huis is nie. Wat nog te sê as ek kamp. Reën wat gepaardgaan met tropiese storms (soos Eloise) ken ek nie, maar ek wil dit verkieslik onder geen omstandighede beleef nie. Nee - as ek vooraf 'n "early warning" kan kry, dan pak ek op en haak ek maar.

Dit sal wonderlik wees as Eloise goeie neerslae oor die noordelike dele van die wildtuin bring, maar ai, ek vertrou dat dit sonder skade gepaard sal gaan.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 21/01/2021 - 08:59

As jy nie seker is nie slaan daai tent af wag en sien wat gebeur so kan jy jou baie geld spaar indien daai storm wel sou oorkom en jou tent buig soos n pop huis

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 21/01/2021 - 09:15

Wessel se raps hierbo :-

Ek het nooit gesê ek wil vernietiging in die Wildtuin sien en dit dan geniet nie.  Wat ek wel graag wil beleef is donderstorms wat die groot riviere in vloed plaas en dit gebeure gewoonlik in Januarie/Februarie. Hierdie jaarlikse vloede gaan nie noodwendig gepaard met vernietiging van infrastuktuur nie. Dit is 'n heel natuurlike verskynsel in daardie omgewing.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 21/01/2021 - 09:43

Skade aan strukture vind gewoonlik plaas as mense binne die vloedlyne bou (hetsy formeel of informeel). 
Gelukkig het ons deesdae redelike goeie weervoorspelling, so as mens weet daar kom moeilikheid kan jy gatskoonmaak. Volgens die berig sal die storm eers oormôre in Mosambiek aankom, en natuurlik nog later as dit in die Oos-Transvaal. Dit kan swaar reen veroorsaak daar, maar darem seker nie die winde wat die kusgebiede sien nie. 
 

Baie reen wat in ‘n kort tydperk val veroorsaak natuurlik vloede. 1mm reen oor een hektaar (bietjie groter as ‘n rugbyveld) is gelykstaande aan 10 000 liter water. 50mm is ‘n half-miljoen liter ens. En dit reen nie net op een hektaar op ‘n slag nie...

 

 Al is my voertuie verseker wil ek nie graag my wa verloor of ernstig laat beskadig nie. Ek wil ook nie my gesin in gevaar stel nie. Ek sal met ‘n swaar hart oppak. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 21/01/2021 - 10:09

Môre Chris WH

Net om jou 'n idee te gee, my swaer in die onder Laeveld, Malelane omgewing het 3 verdieping pomphuise langs die Lomati rivier. As hulle inkennis gestel word van vloede, het hy sy elektriese pompe opgetrek tot bo.

Toentertyd met Demonia [?] was dit nie eers genoeg nie.

Groete

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus