Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ongeleesde insette Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Chris Kgalagadi Oktober 2026 Johann L -3 hours ago
Ons het so paar jaar gelede… Umfula Johann L -3 hours ago
(Nee wat ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Johan Umfula Johann L -3 hours ago
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago

Nee wraggies ?

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Nee wraggies mense, ons as gesoute kampeerders kan baie beter doen hier op die forum as om net soggens te groet en oor die weer te praat.  Ek vind dit maar werklik "boring" om elke dag die moeite te doen om Kampforum oop te maak en dan net die ou vervelige gegroetery raak te loop (wat verdedig word deur ons ouers het ons grootgemaak met goeie maniere).  Hier is net 'n paar ouens wat werklik probeer om interessante gesprekke te voer.

As die oer-oue argument dat "daar is tog net een manier hoe om 'n tentpen in te slaan" geldig sou wees, dan is daar geen doel om 'n forum-lid te wees nie.  Ons sit hier met 'n foutlose, gebruikersvriendelike forum en gebruik dit nie as 'n platform om oor kampervaringe en kampeerplanne te gesels nie.  En voor iemand nou die skuld gee vir Covid-19, dit behoort nie ons geesdrif vir die kamplewe in die wiele te ry nie.

As ek so om my kyk is daar soveel dinge om oor dankbaar te wees, die begroting was nie te "bad" nie, dit lyk of die virus vir die huidige onder beheer begin kom (ja goed ek weet daar is nog 'n golf of twee wat gaan kom), daar is nie beperkings op reis en kampering nie en so kan 'n mens die lys van positiewes nog langer maak.

Ek self het 'n jaar laas my wa gehaak, maar daar is tog die vooruitsig dat dit binnekort weer gaan gebeur.  Kom ons gesels 'n bietjie daaroor of oor vorige kampervarings  -  kyk hoe lekker het ons gelees aan die twee Chrisse se vertellings !  Daar moet mos nog baie sulke gevalle wees.

Asseblief !

 

Môre vriende

Julle afgetredenes moet net bietjie geduld betoon met ons werkendes, gehoor.

Ek kamp mos net as dit "koel" is, daarom is my 1ste sleep die jaar eers Maart na Pilansberg. Ek beskou dit as 'n toetslopie, om;

die wiele rond te kry,

seker te maak alles werk voordat ek Mei-maand die langpad vat Twee Rivieren toe.

Intussen agtergekom dat 'n rooi Brad Harison prop, nie op 'n gryse pas nie. Ek het 'n gryse voor op die A-raam, indien ek vanaf die trokkie die batterye sou wou laai. Ook op die A-raam 'n rooi BH waar ek sommer tot hede 'n ekstra lig ingeprop het. Ek wil die prop ook gebruik vir 'n 2de National Luna, wat standaard bedraad is met 'n grys prop.

Groete  

0

Voortrekker,

amper so iets ja. Die hoendertjies hang ek sommer in rottangmandjies onder die trokkie!! Die 2de National Luna is vir al die voorafbereide gevriesde disse, soos hoenderpastei.

Onthou, ons vervelige stereotipe ryers met wit Hiluxe, trek mos maar redelik langsamerhand.

Groete

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 25/02/2021 - 09:32

Dankie Wessel, vanmôre het ek ook iets geleer naamlik dat die rooi en grys BH (of Anderson) proppe nie oor en weer gebruik kan word nie.  Ek is 'n groot gebruiker van Anderson se grys proppe op die wa se A-raam, binne-in die wa vir my 12V/220V invertertjie (as die laptop, selfone en kamera-batterye gelaai moet word en daar is nie krag nie), my elektriese domkrag en die laairuimte agter-in die P/F vir die vrieskassie.  Die feit dat rooi en grys proppe nie oor en weer pas nie, is maar seker as jy jou krag-bronne (as daar meer as een is) nie wil laat deurmekaar raak nie.  Of het iemand dalk 'n ander rede daarvoor ?

0

Môre Len

Ek vermoed 'n goeie praktiese rede mag wees om te onderskei tussen "input" en "output" na en van jou 12 volt stelsel en batterye.

Ek het opgemerk al die drade wat dien as inset na die wa se laaistelsel in grys, en die enkele uitset is rooi. Ek vermoed ek kan kan skade aanrig as ek byvoorbeeld my elektriese neuswiel, wat 30 ampere trek, sou Koppel aan die inset kant.

Ek sien nounet op die internet dat BH proppe tot in blou beskikbaar is.

Groete 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 25/02/2021 - 09:50

So trek op julle sokkies en praat saam! Ek het my finale episode van ons Kalahari toer uitgestel en uitgestel omdat iets wou oorhou om te vertel, maar dis helaas iets van die verlede. Gaan loer egter gerus daar vir ‘n oulike artikel wat die ervarings in Kgalagadi en die Kruger wildtuin vergelyk. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 25/02/2021 - 09:58

Wessel, jou vermoede mag dalk reg wees.  In my wa se geval dra enige positiewe 12V kabel  12V-krag as 'n inset of 'n uitset.  Byvoorbeeld, op my A-raam het ek nou my tweede battery as 'n "inset" met 'n Anderson-prop gekoppel waar die destydse, oorspronklike battery altyd die inset-punt was.  Maar ek gebruik ook hierdie as 'n "uitset" punt vir my domkrag.

Miskien kan een van ons elektronika-kenners kommentaar lewer. 

0
Pretoria - Oos

Andre Smit

Thu, 25/02/2021 - 12:32

Nou ja toe,

Ook vanoggend weer 'n slag hier ingeloer en is baie verlig dat my "lidmaatskap" nie gekanselleer is nie.

Kort voor my aftrede het moeder toe gaan besluit "genoeg is genoeg" en daar word die Surfertjie verkoop en ek sit drogbek.

Intussen met die Covid en al verhuis na Bronberg Aftree Landgoed hier in die Ooste van Petoorsdorp.

Sukkel nog bietjie met die uitspraak van my Maw en my Paw om aan te pas by die algemene gebruik hier.winkwink

Die Blou Bulle ondersteun - nie in hierdie leeftyd nie maar Ai - die Sharkies maak dit vir mens bitter moeilik met daardie advertensiekoning/Springbokkaptein wat hulle nou gaan koop het. Weet julle hoe K.... moet jy wees as die WP jou nie meer wil hê nie????

Nou eers genoeg gestirr vir vandag of wat sê ek.

Groete -

André - sonner 'n Karavaan cryingcrying

Ons gaan darem van die 11de Maart tot die oggend van die 19de Wille Krugertuin toe vir my en my ou beste se 40jaarige troudag herdenking

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 25/02/2021 - 13:00

Hi André !  Ai jy maak my dag om 'n bietjie saam te gesels  -  dit was nou lekker om weer van jou te hoor.

Ek hou van jou nabootsing van die Waterkloof Hoërskoolkinders se uitspraak van "pa" en "ma".  Daar is dikwels genooide kommentators op RSG (veral die dames) wat jy van wie weet waar kan hoor hulle was op skool by hierdie skool.

Het julle tweetjies nou finaal besluit dat die karavaanlewe nou iets van die verlede is ?  Indien nou wel, hoe dan nou so ?

Wildtuin : Ek aanvaar julle gaan nou in chalets tussen wit lakens tuis en by watter kampe gaan julle wees ?  Wees nou eerlik, gaan jy die kamplewe mis ?  Gegewe nou al hierdie veranderinge in julle lewe, gaan jou braaivuur nou houtskool wees en nie meer 'n houtvuur nie ?

Amarok : Het jy nog die Amarok of het dié nou ook in die slag gebly ?  Indien jy hom nog het, is jou rak-affêre agterin voltooi en hoe werk dit ?

Wee-Pee :  "good riddens" of hoe sê ek ?

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 25/02/2021 - 13:52

Het ek vanoggend 'n elle lang storie hier gespin, maar ek dink iemand het dit goed gedink om dit te verwyder.wink

Nee, ons internet het af gegaan, en ek het vergeet om te stoor voor ek gaan gras knip het.

 

0
Pretoria - Oos

Andre Smit

Fri, 26/02/2021 - 08:36

Môre Kampers,

In antwoord op Len se post --

Daai kamplewe storie is ‘n teer ene. Ek is beslis nog nie oortuig nie maar Moeder – dis ‘n verbode onderwerp in die Smit huishouding.

Ja Len – dis nou ronde huisies in die Wildtuin vir André teen 4 X die karavaanstaanplek pryse. Gaan vanaf 11 tot 15 Maart in Skukuza wees en 16 tot 19 Maart in Onder Sabie. Minder drama as op en afslaan maar Ai – dis net nie dieselfde nie.

Braai darem nog met harde hout wat ek skelm saamry, want die goed in die Wildtuin is buiteland duur en meestal nat.

Die AMAROK is nog deel van die Familie. Paar jaar voor aftrede reeds die besluit gemaak om nie weer “ysters” te koop met pensioengeld nie. Amarok moet sy kant bring met die toere tot ons nie meer kan, of wil rond toer nie.

Aftree kar gekoop – lekker luikrug wat nie so laag soos ‘n platkar is nie en dié is nou al amper 5 jaar oud met 18000km op die klok. Dis ons laaste – as die Heer wil.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 26/02/2021 - 10:27

Dankie André vir die verduideliking.  Koebaai kamplewe : ek huil stillitjies saam met jou !

Ons wag natuurlik vir mooi fotos van julle besoek.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 27/02/2021 - 18:23

Ek gebruik maar hierdie draad van Len.

Shingwedzi rivier 27Febr 2021

Op fb gekry.

.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus