Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Oktober 2026 saam gesels Johann L -4 hours ago
Johann.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Kla met brood onder die arm, Oktober 2026 saam gesels Johann L -5 hours ago
Gazebo, Hoe maak ek my ou rally tent… Johann L -6 hours ago
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -17 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -17 hours ago

Nee wraggies ?

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Nee wraggies mense, ons as gesoute kampeerders kan baie beter doen hier op die forum as om net soggens te groet en oor die weer te praat.  Ek vind dit maar werklik "boring" om elke dag die moeite te doen om Kampforum oop te maak en dan net die ou vervelige gegroetery raak te loop (wat verdedig word deur ons ouers het ons grootgemaak met goeie maniere).  Hier is net 'n paar ouens wat werklik probeer om interessante gesprekke te voer.

As die oer-oue argument dat "daar is tog net een manier hoe om 'n tentpen in te slaan" geldig sou wees, dan is daar geen doel om 'n forum-lid te wees nie.  Ons sit hier met 'n foutlose, gebruikersvriendelike forum en gebruik dit nie as 'n platform om oor kampervaringe en kampeerplanne te gesels nie.  En voor iemand nou die skuld gee vir Covid-19, dit behoort nie ons geesdrif vir die kamplewe in die wiele te ry nie.

As ek so om my kyk is daar soveel dinge om oor dankbaar te wees, die begroting was nie te "bad" nie, dit lyk of die virus vir die huidige onder beheer begin kom (ja goed ek weet daar is nog 'n golf of twee wat gaan kom), daar is nie beperkings op reis en kampering nie en so kan 'n mens die lys van positiewes nog langer maak.

Ek self het 'n jaar laas my wa gehaak, maar daar is tog die vooruitsig dat dit binnekort weer gaan gebeur.  Kom ons gesels 'n bietjie daaroor of oor vorige kampervarings  -  kyk hoe lekker het ons gelees aan die twee Chrisse se vertellings !  Daar moet mos nog baie sulke gevalle wees.

Asseblief !

 

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus