Ek beskou myself op my ouderdom nie as 'n kenner van tegnologie nie, maar ek kom darem redelik oor die weg met my laptop en al die bykomstighede - so ook met Televisie tuis en in die karavaan as ons opreis is.
Ek was ook tot onlangs iewat uitgeboul met my kleinkinders (die jongste is in Gr. R) se gebruik van hulle tablette. Ek het begin voel soos 'n ouman wat nie kan byhou met al die nuwerwetse goeters nie. Ek het ook by ChrisB verneem dat hy lees Die Burger op sy tablet (en sommer ook al die ander Netwer24 tydskrifte), selfs in die Wildtuin ! Laasgenoemde het my net mooi oor die drumpel gestoot en ek het besluit ChrisB kan nie beter as ek vaar met hierdie tipe tegnologie nie en my nuwe tablet is gister hier afgelewer ! Dus, oor 71 dae lees ek ook my Burger in die Wildtuin !
Ek lees alreeds lekker op Netwerk24 en spook nog om alles te verstaan hoe die ding nou eintlik werk - ek hou daarvan om alles self uit te spook en te verstaan.
Dog ek sê maar net.
Lees julle die Daily Mail ?…
Lees julle die Daily Mail ? Dit verskaf my baie vermaak om die " comments" te lees. Geniet die humoristiese en dubbelsinnige insette vreeslik. Daar is n paar bitter skerp mense daar buite. Vandag was in die Engelse gedeelte n video van n SA dame wat in n supermark gevra is om n masker te dra. Sy het nie een gehad nie, en trek toe haar deurtrekker uit, en siedaar, ñ makeshift masker.
Die Science en technology deel is persoonlik baie interessant. Gaan loer gerus. Ek moet ook die netwerk 24 ding doen, maar die tyd om dit te lees, ontbreek so tussen die forum en biblioteekboeke.
Ja - ook die video van die…
Ja - ook die video van die dame met haar deurtrekker-masker op Netwerk24 gesien.
Probeer Daily Maverick
More koerantlesers
Julle moet ook Daily Maverick lees. Ek is versot op Zapiro se spotprente wat daarin verskyn.
Groete
Goeie môre mense, my stuiwer…
Goeie môre mense, my stuiwer in die dosie, ek het vir paar jaar my Caravan & Outdoor, Wegsleep en nog so paar ander tydskrifte digitaal ontvang. Dit was baie lekker om al jou gunsteling tydskifte oral saam te ry sonder die beslomernis van stapels en stapels.
Ek het egter daai gevoel van papier gemis, en besluit om terug te gaan na harde druk tydskrifte, die raak nou weer te duur en nuus waardigheid raak ook skaarser, ek sal weer oorweeg om tog terug te gaan na digitale intekeninge. Dit spaar ook darem 'n magdom bome![]()
Om egter 'n storie boek, ek is baie lief vir speur verhale, op 'n tablet te lees, nee wat, dit gaan nie vir my werk nie, ek lees graag e-news (oa Daily Marwerick, Netwerk 24 ens) op die tablet.
Len jy sal maar moet toelaat…
Len jy sal maar moet toelaat dat die kleinkinders jou leer hoe om die Tablet te gebruik.
Anton, die kleintjies het…
Anton, die kleintjies het daardie uitdaging aanvaar en hulle het reeds met die "opleiding" begin, maar hulle kla Oupa is 'n bietjie stadig... (seker van begrip).
Vadag vir die eerste keer in…
Vadag vir die eerste keer in 'n lang tyd nie die Rapport gekoop nie en sommer 'n paar Rand gespaar. Lekker Rapport digitaal gelees.
Ns. Ook maar goed so want brandstof Wildtuin toe gaan 'n klompie Rand duurder kos !
Nou ja,daar het ou Neef ook…
Nou ja,daar het ou Neef ook n nuwe laptop/tablet aangeskaf. my getroue Samsung het stadig geraak, batterylewe was effe kort, en dan ontydig gevries, wat regtig gepla het.
So hier is die eerste plasing met die Lenovo. Kan dubbel vou en dan is dit soos n Tablet. 90% vou dan het dit n sleutelbord, met n cursor ,of jy kan steeds met die vinger op skerm werk. En kan met n potlood of ingeboude pen op skerm skryf. Te veel......
Nou moet ek net uitvind waar die laaitjie is waar die shifting spanner leeeee. En daar kry ek nie die kappie "e" nie!!
Mooi so Herman - my tablet…
Mooi so Herman - my tablet is ook 'n Lenovo omdat ek hou van die eerste drie letters van die naam !
My ou Samsung se batery het…
My ou Samsung se batery het ook gegroet en ek kon nie in SA 'n nuwe een kry nie, kon een in die VSA kry, maar die plaaslike invoerder mog glo nie baterye invoer nie, glo sekeriteits risiko, toe loop koop ek maar weer 'n Samsung.
Maar ek sukkel steeds met die nuwe ding se "onboard" sleutelbord.
Die oue het ook so lekker "smart pen" gehad waarmee jy tik, die ding moet jy met vinger tik en ek druk die verkeerde blerrie goed.





Len...
... ek is oortuig dat jy ook "hooked on" t.o.v. Netwerk24 sal word. Daar was vir my min dinge lekkerder as om soggens met my eerste twee koppies koffie my papierkoerant te sit en lees. Ek het grootgeword met Die Burger wat soggens by ons huis afgelewer is. Toe ek op kosskool in Ficksburg was, het my ouers elke week vir my 'n pakkie van die afgelope week se koerante gepos. Ek kon net nie gewoond raak aan Volksblad nie. Ek het veral mý "wêreld" se streeksnuus en sportuitslae gesoek.
Tydens my Tzaneen-dae het ek mettertyd vrede gemaak net die feit dat ek aangewese is op Beeld. Intussen het ek gewoond en geheg geraak aan Netwerk24, wat ek en Ralie soggens afsonderlik op ons selfone lees. Sy is lief vir die tydskrifte en ek "blaai" grootliks deur die E-formaat van Die Burger. Ek kan selfs my koerant daagliks by my kinders in Roemenië lees.
Sowat 'n week gelede het hulle met iemand op RSG gepraat wat genoem het dat die gedrukte formaat van koerante vinnig besig is om uitgefaseer te word.
Dus om op te som - welkom by die Netwerk24 "klub". Geniet dit!