Die wat ryk is gaan ryker…
Die wat ryk is gaan ryker word en die wat arm is nog armer....
Ry nou slaan die spyker oo…
Ry nou slaan die spyker oo die kop!
Kyk net op, die Vader Sal soeg!
Dis waar ek sukkel....
Middag vriende
Hierdie draad gaan baie diep sny, en gaan uiteenlopende reaksies ontlok.
Ek weet ons simpatiseer as christene met persone in nood, wat dit ookal mag wees, maar wanneer is dit leë woorde. Wat ek nou gaan sê, kan[gaan] vertolk word as 'n "mosie van wantroue" of dan eerder ongeloof;
hoe sê mens vir iemand ---bly net glo, alles sal regkom.
Is dit genoegsaam? Tog het siekes gesond geword, nie omdat die sieke geglo het nie, maar omdat sy vriende wat hom deur die dak laat sak het, geglo het.
Laat ons die geloof behou
Groete
Wessel, al stem ek 100% met…
Wessel, al stem ek 100% met jou stelling, wil ek tog gedeeltelik verskil![]()
Ek weet nie, twyfel sterk of dinge gaan "reg kom"!
Dit is nou mos juis die tyd waarteen gewaarsku word. Hierby gaan ek volstaan, want as ek sou waag om uit te brui, gaan dit in 'n argument ontaard.
Twyfel ?
....twyfel sterk of dinge gaan "reg kom"!
Die geskiedenis in ons land en in die wêreld het feitlik nog altyd uit 'n moras opgestaan en tog weer "reggekom". Dink maar aan die wêreld geskiedenis oor eeue heen en selfs ook die jarelange geskiedenis van ons eie Suid-Afrika.
Dieselfde geld vir individue wat hul werk verloor het of bankrot verklaar is. Die meerderheid het opgestaan en tog suksesse bereik. Ek dink aan Jannie Mouton van PSG-faam. Hy is ontslaan by sy werk en het toe die magtige, uiters suksesvolle PSG-Groep op die been gebring.
Net dit behoort twyfel oor die toekoms uit die weg te ruim.
Len baie waar ons is geneig…
Len baie waar ons is geneig om te maklik swartgalig te raak!
Johann as dit dan die einde van die wereld is (of aan die kom is) dan is alle probleme mos inderdaad reg, en het alles "reg gekom?"
Die mense kry swaar.
Die mense kry swaar, en die wat hul werk verloor het gaan nog baie swaarder kry. My hart gaan uit vir elkeen wat nie weet waar sy volgende bord kos vandaan gaan kom nie.
En vir baie wat werk verloor…
En vir baie wat werk verloor sal dit ook die geleentheid wees waarvoor hulle al lewenslank voor wag, om hulle eie onafhanklike sukses te behaal.
Die geloof behou.....
Môre vriende
My laaste sin was eintlik in die konteks van;
die geloof behou in onse God!
Groete
die geloof behou in onse God…
die geloof behou in onse God!
Wessel, dit is so waar. Dit is waar ons verlossing is. Hy is in beheer. Niks gebeur sonder 'n doel nie.
Ek vertrou dat
Ek vertrou dat die wat vandag sonder werk sit hier in Sasol wel geholpe sal word dit bly maar n slegte ding





Afleggings en dus…
Afleggings en dus werkverliese is ongelukkig werklikhede waaraan Suid-Afrika (en die wêreld) in 2021 nie kan ontsnap nie. Dis ongelukkig 'n realiteit en 'n poging om die instansie/onderneming finansieël te probeer red van totale ondergang sodat nog meer mense hul werk verloor. Een werksverlies veroorsaak natuurlik 'n kettingreaksie van verliese soos jy hierbo noem.