Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 hours ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 hours ago
Toets foto Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -5 hours ago
Chris ek is besig om… Kgalagadi Oktober 2026 Voortrekker -5 hours ago
Neef ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
epos Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -6 hours ago

Braai rooster

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Sien die Braai Buddy

.

Die prys maak my net nie opgewonde nie.

Get your Buddy to do your dirty work. Cleaning a dirty and greasy braai grid has never been that easy.

Hurry up and get your Buddy while stock lasts on this Easter Special.

Regular Price R1472 Big Buddy | R1127 Standard Buddy 

Save on delivery costs and pick your Buddy up from our pick-up spots.

Centurion: Endecon Ubuntu Centurion – 257 Jean Ave, Die Hoewes, Centurion, 0157

Pretoria: Pexmart – 1 Piet Pretorius St, Rosslyn, Akasia, 0200

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 20/04/2025 - 15:13

Wessel, hieronder is my tuisgemaakte braaier wat my seun vir my gemaak het.  Alles wat jy hier sien, behalwe die toeknyprooster en die kastrol, vou op en pas binne-in die braaier  -  ook die pootjies trek uit en pas ook binne-in die braaier.  Dit vergemaklik die vervoer daarvan.

Ek glo ook daaraan dat die rooster se hoogte moet gestel kan word en daarom is die verwyderbare, opvoubare raam wat bo-op staan gemaak word.  'n Gaatjie in die braaier se een sykant huisves die verstelraam se sentrale been (langer as die ander twee bene) sodat die spulletjie nie van die braaier kan afskuif nie.  Ook dit pas binne-in die braaier.

Die los raampie onder die braaier stoot die pot mooi teenaan die onderkant van die braaier wat dan warm gehou word met vleis wat reeds gebraai is. Ook hierdie raampie pas binne-in die braaier vir vervoer doeleindes.

Ek het ook nog 'n deksel wat bo-op die verstelraam geplaas kan word as 'n lastige reëntjie skielik te voorskyn kom, dan hoef net ek onder 'n sampbreel te staan en nie ook die rooster nie !

.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sun, 20/04/2025 - 17:24

Vir kamp waar daar nie verstelbare braairooster  is nie,  maak ek vuur in wat daar voorsien word. Hetsy ń stuk beton, of ń skottel.

Een van die toevou staanders met 3 vlakke waarin die toeknyprooster hoogte verstel word in die rooster se sak.  Die rooster het ook 3 verstellings, en sal van ń worsie tot ń flattie onder beheer hou.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 20/04/2025 - 18:36

Ek het ook 'n blik Campmaster. Op die oog af heel oulik. pootjies slaan uit, deksel slaan na weerskante vir neersit plek. Die probleem is dat die kolebak te vlak is. Net 2 brikette opmekaar, dus is die rooster net te naby aan die hitte. 'n Voordeel is dit vou netjies op en vat min plek in my garage waar dit in onbruik staan.sad  

Ek het ook so 'n 3-vlak hoogte driepoot, soos in Len se foto. Ek wonder hoe bly daai staander, op daai kolebak staan. Ek raak mos redelik lomp mettertyd, so saam met die vet-oplosser voggies.devil

As daar nie 'n sement gat is om vuur te maak nie, moet ek dalk maar 'n  netjiese gat grawe, vuur daarin maak, en my 3-vlak staander daarin staanmaak. Skep maar die dooie kole uit, en gooi die gat toe.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 05/11/2025 - 07:52

Ek het voorheen op hierdie gesprekslyn vertel van SDR wat lekker werk om ‘n vuil VVS rooster skoon te maak. Ek gebruik dit steeds, maar het in Julie in Sedgefield se PnP nog ‘n lekker middel ontdek. 
 

Ons was daar sonder die Kavango, en ek moes die gasbraaier by ons blyplek se rooster skoon kry. Die middel hier onder werk goed en is volgens die etiket bioafbreekbaar. 
 

A

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus