TO
galago private bush lodge
Zaagkuilsdrift
Sionbergh

 

 nuwe onderwerp graderings

89429 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Die niks doen van Chris en… Karoo Nasionale park Lapskag -4 hours ago
Donkiemedisyne Vriendelike debat voering. Len Loader -6 hours ago
Nou kan ek bewys ek lees… Vriendelike debat voering. Johann L -6 hours ago
Willem... Vriendelike debat voering. Len Loader -6 hours ago
Arie, dalk so bietjie vroeg… Vriendelike debat voering. Johann L -6 hours ago
Chris daai berg kwaggas is… Karoo Nasionale park Johann L -6 hours ago

Die Smalle se Groot Trek Julie 2021

Worcester
Submitted byWildehont onThu, 03/06/2021 - 09:00
Forums

As die vervloekte pandemie nie ‘n stokkie daarvoor steek nie, vertrek ons vandag oor vyf weke uit Worcester - rigting Noord. Ons slaap by ‘n Lekkeslaap plekkie buite Beaufort Wes die eerste aand. Die tweede aand by ‘n selfsorg plek in Ventersburg wat ek op Safarinow bespreek het en dan twee aande by my ousus in Pretoria.
 

Die Maandag gaan ons by Phalaborwa in en slaap vir twee aande by Letaba, vier aande by Tsendze, vier aande by Shingwedzi en vyf aande by Punda Maria. Van daar af gaan ons Potch toe vir twee of drie aande by Salomien se ouers, en dan terug huis toe. Ons sal waarskynlik op Prieska by Salomien se tannie-hulle oorslaap en weer in Beaufort Wes se omgewing. 
 

Hou asb saam met ons duim vas dat reis tussen provinsies nie weer verbied word nie. Ons moes verlede jaar ons jaarlikse Kruger toer kanselleer weens inperkings. 

Secunda

Sleep nou

Thu, 03/06/2021 - 09:09

Ek vertrou ou wildehont dat die grense oop gaan bly en dat kopdoek en kie net rustig sal wees ja jou reis is n lekke een geniet die laaste beplanning en reelings gaan groot en geniet hom

More Chris S

Ek sal gemelde plekke aanbeveel vir B-Wes omgewing, met 1ste keuse die park.

Waar gaan jy Kruger verlaat, bo by Punda. Dit kan dalk 'n lang rit wees tot by Potch.

Worcester

Wildehont

Thu, 03/06/2021 - 10:26

Wessel, ek wou aanvanklik by Karoo NP slaap maar dis winter en ons wil nie vir een nag se oorslaap die Kavango opslaan nie. Begroting is ook ‘n oorweging so ek het redelik geprysde selfsorg plekke gesoek vir die twee aande waar ons net kan aandete maak, slaap, stort, ontbyt eet en ry. 
 

Punda en selfs Phalaborwa is te ver om in een dag Potch toe te sleep. Daarom die “een of twee nagte” in Potch op die reisprogram. 

Worcester

Wildehont

Thu, 03/06/2021 - 10:33

Terloops; ek begin dink hierdie sal vir eers ons laaste besoek aan Punda wees. Dis ‘n lieflike omgewing, maar dis baie ver vir ons wat van hier af moet ry en weer terug. Mnr Boucher se onlangse ervarings met betogings buite die hek gee my ook nie veel vertroue nie. Ons het nie genoeg tyd om binne die wildtuin van Phalaborwa af op te kuier na Punda toe en weer terug nie.
 

My dilemma is dat ek baie graag by Shingwedzi wil wees, en dis ook ‘n stywe stoot van Phalaborwa af. Volgende jaar oorweeg ek ‘n aand buite Phalaborwa hek sodat ons die volgende oggend vroeg kan sleep Shingwedzi toe. Dan af Tsendze toe, en daarna Balule of Satara. 

Hello Chris

Geniet die beplanning vir volgende jaar.

Ek is besig om toer te bedink Wes Kaap toe, my dogter trou in Hermanus, Mei volgende jaar.

Dis of vlieg en troue bywoon, of toer so met al die Sanparke langs tot terug by huis.

Worcester

Wildehont

Thu, 03/06/2021 - 10:59

Ek is besig om toer te bedink Wes Kaap toe

Nou maar begin ‘n draad. As afgetredene is daar mos nou geen ander manier om by die troue in Hermanus te kom as met ‘n lang toer nie? Solank dit nie te laat in Mei is nie kan dit werk.  

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 03/06/2021 - 12:47

Ek sien uit na daardie verslae. Sit nou hier in Skukuza - eet ietsie terwyl ons wag vir ons dogter se vlug.

Ek is vol vertroue jou planne sal nie deur Covid in die wiele gery word nie.

Vaalpark

Johann L

Thu, 03/06/2021 - 18:33

Ag so beplanning is darem wraggies baie lekker, Chris geniet dit.

Die beplanning is amper net so lekker soos die werklike toer, soms neig dit om selfs lekkerder te raak.

Worcester

Wildehont

Tue, 08/06/2021 - 06:16

As alles ten goede meewerk vat ons oor ‘n maand die lang pad Noord. Dit sal die eerste keer wees wat ek die tog aanpak sedert ons in 2014 hierheen verhuis het, en dit nog met ‘n karavaan op sleeptou. Ek sien uit daarna. 
 

Ek het reeds met my werktuigkundige gereël dat die Everest na hom toe gaan voor dan. Hy het dit weliswaar gediens voor ons Desember Kgalagadi toe is, maar dit het harde kilometers oor stamperige stofpaaie en deur lang waterpoele afgelê daar. Ek wil dus hê hy moet net alles nagaan en mooi smeer voordat ons die Groot Trek aanpak.
 

Toe ek nog jonk en jeukerig was (lg is ek vir seker nog, maar nie meer so jonk nie) het ons menigmaal lang reise aangepak met voertuie wat nie altyd 100% was nie. Toe ons studente was, het ons met stokou motortjies rondgeploeter, anders as vandag se kinders wat blink nuwes kry. Die dag na ons gradeplegtigheid het ons nog gesukkel om my vriend se Opel Kadet (spelling?) se remme te laat werk, voor ons die volgende oggend vertrek het Knysna toe. Ons een maat het meganiese ingenieurswese geswot, ek het laat die aand die rem booster afgehaal en iets daarmee gedoen. Toe werk die remme so op ‘n plan en ons is vroeg die volgende oggend weg na Matatiele. Daar is die kar na ‘n werktuigkundige om die remme reg te maak terwyl ons in die Malutis in is saam met my vriend se neef, om hom te help bou aan sy huis in die berge, waar hy sendingwerk gedoen het. Die res van die vakansie het die remme darem gewerk, maar ons het nie meer geld gehad om vir kampering te betaal nie en moes op die voorsitplekke slaap langs die pad. Die agtersitplek en kattebak was vol kampeertoerusting. Dit was een van vele snaakse ervarings, maar ek sal nie daarvan droom om sulke kanse te waag met my gesin nie. 

Vaalpark

Johann L

Tue, 08/06/2021 - 06:35

Chris daar is min dinge wat 'n jong man nie sal aanpak nie, jy laat my nou dink aan my broer net jonger as ek. Hy en 'n vriend het af geryloop kaap toe, en koeldrank botteltjies langs die paaie op getel en dit dan gaan ingee vir kos geld.

My ou moeder was byna mal van bekommernis oor hom, hy het net 'n briefie gelos en natuurlik was sel fone nog dekades ver.

Ek kan myself net indink hoe die opgewondenheid nou begin toeneem, ivm jul toer, lekker man.

Worcester

Wildehont

Tue, 08/06/2021 - 07:58

Mnr Slot, dis ook maar net deur die Heer se genade dat ons almal nog hier is. Gelukkig was die land daardie tyd aansienlik veiliger as vandag. Dink jou net in dat mens vandag ryloop met die N1 of langs die pad in ‘n kar vol kamptoerusting en persoonlike besittings slaap. 
 

Ons is opgewonde oor ons toer en hoop dit sal hierdie jaar kan voortgaan, na ons verlede jaar moes kanselleer. Dit is bietjie hartseer om te lees van die Bouchers en Loaders se misnoë oor swak onderhoud en gebrek aan wildbesigtiging want ons het saam met hulle uitgesien na hulle toere. Ek hoop natuurlik uit selfsug dat die reen nou verby is in die wildtuin en dat dit aansienlik droeër sal wees wanneer ons daar kom, veral in Punda Maria teen 22 Julie. Ek hoop dat ons dan sommer by die watergat in die kamp kan sit en wild kyk. As ek reg onthou het die Bouchers niks gesien daar nie. Gelukkig is ons gesin tevrede daarmee om net in die bos te wees, al sien ons “niks”.  

More Chris S

Ek is bly dat julle met so min tevrede is, veral as julle so ver sleep willetuin toe.smiley

Mens wil tog vir daai tipe belegging 'n "ROI" ontvang, in die vorm van ten minste netjiese kampe met werkende ablusie, en standhoudende elektrisiteit soos toepaslik.

Ek raak egter ook kriewelrig as die wild min is. Hoewel ek weet dit is bloot 'n kwessie van op die regte tyd, op die regte oomblik, wil mens die diere sommer in die pad sien. 'n Gebrek aan diere laat my altyd allerhande samesweringsteorie bedink soos;

dit word na die buur privaat wildtuine met lekke gelok

dit word opge-eet deur die buurlande, of dis geskenk aan die buurlande.

Na alles gese, dan bespreek ek maar weer vir 'n volgende Kruger besoek, in goeie geloof.   

Worcester

Wildehont

Tue, 08/06/2021 - 09:49

Wessel, soos jy tereg elders genoem het is die toestand van die kamp grootliks te wyte aan die gehalte van bestuur. Ongelukkig is daar baie mense wat enige verskoning aangryp as redes vir onderprestering. Covid kry sekerlik in baie gevalle die skuld vir bv hoe dit tans lyk in Letaba (waar ons die eerste twee aande staan). 
 

Ek het van 1990-1993 gestudeer. Dit was natuurlik op die vooraand van die “nuwe” Suid-Afrika. Ons departementshoof, prof Sakkie Badenhorst, het ‘n referaat geskryf in 1992 as ek reg onthou. Dit was getitel; The subsidy of failure. Hy het daarin aangeneem dat SA ‘n meerderheidsregering sal kry (wat natuurlik gebeur het) en dat dit ook so hoort. Hy het egter die kommer uitgespreek dat die regering sal faal in baie opsigte, en dat hulle die mislukkings sal subsidieer deur dit op Apartheid te blameer (wat natuurlik steeds gebeur).  
 

Dit klink asof groot dele van ons geliefde wildtuin se geriewe onder dieselfde dilemma ly. Dan is daar ook reuse uitdagings in terme van bewaring, en van die personeel speel vir die ander span. Vanwee wat ek hier gelees het van forumlede se onlangse ervarings, is dit met effense bedenkinge wat ek uitsien na ons toer.
 

Veral om van hierheen te reis tot daar kos ‘n klomp geld en moeite. Ek is egter geneig om enige reis met lae verwagtinge aan te pak. Dan is dit moeiliker om teleurgesteld te wees en geniet mens dit gewoonlik baie meer. Ek glo dit sal met hierdie toer dieselfde wees, ongeag van hoe erg die geriewe agteruit gegaan het die afgelope twee jaar, en hoe min wild te siene is vanwee buitengewone reen. 

Hello Chris S en ander wildtuin liefhebbers

Die les is, neem kennis uit wat hier gedeel word, en tref voorbereidsels. Byvoorbeeld;

neem LED lanterns saam vir die ablusie blokke wat swak belig is

neem maar Dettol en ander reinigingsmiddels saam vir onnet ablusies

uiteraard, ek ry my sonpanele saam, want ek gaan dit nodig kry in Balule. Gelukkig kan ek dit dan ook in ander kampe inspan

ek ry tot 'n gewone tuingraaf saam, moenie vra waarom, dalk om ongewenste pol gras te verwyder

snoeisker en saag vir boomtakke wat pla, ek het agtergekom dat parkbestuur geen benul het van wanneer bome effe oopgesnoei moet word sodat 'n wa daaronder of naby getrek kan word nie.

Dis net die totale gebrek aan warmwater wat my warm onder die kraag maak. Dit gaan neuk vir mense wat op gemeenskaplike vrieskaste staatmaak, as dit weens gebrek aan gas nie werk nie.

 

 

Worcester

Wildehont

Tue, 08/06/2021 - 10:23

snoeisker en saag vir boomtakke wat pla, ek het agtergekom dat parkbestuur geen benul het van wanneer bome effe oopgesnoei moet word sodat 'n wa daaronder of naby getrek kan word nie.

Ek het amper in die moeilikheid gekom in Nossob toe ek ‘n paar takke gesnoei het om seker te maak die sonpaneel op die Kavango se dak kry nie seer wanneer ek dit onder die boom op die foto hier onder opwip nie. Gelukkig was ek reeds klaar gesnoei toe ‘n personeel lid verbykom en vra of dit ek was wat die takke op die grond afgesny het. Daar het reeds ‘n paar gelê wat die kampeerder voor my afgeknip het, en dit is ‘n uitheemse boom. Ek het dus nie gedink dit sal ‘n probleem wees nie, maar hy het gesê hulle wil nie hê mense moet aan die bome snoei nie. 
 

Ek ry egter ook ‘n snoeisker, graaf en diesmeer saam. Gelukkig met die Kavango het ons net water nodig om die tenk so elke drie dae te hervul en ten minste ‘n putlatrine vir nommer twee’s. Verder gee ek glad nie om, om alles by die wa te doen nie. Dis hoekom mens so duur betaal vir ‘n wa wat onafhanklik van die netwerk gebruik kan word. 
 

A

Balule boomDis darem lekker om so 'n boom te vind in 'n kampplek. Ek sou ook onder dit gaan inkruip het. Ek aanvaar jy het nie daar op jou sonpanele vir krag staatgemaak nie.

'n Foto van die boom wat ek in 2010 inBalule benut het. Ek moes ook maar so bietjie knip, maar parkeraad het selfs kom hand bysit die volgende dag.

 

Worcester

Wildehont

Tue, 08/06/2021 - 13:01

Wessel

Nee, daar is krag van so 05:00 in die oggend tot 22:00 soos in die ander hoofkampe. Ons het mos geskuif na daardie boom na een aand in die slegste staanplek sonder ‘n boom. Toe ons die volgende oggend sien die omie wat met ‘n Bushlapa onder die boom gestaan het is vort, het ons getrek. 
 

Dis waar losstaande sonpanele handig te pas kom (wa in die skadu maar panele in die son). Waar vervoer jy joune?