Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Brits oorverhit ook November 2026 Wessel Strydom -16 minutes ago
Rona... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -18 minutes ago
Impromptu besoeke Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -46 minutes ago
Dankie Rona Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -1 hour ago
Fortunator se Jurgens 500 projek 1970 Jurgens 500 Deluxe… Wessel Strydom -1 hour ago
Geert ... Braai met 'n Weber Chris Boucher -5 hours ago

Roes, water en geysers

Brits
Profile picture for user wessels
Submitted by wessels on
Forums
Môre neef Herman Ek begin die draad. bloot om nie Len se geselslyn oor sy woonwa onderdele verder te kontamineer nie. Ek sal so bietjie moet terugsit en dink oor jou water problem. Ek ry Vrydagoggend na daai plek wat volgens Len so versleg het, om myself te gaan vergewis of ek my jaarlikse finansiele ondersteuning moet stop. Indien ek vergeet, opper net weer die onderwerp asseblief.
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 06/07/2021 - 09:23

Oops, ek vra plegtig om verskoning Wessel en ander lesers hiervan  -  dit was geensins my bedoeling om die Kruger Wildtuin te beklat met negatiewe kommentaar in so 'n mate dat ander toeriste hulle besoeke daar in heroorweging moet neem nie.  Sien eerder my "negatiewe" kommentaar in die lig van al die teenspoed wat ek gehad het (en baie daarvan het niks met die Wildtuin te make gehad nie)  waarvan ek elders vertel het.  In so 'n geval sien 'n ou net donker prentjies raak en die mooi en lekker dinge word gedemp.  Dit het my net 'n paar weke geneem om myself te herprogrammeer en siedaar, my plek vir volgende jaar is al klaar weer bespreek !

Dit staan soos 'n paal bo water dat onderhoud en netheid in die Wildtuin het agteruit gegaan, maar ware kampeerders kan altyd 'n plan maak en rondom dit werk om dit nog steeds 'n heerlike vakansie te maak.

Terwyl jy nou so diep dink oor Herman se vrae, moenie vergeet om vir my te help met planne om te keer dat my nuwe geyser wat op bestelling is, nie ook aanpak met verkalking nie. (Die drukklep op my ou geyser is heeltemal in die geslote posisie vasgekalk en is moontlik die oorsaak van die lekkery). Ek moet sê, my ou geyser het 16 jaar geneem voor die eerste probleem daar was en miskien moet ek met die nuwe niks anders doen nie want oor die 16 jaar kamp ek beslis nie meer nie !

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 06/07/2021 - 09:51

Môre Len

Ek het vergeet om die gesiggies vir duiweltjie, lag ensovoorts by die teks te sit. Ek het letterlik tong in die kies geskryf, en die klem was nie soseer op jou onlangse mededelings nie.

Ek sit juis nou met my ou geskrifte/lesings en kursus materiale om ook korrosie te verstaan. Dit is 'n moerse komplekse veld, met verskeie parameters wat 'n rol speel soos;

pH van water

geleidingsvermoë

temperatuur- gewoonlik die warm pype/dele wat eerste deurroes!

wat se opgeloste soute en chemikalie- sagte water is skynbaar meer nadelig as harde water, want daar kan nie beskermende lagies op oppervlak vorm nie

in die geval van vloeiende water, die snelheid.

Brass pype, dit is allooi van Koper met 15% Sink bygevoeg. In neutrale water, of effe suur, kan die Sink by voorkeur uit die pyp geloog word.

Ek moet egter die galvaniese korrosie probleem nog opnuut instudeer, om sinvolle uitlatings te maak. Ek vermoed dit is meestal almal se probleem met die roes van geysers en gekoppelde pype.   

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 06/07/2021 - 10:03

Toe ek nog in konstruksie gewerk het, voor ek gesemigreer het Wes-Kaap toe, was ons by ‘n nuwe platinum myn besig daar in jou geweste Wessel. Van die boute wat in ‘n beton voetstuk gegiet moes word is gegalvaniseer. Die ingenieur sê toe dit moes nie gewees het nie, ek kan nie onthou hoekom nie. Hy sê toe ons het dit nie by hom gehoor nie, maar eerder as om nuwe boute te bestel kan ons die gegalvaniseerdes in swembadsuur druk. My een voorman het dit skelm gedoen (ek sê skelm want dit was nie geboekstaaf nie - Health and Safety sou dit nie toegelaat het nie). Hy sê dit het geborrel en gerook toe hy die bout in die suur druk, en toe hy dit uithaal lyk dit soos ‘n nat nuwe mild steel bout. Dalk kan ‘n te lae pH in water oor tyd dieselfde doen aan galvanisering?

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 06/07/2021 - 10:49

Middag Chris S

Wat daar gepleeg was, is wat genoem word "kondisionering en passivering". Sommige materiale, soos roesvryestaal en tot 'n mate Aluminium, maak staat op die vorming van 'n "roeslagie" wat dan eintlik die korrosie proses verstadig, omdat dit nie-geleidend is.

Die genoemde prosesse se doel is dan juis om so 'n passiverende lagie te vorm, maar dit is ook kompleks en word bepaal deur die tipe material ter sprake.

Galvanisering beteken dat die materiaal bedek is met 'n Sinklagie. In konkreet mag die teenwoordigheid van sagtestaal [mild steel] en die Sink lei tot verhoogde korrosie. Die suur het heel moontlik die Sink afge-ets en 'n passiverende lagie op die sagtestaal gelaat. Die hoof element in sagtestaal is Yster, en dit vorm mettertyd 'n lagie ysteroksied wat die korrosie proses verstadig, MITS dit nie afdop nie.  

 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 06/07/2021 - 10:57

Dankie vir die verduideliking Wessel. Die roeslagie op die aliminium het ek self al gesien. Toe ek verlede Mei tuis begin bier brou het, was ‘n aluminium pot heelwat goedkoper as vlekvrye staal. Ek was egter bekommerd dat die aluminium bv skadelike stowwe kan vrylaat in my bier. Toe ek oplees daaroor, het die hardebaarde op die tuisbrou forums gesê mens moet net eers water kook in die pot, wat ‘n lagie sal vorm. Mens moet die lagie nie afskuur nie, en die pot net met ‘n sagte spons was. Na ietwat meer as ‘n jaar is die lagie nou al bruin (aanvanklik was dit grys). Dit kan ‘n mate van verkleuring insluit vanwee die brousels wat al in die pot gemaak is, maar sluit definitief roes in. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Mon, 26/07/2021 - 11:30

Môre Neef

Ek het intussen verder gelees en gedink oor jou aanvanklike problem;

waarom jou geyser so gou roes.

Ek vermoed  die probleem is wat die geleerdes bimetaliese korrosie noem. Dit word vererger wanneer;

1]twee materiale met genoegsame uiteenlopende potensiaalverskille in elektriese kontak is

2] die medium waarin dit is, jou water in die geyser oor genoegsame geleiding beskik.

Daar word selfs gewaarsku teen korrosieprodukte stroomop wat gedeponeer word stroom-af op ander materiale. Dit bring my by daardie ketting in die watertenk, wat blykbaar redelik vining weg roes. Daardie metaaldeeltjies word saamgesleur na jou geiser toe. Daar verhoog dit die water se geleiding, maar kan ook op die element neerslaan, waar dit heel moontlik lokale [pit corrosion] veroorsaak.

My raad is dus, raak ontslae van daai ketting, want dit is nie daar om die tenk te beskerm nie.

Groete .

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus