Ek sien Anton wil ń draad begin oor veilig sleep?
Nou ja ek sleep glad nie meer nie. My karevaan staan nou permanent buite Bela, met die tent opgeslaan en 80% van my goed daar.
Ek ry nou lekker lig met net ń tent en gasebo. Staan nou amper drie maande by Moreson in my lap huis en geniet dit erg.
Maar nou het ek al begin goed by koop, opvpu kruideniers kaste en so, eerste jas gekoop na ń kat of iets my kilo biltong wat ek die middag gekoop het, alles opgevreet het!!
Bessef ek skielik dat ek het nou nie stoorplek vir al die tent kamp goed nie!
Ek het wel by een van my huise, ń motorhuis wat my huurders nue gebruik nie. Ek kan seker met hul onderhandel, afslag op die huur, en my goed daar stoor?
Egter pngemaklik, so 100 km van waar ek in my wa bly, dan moet ek elke keer soontoe ry om te pak.
Oorweeg nou om ņ sesvoet waentjie te koop. Dan is dit sommer my stoorkamer by my petmanente kamp?
Ek wil maar so met tyd vir my dubbel stel toerustong kry, dan kan alles in die wa bly. Breekware yskas, stoele, ens. As ek dan skielik wil gaan kamp, is dit net klere in die trok gooi, sleepwa hak en daar ry ek!
Nou kom die groot besluit, moet ek nie dalk ń kampboswa koop nie? Is dan mawr nie weer terug met "groot" kamp en swaar sleep nie?
Alhoewel ek op my ouderdom gerieflik met ń redelike mate van luuksr kamp, wil ek tog minimalisties bly!
Al wat ek regtig kort op die stadium is dalk ń klein mikrogolf en breekware/eetgerei!
Alles wat ek nou hier het pas baie maklik in die trokkie, dit gaan meer oor stoorplek?
Terloops, my tent ń "Turbo 300" slaan ek baie maklik alleen op binne 10 min. Die gasebo "Kaufmann 3,5 x 3,5" slaan ek ook alleen op binne 30 min.
As ek rustig werk is my hele kamp binne twee ure kant en klaar, bedrading en alles.
Ek glo dat ek met ń ses vt waentjie ook plekke soos Richtersveld, Mana en Kosi kan bereik.
So ja ek sal seket weer terug beweeg na sleep toe?
Anton, ja moet sê die lekker…
Anton, ja moet sê die lekker lig toer is baie lekker!!
Soos ek genoem het alles gemaklik in die trokkie, selfs ń dubbel bed stretcher met ń lekker dik spobs matras!
Die dubbel bed is vir my uiters belangrik, vir redes wat ek nie nou hier sal noem nie!
Wat presies is ń Camp lite? Kan ek dit alleen opslaan en wat is die prys?
Arie die Camp Lite waarmee…
Arie die Camp Lite waarmee ek altyd saam met julle gekamp het.
Hoekom nie 'n kopskuif maak nie
Middag Arie
Ek kry so 'n gevoel dat jy en Shaun nou sielkundig op dieselfde plek is. Dit is om keuses te maak oor;
die manier van kamp----lekker padwa [Penta] teenoor tent, teenoor loslyf oral beweeg
As jy plekke, soos wat jy noem, wil besoek, sal jy moontlik van jou 4x2 Fiat ontslae moet raak en ten minste 'n 4x4 aanskaf.
Dan kom die opsie, toegerus met daktent, of met jou bestaande tent en gazebo.
So 'n dubbel inrig vir verskillende maniere van kampeer en beweeg, kan nogal duur raak, maar vir vermoënde mense is dit seker nie 'n probleem nie.
Wessel ek sal seker maar…
Wessel ek sal seker maar weer vir my 4x4 koop.
Daktent stel ek glad nie in belang nie, sal wel ń tent op ń sleepwa oorweeg.
Eintlik aangesien ek omtrent alles reeds dubbel het, sal ek maar bly by net ń sleepwa.
Dit gaan eintlik net oor die stoor van die toerusting, huidig los ek alles agter in die trokkie, maar dit verhoog dalk die risiko van diefstal/ inbraak?
As ek alles in die sleepwa petmanent los, dan is dit net die vries/yskas kombinasie en my klere in die trok sit, hak en daar gaan ek!
Ek dink ook om dalk die Fiat te hou, en vir my een van die nuwe Jimneys te kry.
Dit is vir my ń baie mooi voertuig, goeie 4x4 en sy sal ń sleepwa met gemak hanteer.
Dan kan my vakansie kombinasie heeltyd net rwgstaan vir as die gier my pak!
Hi Arie, help met raad…
Hi Arie, help met raad asseblief. Waar is Moreson en waar staan jou karavaan. Ons wil ook graag 'n bietjie noord gaan kamp en dink aan 'n maand kamp waar daar wild ook is en natuurlik bekostigbaar vir pensionarisse. Groete en lekker kamp met die tent.
Lapskag, Moreson is so 8 km…
Lapskag, Moreson is so 8 km Noord van Tshipise op pad na Musina.
1000 ha Wildsplaas met so 40 huise, wat aan die aandeel houers behoort. Sowat 20 bly permanent hier en die ander verhuur hul huise vir vakansie gangers.
Hier is ń karevaan kamp met so 35 staanplekke.
Warm water swembad, water kom uit ń fontein wat deur diesekfde aar as Tshipise gevoed word.
Hulle adverteer glad nie, mens kom hier net op aanbeveling.
My wa het ek nou ń permanebte kamplek gekry by Shammah Bosveld Kamp. So 10 km buite Bela Bela.
Ek gebruik dit nou as basis, of dan my "huis".
Bekostigbaarheid, Moreson huidig R3000 per maand vir twee pensioenarise. Dit kom elke maand wat jy staan met R100 af tot by R2400.
Shammah, kan nie nou vinnig onthou nie, maar sowat R1850 @ maand plus krag.
Hoop dit help jou!
Baie dankie Arie, dit help…
Baie dankie Arie, dit help baie. Lekker kamp en veilig reis.





Ek het laas in einde…
Ek het laas in einde Desember 2019 my tent waentjie gesleep af TO Strand toe. Die afgelope jaar en half kamp en toer ons die hele wêreld vol sonder om te sleep. Ons kamp wel in eenvoud en daar is nie dinge soos groot dual yskaste en mikrogolfoonde en dubbelbed matrasse nie, maar ons toer en is sommer gou reg om enige rigting in te slaan.
Arie soek jy nie dalk 'n Jurgens Camp Lite nie?