Ek aanvaar dat skaap/lamsvleis is maar deel van die kamplewe se braaiery en toe wonder ek hoe werk die aankoop hiervan in ander huishoudings ? Hier by die Loaders is dit die taak van my liewe vrou omdat ek net sal droogmaak as dit my taak is. By meeste van ons vriende is dit die man se taak.
Mammie hou die pryse dop en sy hou daarvan om met die blokman self te praat, die karkas uit te kies en dan voor te skryf hoe dit opgesaag moet word, en sy hou hieroor ook persoonlik toesig.
Vandag het sy 'n 22kg graad 2 lam gekoop teen R99 per kg, BTW ingesluit en nou wonder ek ook of dit 'n goeie prys is. Wat betaal julle in ander dele van die land ?
Hier by ons is dit my taak…
Hier by ons is dit my taak en kyk ek ook maar rond vir die beste pryse. Ongeag die prys is daar ook sekere plekke waar ek nie weer vleis sal koop nie - ek sal eerder nie name noem nie.
Daardie prys is beslis goedkoper as die van Maders - n redelike bekende "slaghuis" hier in Pretoria - toe ek so 2 maande terug n heel lam gekoop het. Geen idee wat dit vandag sal kos nie, maar toe was dit ongeveer R 106 / Kg
Vir die laaste jaar het ek ons lam van n verspreider van iewers in die Vrystaat gekry teen n baie goeie prys. Die nadeel is dat dit gevries afgelewer word, maar dit word volgens my versoek verwerk en verpak en ons het nog nooit n probleem met swak kwaliteitgehad nie.
Vleis pryse sal sekerlik soos alle ander pryse styg na die einde van die jaar toe en is dit dus n goeie idee om nou te koop as jy kan.
In ons huis koop ek 99% van…
In ons huis koop ek 99% van die tyd die vleis. Paar keer nie mooi gekyk nie dan koop ek skaap tjoppies en dan kry ek raas by die huis omdat dit nie lam is nie. Moet sê nogal groot verskil in die sagtheid van die tjoppies.
Sal nooit vergeet met ons toer Kaap toe 'n paar jaar gelede stop ons by 'n padstal iewers voor die Karoo Nasionale Park. Wou lekker skaap tjoppies koop vir die aand se braai in die park want ons is mos nou in die regte skaap wêreld.
Die taaiste skaap wat ek nog in my lewe geëet het.
Len, dit is nie 2de graadse…
Len, dit is nie 2de graadse Lam nie, Lam is gegradeer A, of AA, of AAA. En dit het te doene met die vetlagie. A is hartstigting keuse, A2 is my keuse met so 5mm vetjie, en A3 is n dorperskaaplam se tjop wat dik vet op het. AB is 2tand en B is volwasse skaap.
R99/kg is goed, ek het gelees dat die prys afkom. Ons huidige lam het sowat R120/kg gekos. Vrinne het twee weke gelede kom kuier vanaf Paarl en vir ons so paar pakkies Lamtjops gebring vir die kuier. Ja, ek weet met moet nie na die prys kyk nie, maar die R199,00 /kg het my ogies laat traan.
Ek is maar die vleiskoper ...
... maar my seun het die gawe (dalk eerder die kontakte) om goeie "deals" te bekom t.o.v. lamsvleis en soms selfs ander tipes vleis ook. In onlangse tye het ons uitstekende lamsvleis van hetsy Sutherland of Leeu-Gamka bekom. Twee weke gelede het ons lammers vanaf Riviersonderend bekom. In al die gevalle het ons nooit meer as R99/kg betaal nie. 'n Vriend van hom doen meestal die opsaagwerk - vrek netjies, net soos ons dit verlang. Sommige van die verskaffers saag self - en ek kon nog nooit kla nie.
Ons het ook 'n week gelede bees-maalvleis (Hereford) aangekoop vanaf 'n bekende wynlandgoed in Elgin/Grabouw @ R85/kg - puik produk.
Mammie laat die vleis-aankope geheel en al aan my oor. Ek is baie "finnicky" t.o.v. boerewors. En ek dink daar is ek en Len dit bykans eens - jy sal ver gaan soek vir lekkerder boerewors as Joey's Boerewors. Alhoewel - ek het fantastiese boerewors onlangs gekoop by Rietfontein Padstal naby Leeu-Gamka.
Daar was tot onlangs 'n puik vark-slaghuis tussen Stellenbosch en Somerset-Wes. Ek het al my varkvleis daar gekoop. Ongelukkig bestaan dit nie meer nie en sedertdien sukkel ek om goeie gehalte varkvleis teen billike pryse te bekom.
Ek koop net vet ou ooie by…
Ek koop net vet ou ooie by my vriende. Vleis sonder vet is taai. As jy nie hou van 'n vet tjoppie nie kan jy die vettjie afsny voor jy hom eet. Daai lekker vet gee net die vleis sy regte smaak. Ek wil ook ten minste twee keer byt en kou aan 'n tjoppie. Lam tjoppies is so klein dis een hap en hy is weg. Al my skaap boer vriende slag ook vet ou ooie vir hulle eie gebruik. Dis waar ek dit geleer.
Dis nie die tipe hout wat jy gebruik by jou vuur nie, dis die vet wat op die kole drup wat die regte reuk en geur van braaivleis gee.
Dankie oom Neef
Lam is gegradeer A, of AA, of AAA. En dit het te doene met die vetlagie. A is hartstigting keuse, A2 is my keuse met so 5mm vetjie, en A3 is n dorperskaaplam se tjop wat dik vet op het. AB is 2tand en B is volwasse skaap.
Dit is nou interessant! Persoonlik is ek nie baie lief vir skaapvleis nie. Skoonpa het ‘n kleinhoewe gehad waarop hy op ‘n klein skaal met skape geboer het. In 2010 het ek op ‘n projek by ‘n myn op Carletonville gewerk, en by hulle gebly deur die week. Op die spyskaart vir aandete was net twee opsies; skaap of skaap. Skoonma het dit so gaargemaak dat jou verhemelte na ete met ‘n vetlaag bedek was.
Die dieet wat maande voortgeduur het, het my afgesit van skaapvleis. Almal wat ek ken is bv gaande oor ‘n staanrib maar ek peusel net aan ‘n klein stukkie of eet die aartappelslaai. Ek sal af en toe ‘n skaaptjoppie eet maar ek maak hom baie gaar en braai die vet kliphard en droog. Sover ek weet is skaapvleis in elk geval nie die mees gesonde vleis nie, want al sny jy die sigbare vet af is daar baie vet in die vleis self. As jy my skoonpa vra is skaap natuurlik die gesondste vleis wat mens kry.
Herman.....
Herman, ek het mos gesê ek weet niks van vleis af nie. Ek het weer gaan kyk, Mammie sê dis g'n niks graad 2 lamsvleis nie maar wel A2 met so 'n dun lagie vet, netsoos jy beskryf. My bydrae met hierdie aankoop was drieledig : (1) Betaal , (2) Hou die sakkies oop waarin die vleis verpak word en (3) Dra dit na die vrieskas en "ek sal jou sê waar en hoe dit verpak moet word !"
Chris S, ek stel voor jy moet gaan vir berading - iets groot moet fout wees. Daar is darem min dinge wat by 'n lekker gebraaide skaapboud kom (die naaste wat daarby kom is skaaptjoppies) en dan daardie aand (of volgende oggend), 'n skaapvleis toebroodjie op witbrood met baie sout (ek drink elke dag getrou my bloeddruk pille en mag dus mos). Nog 'n wenner waarmee Mammie lof verdien, is skaap-krummeltjops wat sy in die oond gaar maak !
Ek gaan nou middagete se bestelling insit.
Hoe beny ek julle....
.... bevoorregtes om so te debatteer oot skaapvleis pryse.![]()
Ek is volgens julle omskrywings dan gladnie 'n vleisfynproewer nie. Ons bestorm op 'n Saterdagoggend 'n spesifieke slaghuis, en koop dan slegs genoeg vleis om die aand te braai. Gewoonlik braai ek dan sommer so dat daar ten minste vir die week ook gebraaide vleis is.
Ek koop graag lekker dik gesnyde lams boudtjops, anders is daar net 1 hap, been en vet. Ons wissel skaap, vark en bees[steak] af. By bederf geleenthede kry ons Rib eye, 14 dae verouder. Erens met 'n kampery moet mens darem so 'n steak by die spyskaart inwerk.
Die beterhelfte hou van ribbetjie oor die kole, maar vir my is dit net vet en bene.
Koop kleinmaat
Vir my is dit die lekkerste om op n Vrydag + Saterdag en Sondag deur die slaghuis se rakke te loop en te kies wat ek diè spesifieke aand wil braai. Grootmaat werk nie by ons nie....die vleis lê in die vrieskas en oud word omdat ek dit meer geniet om vandag te koop wat ek vanaand wil braai. Omdat ons kleinmaat koop, is skaap tjops al duur....sommige plekke al R220/kg. Ons is self ook lief vir vark tjops.....selfs vark fillits is lekker en kry dit onder die R100/kg....laasweek R79/kg betaal. Met n peper sousie gaan hy mooi af. Dit met n vars gebakte brood
Ek weet nie watse snit dit is nie, ..
... maar dit lyk nie vir my lekker nie.
Dit moes 'n blokman vol humor wees wat 'n fillet so "wrap".
Genugtig !
Genugtig, een ding is seker dit kan nie lamsvleis wees nie - hopeloos te groot !
Hahaha, ou kieriep..l is toe…
Hahaha, ou knopkierie is toe in die hangkas gevang.
Skaaptjop lekke
So skaaptjop met sout en peper en n lekke wors loop soos stroop
Meatworld het laas Sondag n…
Meatworld het laas Sondag n spesiale aanbieding gehad van R 99 vir heel of halwe lam.






Lamsvleis pryse ...
Len dit is volgens my 👍
Ek hou ook baie van vark, wat ook goedkoper is.