Hierdie is nie 'n resensie nie, sommer net 'n vertelling hoe ons kampering in Hartenbos ervaar het.
As pensioenarisse het ons vir 'n klompie jare agtermekaar in Februarie by Hartenbos in Blok D gaan kamp. Ons het die kampeerdery daar vir 'n paar jaar oorgeslaan en was laas in Februarie 2018 daar, maar ek begin nou so stadigaan na dié plek verlang.
Dit lyk mos nou sommer lekker :-
\
Ons slaan gewoonlik ons voltent op by Hartenbos - so lyk die tent binne :-

Uitsigte altyd onverbeterlik met lekker stappaadjies :-

Teen die aand se kant moet ek begin braai. Ons gebruik maar ons eie braaier want dit word nie voorsien nie :-

Straatbraaie saam met die kampbure is ook lekker :-

Badkamers oud maar baie sindelik en netjies versorg :



Ek dink dis tyd dat ek weer 'n bietjie Hartenbos toe gaan.
Nou raas my kop
Môre Len, Willem en al die ander vriende
Ek moet nog finaal besluit of ek volgende jaar Hartenbos of Jongenensfontein toe moet gaan.
Op jou 1ste foto sien ek geen ekstra stormbande of nette nie. Pla die wind dan nie daar nie. Ek onthou van my kinderjare af dat die mense wat langs die kinderhuis gestaan het, soms gelyk het of die wind hulle tente see toe wil waai. My Pa het altyd gesê, hy is so bly dat hy in 'n huis sit as die wind so waai. Die huis was letterlik oorkant die kinderhuis, in 'n systraat.
Daardie jare, voor 1975, het Hartenbos net begin om op die terrasse staanplekke te maak, of is ek verkeerd.
Dit lyk heerlik
Vriende van ons wil hê ons moet Januarie 2023 saam met hulle in die E-blok gaan staan. Ons kinders is dieselfde ouderdom as hulle s’n en is saam op skool. Ek en Salomien kuier ook baie lekker saam met hulle. Ons hoop die binnenlandse skole begin weer vroeër as die kus skole sodat dit dan nie meer so besig is nie. Mens kan ook dan bietjie spaar aangesien dit van die tweede week in Januarie nie meer hoogseisoen is nie.
Intussen is dit minder as ‘n maand voor ons koers kies in daardie rigting om vir 14 aande by Dwarswegstrand te gaan staan oppad Karoo NP toe.
'n Hartenbos kampvakansie ...
2008-02-18, dit is heel op die punt waar die nuwe park nou is.

2009-02-09, Reg onder die kleuterskool, baie lekker inham.


2013-02-23, Selfde staanplek.

2015-12-14, Onder teen die see. Het nog nooit nodig gehad vir storm bande nie.



2017-12-17, Ons het oor die pad by agter die amfiteater gestaan (kry nie foto van die staanplek nie, hier was die stof saam die wind wat van die teater se kant kom nogals lastig. (Dit is Surette se suster se oudste, maak nou klaar met matriek)

Ons het laasjaar Desember my…
Ons het laasjaar Desember my seun gaan haal in Hartenbos, nooit ooit sal ek oor Desember myself in daai malnes begeef nie.
Hartenbos ...
Die Desember geheim is bly by die kamp, baie beter as om rond te ry. As jy moet ry, dan gaan jy George toe vinnig op die snelweg.
Stem saam...
Stem saam Willem, swem en braai eerder as om Mosselbaai toe of Mall toe te probeer ry.
Ek moet sê, vandat ons kinders uit die huis is kom ons nooit meer daar oor Desember/Januarie nie.
Nee, nog nooit 'n begeerte…
Nee, nog nooit 'n begeerte gehad om daar te gaan kamp nie.
Nie eers die groot C trek my aan nie.
Die Indraf kafee
In my kinderdae was daar op die hoek, waar die hoof-ingangpad aangesluit het by die hoof dwarspad, 'n kafee, die Indraf. die lekkerste draai roomyse daar gekoop.
As mens daar links sou draai, het mens by die kinderhuis verby gery tot doer onder by die riviermond. Regs het mens by die rolskaatsbaan verby geneem tot tussen strandhuise in.
Lyk seker lankal nie meer so nie. Daardie dae was die beperkte aantal paaie reeds baie besig met veral voetgangers. Gelukkig is ons nou in die buite-seisoen fase van vakansie hou.





'n Hartenbos kampvakansie ...
Len, ja ek verlang ook baie na 'n Hartenbos kampvakansie. Sal later ook van my Hartenbos foto's plaas.