Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -1 hour ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -4 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -5 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -7 hours ago

Februarie 2022 - Koffie Kroeg

Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits
Submitted by Willem Brits on
Forums

Nou ja dit is die begin van die 2de maand van 2022.

Ek begin met 'n slegte hart.

Julle ander moet die dag vrolik voluit geniet.

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 02/02/2022 - 07:39

Goeiemôre almal!  Geniet die dag smiley   Nie veel nuus hier nie, behalwe dat ek weer moet begin voorberei vir 'n  sterrekunde kursus volgende maand met die 5 dag Hoëveld Voortrekker kamp.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 02/02/2022 - 09:32

Goeie môre kampmaters !

Ons is gelukkig vanoggend verlos van die afgelope klompie dae se hitte van diep in die dertigs en dis 'n heerlike, bewolkte koel 22º vandag met miskien 'n vlagie reën 'n bietjie later.

Op my program vir die dag : ons kry vandag ons derde Covid/Pfizer-inenting (die booster een) en daarna my kleinseun by die skool optel.  Dus baie besig !

Corona-virus :  Dit lyk vir my die slim mense beskou dit nou as endemies (amper soos jaarlikse  griep) en dinge begin stap-vir-stap terugkeer na normaal.  In die lig hiervan sien ek nogal uit na Sondag om vir die eerste keer in 2 jaar weer kerk toe te gaan.

Geniet jou dag (en spesiaal vir jou ook Willem).

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 02/02/2022 - 16:14

Beurtkrag van 12h00 tot 15h30 gehad. Maar krag is steeds af, blykbaar n hoogspannings fout op die dorp. Maat van my se nou die dag dat die hoogs-spannings skakelaars is nie ontwerp vir baie aan en afsit nie, en dan is die goed al lankal verby hulle dienstyd ook.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 03/02/2022 - 06:27

Gisteraand het die TV weer gewys ons het 60% kaans vir reën later vandag, maar YR en die Disprin wys eers môre ?

Julle moet die dag geniet.

.

.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 03/02/2022 - 07:21

word vanoggend so o5hoo wakker van 'n vreemde geluid. Nadere ondersoek wys toe hoe die kraaie sit en gaap, en met vlerke wys dat hulle drinkbak leeg is. 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 03/02/2022 - 09:54

Hello Maters. 8mm reen gekry gister, en die wereld voel sommer vars vanoggend. Wessel, dan is dit seker julle beurt vir warm kry, ons is vir vandag in die groen.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 03/02/2022 - 18:48

Goeie naand kampmaters !  Ons het darem twee heerlike koel dae gehad na die afgelope dae se hitte...... en 'n 4mm vlagie reën wat heerlik was.

Lekker aand verder.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 03/02/2022 - 21:51

Hulle sê na middernag kom die reën. 🌧 👍🙏

Was weer goed warm vandag en met die nat sement op die sitkamer vloer is dit noals bedompig binne die huis..

Moet maar vasbyt. 1☹😭

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 04/02/2022 - 06:19

Môre vriende

Die reën het ongeveer 23h00 gisteraand gepaard met 'n gedonder arriveer. Nou gou met vêrkyker vanaf stoep geloer, en dit lyk na ~15mm alreeds. Hopenlik kry ons nog deur die dag.

0
Jozie
Profile picture for user TWTFAWC

TWTFAWC

Fri, 04/02/2022 - 06:44

Moet jou wereld kom besoek, ek wil Brits locksmiths verby om n' venster tranfer te laat maak vir die Landy

Ai-Ai-Ai 110Km soentoe 110Km terug

Is daai resturaunt by Stokkies draai al oop --- kanni onhou die naam

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 04/02/2022 - 07:13

Warren, ek dink Wessel sal jou eerder kan help met daai winkel.

Ek was wakker so 02h00 toe hoor ek die weer en sien blitse, dit moes kort daarna begin reën het.

Het nou gaan kyk, 'n lekker 20mm reën. 🌧

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 04/02/2022 - 10:05

Hi Warren

Ek het gou uitgevind by "RhinoCab" se personeel by Stokkiesdraai.

Die restaurant se naam is deesdae "die Jagkamp", en dit is oop. Jy kan glo op facebook dit ook vind. 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 06/02/2022 - 06:55

Ek moet na kerk paar goed doen voor die kontrakteur Maandag met ander werk kan aangaan, muurproppe ens.

Julle moet julle Sondag geniet.

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Sun, 06/02/2022 - 14:59

Middag almal.

Ja Heidelberg het weer amper verspoel gister met tussen 70 en 170mm wat op verskillende plekke hier in die omgewing gemeet was.

Ek is nie ondankbaar vir al die reen nie maar genoeg is nou genoeg. Die grond in my erf begin al muf

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 07/02/2022 - 08:22

Nou ja, hier begin ons met 'n nuwe week.

Gister maak ek Wijan se kamer se muurprop oop 🤔 die ingeboude boks sit 2 verdieping diep met dulke 200+mm skroewe (die een is los).  Sal maar kyk of ek die gat groter kan maak aan die voorkant om 'n nuwe boks met sykant skroewe in die muur kan in sit.

.

Waar die skroewe indraai is weg geroes.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 07/02/2022 - 09:00

Goeie môre !

Willem, hoekom sou dit daar binne-in die muur roes  -  is daar klammigheid in daardie muur en kon jy die oorsprong bepaal ?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus