Ek ry gewoonlik so 50 liter water saam as ek gaan kamp, maar die gewig begin nou pla. Die water van die Vaal rivier is ook nie meer so skoon soos wat dit voorheen was nie.
Apteke verkoop water suiwerings tablette vir om en by R50.00 vir 'n pakkie van 50 tablette, een tablet suiwer 1 liter water. Ek het nou vir my 'n pakkie gaan kry en gaan kyk wat maak oorde se boorgat water met my lewer.
As dit werk soos die inligting op die pakkie sê, gaan ek voortaan net 5L saam ry vir 'n begin, dan daar net altyd water vooraf suiwer, dit moet 10 minute staan voor gebruik.
Johann, daai tablette laat…
Johann, daai tablette laat maar n slegte smakie in die mond vir my, eintlik net n Chloor pilletjie. Wonder ook soms wat maak die spul met die mikrobes in die derms af? Gebruik dit vir oorlewing. Hier by ons het elke 2de supermark, selfs die kooperasie n opset waar jy jou kanne kan volmaak vir bitter min.
Dankie Herman, sal maar…
Dankie Herman, sal maar probeer. Die eerste kan sal ek môre vol maak en oornag laat staan. Nooit aan die nasmaak gedink nie.
Alle munisipale water behoort kloor te bevat, dalk is die hoeveelheid net te min om 100% te werk?
Typhoid is glo al reeds gediagnoseer, en mens wil nie kanse vat nie.
Ek koop kits water, baie…
Ek koop kits water, baie suiwer, maklik om te vervoer en relatief goedkoop.
Verkrygbaar by enige goeie sportwinkel!
Daar is ń paar handelsmerke maar ek verkies "Aqua Dry"
Koop waar jy kampeer
Môre Johann
Ek ry ook maar altyd so 50l drinkwater saam. Dan koop ek maar drinkwater as dit op is.
Dit is net in die Nasionale parke waar mens deur jou nek betaal vir water. Soos Herman seg, omtrent elke winkel verkoop water. Ek vra sommer by die kooperasie vir 50ppm
D4ink Water ...
Gelukkig het ek nog geen probleem met kraanwater gehad nie.
Het 'n 25 liter kan vol…
Het 'n 25 liter kan vol gemaak met 5 pille in, en so twee uur gelos, die prop af gehaal en nog so half uur oop gelos, en 'n glas water gedrink, daar is geen nasmaak nie. Dankie tog.
Chris, ek sal kyk na die straw ding, ook na daai wat Willem gebruik, maar wil nie nou te veel uit gee nie. Die pilletjies was R50.00, en behoort so 50 liter water te behandel.
Ek sal tog na 'n goedkoper oplossing moet kyk, die kloor pilletjies werk so R1.00 per liter uit? En soos genoem, wat gaan die lang termyn effek op mens se binne goed wees?
Die voorskrif sê wel een pil per liter water, maar omdat ek munisipale water gebruik het, het ek net 5 gebruik. Dit gaan dalk duur uit werk.
Water prys
Hello Johann
Pil prys van R1/l is omtrent wat mens vir water by 'n tapdiens betaal.
Jy sal maar pilletjies moet saamry, en dan kyk wat kos gekoopte water waar jy kampeer. Dan kan jy mos die goedkoopste opsie maak.
Winkels wat
Johann baie winkels kry jy wat net water verkoop ek koop by hulle gewoontlik het by pioneer water tenk in bakkie 50 l vol gemaak met hulle water wat deur fillters ens gaan het my R55 gekos ja die pil ding werk maar kos baie geld
Drinkwater
Ons koop al vir etlike jare ons drinkwater - alhoewel koffie/tee maak ons hier by die huis met kraanwater. Hier plaaslik maak ons vol by Spar in ons eie kanne @ R11.99/5 liter (tru-osmose proses).
Wanneer ons gaan kamp (of enigsins weggaan van die huis-af) neem ons 1 x 5 liter water saam en verder koop ons soos benodig. By Eiland Spa verkoop hulle water (ook tru-osmose proses in jou eie houers) @ R1/liter en Woensdae is dit gewoonlik op "special" teen 50c/liter. Daar maak ons ook koffie/tee van gekoopte water want hulle kraanwater proe k@... Terloops, hulle diesel is ook gewoonlik op Woensdae 50c/liter goedkoper.
Ja - die prys van kanne water is by sommige plekke 'n bietjie buitensporig (soos in die wildtuin, maar wat kos nie buitensporig daar nie). Maar 'n lekker drinkbare water is na my mening 'n "bargain" - soos whisky, 'n bottel lekker wyn of 'n goue koue.
Duur water?
Ons kan kwalik kla oor duur water terwyl ons meer as R20 vir ‘n liter petrol betaal.Ek weet nie wat die prys is nie want ek het twee diesel voertuie en die prys van diesel wissel omdat dit ongereguleer is. Maar ek glo julle kry my punt. Vyf liter water kos ongeveer soveel as een liter brandstof, en nog minder as jy bottels hervul. En ons lywe is baie meer ekonomies op water as wat ons sleepvoertuie op brandstof is…
Ek tap,die whats app knoppie…
Ek tap,die whats app knoppie, maar niks gebeur nie 😉
Sal google en pryse kyk, kan nie nou baie betaal vir so iets nie☺






Daar is by Outdoor Warehouse…
Daar is by Outdoor Warehouse vir R49.00 so lyk die wat ek gekry het.