Ek weet TV of nie-TV tydens kampering is al 'n holrug geryde storie, maar ek wil graag 'n DStv in ons wa beskikbaar hê as ons lus is om daarna te kyk. Maar luister tog my storie uit :-
Ek beskik oor drie dekodeerders :-
- Explora wat ons in ons sitkamer by die huis gebruik
- PVR wat dien as "Extra View" in ons slaapkamer (hierdie dekodeerder kan programme "tape")
- 'n Gewone HD dekodeerdertjie (wat nie kan opneem nie)
Hierdie drie dekodeerders is almal op my MultiChoice-profiel gekoppel en ek wou die Gewone HD dekodeerdertjie as my "Holiday Home" s'n gebruik in die karavaan. Tydens toets sê die aanlyn boodskap vir my die klein dekodeerdertjie kan nie as 'n "Holiday Home" dekodeerder gebruik word nie omdat dit nie kan "switch" met 'n Explora nie. Om aanlyn te kan "switch" tussen huis-Explora en "Holiday Home", MOET albei dekodeerders kan "tape", of jy nou hierdie funksie gebruik of nie.
MultiChoice se aanbeveling is :-
- Hou die Explora by die huis soos tans
- Vervang die PVR in die slaapkamer met die Gewone HD dekodeerdertjie as "Extra View"
- Gebruik die PVR as die "Holiday Home" dekodeerder in die karavaan
Dan is omskakeling tussen die huis-Explora en die karavaan PVR moontlik.
Willem, ek weet jy skakel ook met vakansie oor vanaf die huis-dekodeerder na die karavaan-dekodeerder, maar ek het nooit geweet nie om tussen twee dekodeerders te kan "switch" MOET albei dekodeerders kan "tape".
Is hier dalk ook mense wat ervaring hiervan het ?
Ns. Ek het voorheen my huis-Explora ontkoppel en dit saamgeneem op vakansie, maar ek wil eerder hierdie "Holiday Home" storie bemeester as 'n meer permanente installasie.
"Holiday Home" DStv ...
Len dit is nie waar nie.
Ek het die selfde opset, Explora in die sitkamer en 'n PVR (P2) in die braai area. In ons kamer en in Wijan se kamer kan ek na enige kyk. Die ander klein een is die "Holiday Home" een wat en oorskakel as ons gaan kamp
Toe ons by die Eiland laas gekamp het, het ons ou dekodeerder onklaar geraak en moes hulle die kaar vervang maar het nie kaarte gehad nie. Hulle stel toe voor ek koop 'n klein een wat sonder 'n kaart werk, wat ons toe gedoen het. Hy kan nie opneem of enige snaakse goed doen nie en ons gebruik hom nou al lank as die "Holiday Home" een.
Ai tog !
Willem, ek hoor wat jy sê, maar op hul webwerf onder "My TV" wys aldrie dekodeerders, maar as ek die klein dekodeerder (ook sonder smart card) as "holiday home" wil switch, sê die stelsel vir my "decoder not compatable with Explora". Wat die aanlyn-stelsel sê is presies wat die konsultant by MultiChoice Goodwood vir my gesê het. Die konsultant het aangebied as ek aldrie kodeerders vir hulle bring, sal hulle dit vir my opstel.
Ek het geen ander keuse as om aldrie dekodeerders na hulle te neem en dan weer te probeer.
Ek begin dink, op ons…
Ek begin dink, op ons ouderdom, is so iets dalk tog wenslik.
Ek het al sover gegaan om 'n baie klein tv (24") te kry met 'n mobiele wifi en 'n "black box" (Andriod TV box). Op die ding kan jy you tube, Showmax en ook Netflix kyk, plus nog baie ander goed wat ek nie verstaan nie.
Ons kleinkinders het die vakansie saans die TV geniet en my vrou is lief om TV te kyk.
Ek gaan dus die gesprekslyn dop hou, al het ek my dekodeerder vir my dogter gegee, kan die ekstra view ding dalk vir my vrou werk?
Ken die gesukkel met DSTV. …
Ken die gesukkel met DSTV.
Het dieselfde opset as Len. Het telkens tydens vakansie en met terugkom by die huis gesukkel om die dekodeerder wat ons in die kamer gebruik te laat werk. Ons skakel MultiChoice om die dekodeerder te kan gebruik tydens kamp en weer as ons tuis kom. Elke keer was dit met groot moeite dat ons dit kon regkry.
Toe besluit om klein dekodeerder sonder die sim kaart te koop en op aparte rekening te sit. Nou skakel ek dit aan so twee dae voor ons ry en weer af as ons tuis kom. Betaal net pro-rata vir die tydperk wat ons dit gebruik.
Enigste probleem is dat jy dit moet kanselleer op die eerste dag van die maand en dan betaal jy in elk geval vir die volle maand.
Sover ek weet, kan jy die…
Sover ek weet, kan jy die androide tv box in stel om dstv te stream, sal bietjie kyk. Ek het wel al die "Short-cut / icon" daar gesien, maar nog nooit gekyk hoe dit werk nie.
Ek het besluit.......
...............om eerder 'n DStv installeerder te laat uitkom om die PVR wat tans vir Extra View gebruik word, om te ruil met die klein HD dekodeerdertjie vir die Extra View. Dan het ek die PVR vir die Exclusive en behoort dan te kan "switch" tussen die huis Explora en die PVR "holliday home" soos wat MultiChoice vir my aanbeveel het. En dit kan ek via my rekenaar doen sonder kostes.
Willem, ek wonder steeds hoe jy dit kon regkry om te "switch" tussen die klein, HD dekodeerder en jou Explora by die huis want my pogings het misluk.
Dis hoekom.....
..... ek die byderwetse tegnologiese foefies haat. Die goet word mens se baas, en dit moet andersom wees.
My geduld het nie 'n "folder" vir foon, rekenaar, en sulke foefie streke nie.
Vanoggend toe ek my "slim" foon wil oopmaak, besluit die ding dat hy gesluit is, en ek moet dit streel[swipe]. Dis dan wat ek dit liggies met hamer wil "tap", en die beterhelfte streel tot sy die ding[ die foon] aan die lewe kry.
Willem, ek wonder steeds ...
Len, toe ons hom gekoop het, het ons hom laat opsit as die vakansie een. Soms sukkel on met die aanlyk een maar die WhatsApp werk meeste van die tyd. Hulle vra dan altyd wanneer is die terug skakel datum en as ons by die huis kom is als weer reg by die huis.
Antwoord gekry !
Willem, ek dink ek het die antwoord gekry by 'n DStv installeerder wat my kom help het. Hy stem saam met jou, ek kon die klein dekodeerder wel vir die "holiday home" gebruik het. Die probleem hoekom die stelsel sê "not compatable" is omdat ek nie die klein kodeerder opgekoppel het om 'n sein vanaf MuldiChoice te ontvang nie - na 6 uur se onsuksesvolle sein stuur, skakel dit af. Omdat ek die installeerder se "call out fee" moet betaal, het hy sommer vir my die ruiling met die PVR gedoen terwyl hy nou hier was. Ons kan dus nou op vakansie tog "tape" as ons wil want met die klein kodeerder was dit nie moontlik nie.
Ten minste verstaan ek nou hoe die spul werk en hoekom dit nie aanvanklik wou werk nie
Antwoord gekry ! ...
Dankie vir die inligting, Len.
Ander oan dit ook nou doen. 👍





Wat is die gunsteling …
Wat is die gunsteling gesegde;
Ek kan nie help nie, maar ek is seker dat daar iemand is wat kan.