Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -1 hour ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Goeie Hout -4 hours ago
1997 Isuzu November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Len... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
Geert o Geert.... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago

Meyers se Kruger toer 2022

Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer
Submitted by Jan Meyer on
Forums

So na 'n baie teleurstellende ondervinding met British Airways die paas naweek met vlugte wat gekanselleer is begin ons 2022 Krugertoer die week.

Die "nuwe" Classique is gediens en herseël, nuwe swaardiens skokbreker op die disselboom, meer muurproppe ge- installeer, nuwe buitelig geïnstalleer, trukamera drade weggesteek, ewiks ge-installeer, nuwe mags en bande. Ook nuwe awning met sykante en nuwe silver seil. 

Nou begin ons pak en regmaak want Saterdag oggend met eerste lig is ons oppad. Weet nog nie hoe vêr ons sal kom nie want dit is 'n nuwe ondervinding om die Classique te sleep en sal die besluit neem soos ons vorder. Het twee dae want ons moet Maandag in Laer Sabie wees. 

Hoop om miskien Badplaas te haal en dan Sondag by Malelane golfklub te oornag. Vroegdag dan in by Malelane hek. 

Sal môre begin foto's neem.

 

 

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 20/04/2022 - 21:05

Naand Jan, julle moet dit rustig vat en veilig sleep, geniet die inwyding van daai Classic. Dit is altyd maar 'n storie om die eerste keer met 'n nuwe voertuig te sleep,  nog meer om een te sleep.

Ons kyk uit vir die beloofde fotos.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 20/04/2022 - 22:33

Dankie Jan vir die laat weet  -  ons is op jou hakke 'n week later in die Wildtuin.

Ons vertrek môre om die ouballies daar in Beaufort-Wes intoom te gaan hou !

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 22/04/2022 - 07:53

Jan, ek is baie afwagtend vir foto's van die Classique (watter jaar model is dit ?) Klink goed en spoggerig wat jy gedoen het en ook die nuwe 

nuwe mags en bande. Ook nuwe awning met sykante en nuwe silver seil. 

Dan wag almal vir die toer foto's. 👏🏕🔥🍷🥩

Veilig ry en geniet dit.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sat, 23/04/2022 - 09:20

👍 Dankie.

Julle moet veilig ry en geniet dit.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Mon, 25/04/2022 - 19:26

Ons is Saterdag oggend in die reën uit Durban en het dit maar stadig gevat om eers aan die sleep met die Classique gewoond te raak. Van Pietermaritzburg af het dit goed gegaan en die Ford het gemaklik gesleep met brandstof verbruik volgens die instrumente so 13.1 l/100km. 

Het by ons dogter in Nelspruit gebly en vanoggend by Krokodilbrug hek ingegaan. Die veld is baie ruig en eers naby Laer Sabie bietjie oop gemaak. 

Kamp was net opgeslaan toe kom 'n donderstorm met baie weerlig deur die kamp. Was net water oorals. Gedink ons het genoeg van water in Durban gehad. Gelukkig word geen reën van môre af voorspel nie.

Het redelik enkellopende  blouwildebeeste gesien.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 25/04/2022 - 20:54

Ek hou van jou karavaan Jan! Sommer baie spoggerig. Ek sien jy het weer leisure awn

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 25/04/2022 - 22:01

Jan, dit lyk sommer spiekeries. Ek glo die wildtuin is baie ryg die jaar, wild besigtiging gaan nie groot wees nie, maar net om in daai "ongerepte" natuur te wees is heerlik.

Ja, die reen is nou vir eers klaar reken ek, na 'n 14 jaar rekord die jaar gebreek is.

Jou op set lyk baie netjies, maak my sommer jaloers.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 26/04/2022 - 06:09

Geert, het sykante ook gekry wat ons gisteraand gebruik het met die donderstorm.

Johann, Elmarie raas met my as ek foto wil neem vir die forum en dit is nie netjies nie 😂😂

Ons tent na die storm.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 26/04/2022 - 07:52

Hoe verlang ek nou terug na die Classique, 😢  Dit was vir my 'n baie lekker karavaan gewees selfs toe Wijan nog klein was in sy kot wat ek vir hom gemaak het op daai klein bankie.

Die modder is nooit lekker met die kamp nie maar gelukkig word dit gou droog hier bo.  Maar dit bly lekker om net te kamp.  Julle moet dit geniet Jan.

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 26/04/2022 - 08:02

Geniet julle "nuwe" Classique. Sal graag jou opinie wil hoor met die verskil in sleep van die Swing na die Classique.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 26/04/2022 - 08:08

Hennie, ons het destyds van die Regal oor gegaan na die Classique toe met die 2L Kyron auto.  Omdat ek met elke volmaak boek hou en my verbruik dophou het ek nie 'n noemenswaardige verskil agtergekom nie.  Selfs toe ons oorgegaan het na die Exclusive toe was daar weer nie juis 'n verskil nie.

Kom ons hoor was sê Jan.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 26/04/2022 - 12:26

Was gisteraand ons eerste slaap in die Classique en is glad nie spyt oor ons keuse nie. Ons het die 2007 Classique gekoop en het net een vorige  eienaar gehad. Alles werk pragtig.

Soos voorheen genoem was ek maar senuweeagtig om te sleep met die Ranger maar het gou vertroue gekry. Hy sleep gemakliker as die Swing en wip nie so baie nie- seker maar oor die gewig. Brandstof verbruik weet ek nie regtig nie want het van Durban na Ermelo so gemiddeld 12.2 l/100km gekry op 'n spoed van 100-105km/uur wat baie naby aan sleep met die Swing was. Van Ermelo na Nelspruit het dit geklim na 13.2l/100km met sterk wind van links voor. Voorheen met Swing met ook wind van voor tot 16l/100km gekry so kan nie iets bewys nie. Miskien help die Ranger se canopy met vloei van wind oor die Classique. Sal kyk as ons weer terug in Durban is want terug is die brandstofverbruik merkwaardig minder. Glo hy moet swaarder wees maar nie sodat dit my pla nie. Rand/sent gewys wel redelike verskil tussen laasjaar se toer en hierdie jaar. 

Moet noem dat ek skikkerig was of ek gemaklik en veilig verby 'n  swaarmotorvoertuig sou kom op 'n enkel pad maar dit was nie 'n probleem nie. 

 

 

 

0
Brackenfell

HennieBo

Tue, 26/04/2022 - 12:35

Hy sleep gemakliker as die Swing en wip nie so baie nie- seker maar oor die gewig. 

Dit gee mens dan gemoedsrus. Ek glo dat die wa defnitief meer gemaklik as die Swing sal wees. Geniet dit. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 26/04/2022 - 12:44

Veranderings wat ek aangebring het.

Tru kamera, buitelig wat wit of blou skyn, nuwe matrass. Het ook nuwe movers en awning.

Moet nog pyp en kraan installeer om tenk se water te dreineer as ons 'n kamp verlaat.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus