Goeie môre Kampforum vriende, kom ons kyk of ons mense kan kry wat winters ook wil gesêls.
Dit is die middelste maand van die winter, ek weet min mense hou van winter kampe, maar daar is tog iets waaroor ons kan gesêls ?
Ek kom nie reg met die online visum nie, Chris se metode het ek probeer sonder sukses, ander platforms vra 'n arm en been net om advies te gee.
Kan iemand iets voorstel asb.
Watermeter stelery
Middag vriende
Op die oomblik word watermeters en gepaardgaande pype gesteel, vir skroot. drie van ons kompleksie se pype is opgeneuk gisteroggend, helder oordag. Wat dit erger maak is die feit dat dit alreeds plastiese meters was, juis om stelery te voorkom.
Tot hede het hulle darem al die pype kom afsluit, sodat water nie gemors word nie. Van herstel is nog geen sprake. Ek het gisteroggend sommer stukke besemstok gesaag en in die pype gemoker om vloei te stop.
Môre Kampforum lede 👋☕
Nou ja, ek lê maar laag hierdie winter want dit voel vir my die beste teen die koue.
So gepraat van plunder, hier naby ons gaan dit nou al vir die hele week erg tekere, klippe gooi en bande brand is die orde van die dag. Hulle het nou weer die kerk daar naby sleg beskadig met die aksies en die paaie word gesluit kort-kort. Wonder hoe gaan dit stop gesit word sonder 'n polisie en weermag dien, nie eers gepraat van die te kort aan die huidige se regering se kan nie.
Maar julle moet die dag en naweek geniet.
Hierdie van Maroela media op fb gekry.




Na 'n lang dag het ons darem…
Na 'n lang dag het ons darem die gesonde en jongste lid van ons familie in die wêreld verwelkom. My swaer se eerste kind en dogter is 16:20 vanmiddag gebore hier in Eugene Marrais hospitaal. Nou gaan ons lekker pop speel!
Babas is.....
....vreeslik aansteeklik. Moet dit gladnie hanteer nie, want dit maak veral vrouens broeis.
eerste kind en dogter is 16:20 vanmiddag gebore ...
Baie geluk en speel lekker pop. 😉🤫🥂
Goeie môre Kampforum vriende…
Goeie môre Kampforum vriende.
Anton baie geluk aan jou swaer. Soos genoem - so iets is aansteeklik, pasop🤪
Goeiemôre almal. Dit voel…
Goeiemôre almal. Dit voel vir my koeler vanoggend. Geniet die Saterdag!
Swarrie is vanoggend vroeg hospitaal toe vir inklok vir vandag se diens. My skoonma en my vrou het aangebied om hom te gaan aflaai - die vrouens raak vreeslik opgewonde oor die klein pienk voet. Ek bly maar by die huis en maak nou ontbyt vir my 2 groot seuns - hulle is genoeg vir my dankie.
Maurits...
Middag Maurits
Lyk my jy is van Sandbaai. Is dit die gebied in Hermanus?? Indien wel, dan is jy en Servaas omtrent bure.
Darem 'n mooi deel waar julle bly, ek trek sommer soheentoe.
Môre Shaun en al die kamp…
Môre Shaun en al die kamp vriende, vat 'n koffie, dit maak lekker warm.
Geniet die dag en week, Chris WH gaan seker maar skaars wees hier, hy het belangrike dinge om te doen en dan natuurlik swak sein👍
Môre Kampforum lede 👋☕
Julle moet die dag en week wat voorlê voluit geniet.
Môre almal. Kan sê ja-nee…
Môre almal. Kan sê ja-nee dit gaan goed vanoggend want Naspers se aandele bly styg nadat ek vir amper 'n jaar in die rooi was maar nou neuk Sanlam sin weer afwaarts.
Gelukkig is Durban weer warm vanoggend nadat ons oggend temperatuur naby 12ºC gedraai het.
Middag Jan, ek was net so…
Middag Jan, ek was net so bly toe ek Naspers se styging sien, ek was ook in die rooi, en het begin paniekirig raak, besluit om vir twee weke nie te gaan kyk na die mark nie, en wragties vanoggend sien ek 'n groot styging.
Ek sien Bytes styg ook gelukkig weer.![]()
Die foto hier bo is die…
Die foto hier bo is die proses wat my Karoo herfsblaar braai stompe deur gegaan het. Ek moes net keer want party mens uit die Kaap wou neet vuurmaak met hulle. Herman het vir my die stompe gegee en hou my nou besig. Maak die lepels vir my dogters
Lapskag, baie netjies gedoen…
Lapskag, baie netjies gedoen. Ek het regtig gedink dat die Olyf te hard gaan wees om te werk. Die koekrollers wat ek maak daarvan, word in die staal draaibank bewerk.
Dankie julle, ek span ook…
Dankie julle, ek span ook maar die elektriese hand gereedskap in en dan skuur ek ook net die laaste met die hand.
Liewe ouers, wat 'n netjiese…
Liewe ouers, wat 'n netjiese produk, ek sal ook sommer so 'n ou stelletjie vat dankie. Sal die aflewerings adres aanstuur![]()





Goeie môre.
Goeie môre.