Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -1 hour ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -2 hours ago
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -8 hours ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -11 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -11 hours ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -11 hours ago

Los vries & koelkaste

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag vriende

Om nie Chris S se gesprek skeef te trek nie, begin ek sommer vir lekker klets die ene.

Die vraag is, hoe gebruik julle, julle losstaande kaste, waar vervoer jy dit, en hoe voorsien julle dit van krag, of gas aangedrewe 

Centurion

Voortrekker

Fri, 05/08/2022 - 18:38

Ja ek stem die NL is 'n beter klas yskas.  Snomaster was nog altyd die underdog en het goeie naam gemaak die afgelope 10 jaar.   

0
Brits

Wessel Strydom

Fri, 05/08/2022 - 19:23

Dit is goeie nuus, veral inaggenome ek lyk net soos 'n harde 4x4 man met die Kavango, maar is mos maar net 'n ou herfsblaartjie, met sy 4x2 Hilux[ie] en hoedjielaugh.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 06/08/2022 - 15:11

Midag Anton

Dit is nou oulik, veral as die kaste verhewe bestoor is agter op bakkie. 

Ek laai myne plat, direk op die bak, met die kas se langste sy inlyn met laaibak se voor na agterkant. Die rollerstelsel moet dus vêr genoeg uitrol om heeltemal onder agterklap se laagste punt uit te kom.

Ek verstom my altyd aan die pryse van enige kampeer toerusting.  

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 06/08/2022 - 15:14

.... ek het al verskeie van dié tipe "sliders" gesien wanneer 'n mens bietjie met jou oë steel by die ouens rondom jou. Daardie "drop slider" van 4x4megaworld werk baie bakgat. Ek moet dit egter eers vir myself uitmaak of die kool die sous werd is vir die weinige kere wat ek dit wel nodig het.

Ek gaan nou-eers Roemenië agter die rug kry. Ons oorweeg dit om gedurende die vroeë deel van November dalk vir 10 - 14 dae met die karavaan weg te glip en dan weer oor die Kersseisoen. Maar ek sal waarskynlik nie dan my kampvrieskas nodig hê nie, want ek kry gewoonlik my vleis-proviand vir sulke tydperke in die wa se KIC-dubbeldeurvrieskas gepas.

Sou ek wel uiteindelik besluit om dalk volgende jaar (Aug/Sep) die Laeveld aan te durf, sal ek weer na hierdie opsies kyk. Ek moet beslis nou-eers voorkeur gee aan die stofdigting van die kappie en waarskynlik 'n nuwe Tando aanskaf - wat klaar hard genoeg aan hierdie pensioenaris se sak gaan ruk.

Nietemin - dankie vir jou voorstel.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 06/08/2022 - 15:23

Is soos Ranger vs Hilux. 

.... kom Isuzu ook nog by as jy die Waeco in die prentjie inbring.

My seun het 'n Waeco 80 liter, wat ek verskeie kere gebruik het voordat ek die Snomaster gekoop het. Hy het dié kas al meer as 12 jaar en gaan elke jaar saam Hentiesbaai toe - uitstekende diens. Ekself het 'n 40 liter Waeco waarmee ek baie tevrede is.

Daarom - Ranger, Hilux, Isuzu ??? of National Luna, Snomaster, Waeco??? Enigeen van eersgenoemde 3 mag maar in my garage kom staan of laasgenoemde 3 in my bakkie. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus