Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Met Tequila Spek gerolde KaasJalapenos Rona du Plessis -1 hour ago
Beetsop Ertjie Sop! - Hester Kruis Jan Meyer -3 hours ago
KI-oor die muur Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -4 hours ago
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -10 hours ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -13 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -13 hours ago

Hoender Potjie

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Ek smaak 'n hoender potjie.  My Pa het ook altyd een gebou, nogal met noodles en ontbeende hoender.   Ek het nou weer my eie ou reseppie wat maar so met die tyd ontwikkel het, Amper soos TORA se boswa.

Ek noem hom:  Voortrekker se arm man hoender pot.

So hoekom arm man se pot?  Want hy het ontstaan vannaf 'n ander man se arm man resep wat tamatie sous en paprika soek, maar ek gebruik nie meer een van daai bestandele nie.  Ek braai die hoender nogsteeds eerste in die  pot vir 15 minute met  net olie, dan haal ek die hoender uit en braai dan die uie, partykeer, afhangende van hoe arm ek is of nie, gooi ek 'n pakkie beacon ook in saam met die uie.

Uie (met of sonder beacon) word dan gebraai ook vir 15 minute.  En dan word die stukke hoender teruggesit en die spul doen dan weer hul ding saam vir nog so 15 minute en word lekker deurmekaar geroer so saam met die tyd.  Natuurik word sout bygevoeg gedurende die hele kook proses en as jy hom bietjie byt wil gee maak dan ook so.

Gebruik maar baie uie as jy wil, geen rede om skaam te wees met hulle nie.

Nou watse tipe hoender vra jy my ?   Net wat jy wil, maar ek hou van die hoender boutjies.  Vlerkies sal ek se nee, te veel beentjies. so 'n pak of twee boudjies sodat elke ou so 3 kry, of 4 vir die manne wat baie honger is.

So, ons weet nou al daar kom baie uie in, en dan beacon, 'n pak of twee, en dan die hoender stukkies.

OK.  Wat maak hierdie pot so spesiaal vra jy my?    

Wanneer jy nou klaar die laaste 15 minute die Hoender en uie en beacon laat veg het in die pot, gaan kyk in die kas en soek vir een van die volgende 2 opsies.

'n blik of 2 ingelegte perske skywe, of 'n Een Liter 100% Mango sap!  Nie altwee nie, net een van die twee opsies.

(dit was met een kamp, so die laaste dag toe ek lus is vir 'n potjie en gaan krap krap in die kombuis kratte om te sien wat is daar om die pot geur te gee, toe ek afkom op die 1L Mango sap en hom toe in die pot ingooi)  ....(ja ons het by Dube gekamp)

Dit is 'n lekker vrugte hoender pot, met so 'n soetigheidjie in.  Met die Mango sap kan mens sommer so 2 of 3 eetlepels suiker byvoeg net vir daai ekstra bietjie soetigheid.

As jy gaan vir die ingelegte perske opsies, dan is hy klaar lekker soet, maar moet nog  twee of 3 koppies water ook saam kom.  

Moet net nie dat die pot te droog kook nie, en gooi maar water by asb want anders gaan hy nie mooi uitkom nie.

Na die perske mengsel of Mango sap bygegooi is los ek hom vir 45 minute en raak nie aan hom nie.  Daarna kom die aartappels by, en dan so halfuur later die wortels en so beweeg ek gewoonlik dan na die sagter groentetjies toe.  (Die gewone roete met 'n pot)  Gooi net wat jy wil.  Mielies, boontjies, green peppers, enigiets.

Heellaas sal ek so 2 of 3 appels in skerwe opsny en laat hulle saam loop vir die laaste uur. 'n Lekker gestoofde appeltjie saam met die mango hoender.

Die pot loop altesaam 4 ure, moet hom nie langer laat loop nie.

Bedien met rys.  YUMMY!

0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus