Ek lees nou op die ander…
Ek lees nou op die ander forum van iemand wat jaarliks gaan kamp by die "Elandsbay Hotel", en daar is blykbaar 5 staanplekke by die hotel, en hulle kyk oor die munisipale park.
Ek haal aan van wat Danie Pienaar geskryf het "We have been staying at the Elands Bay HOTEL site (only five sites) for the past five years. (Sorry, we book all five sites every year) The sites overlook the municipal park, which is almost empty, every year. The luxury of having the hotel sites is that we have the ablutions (fair condition, basic) all to ourselves, AND we can order fish and other food from the hotel. The hotel staff is eager to earn a little extra by taking care of our laundry."
Hy het ook 'n paar fotos geplaas.
Ek weet Anton het al resensie gedoen van die munisipale park terrein
Die skurke
Dis een van die plekke wat ek oorweeg het vir Desember as alternatief vir Dwarsboomstrand. Maar as al vyf staanplekke bespreek is kan ek seker maar los.





Ek moes nou eers mooi gaan…
Ek moes nou eers mooi gaan kyk het waar Elandsbaai nou weer is en wanneer ek daar gekamp het.
Dit was einde 2020 toe al die strande onder lockdown was. Hulle het ons toegelaat om 1 nag daar oor te staan tot die park die volgende dag gesluit was.
Ons was so vinnig daar dat ek nie eens die Hotel kan onthou nie....