Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -47 minutes ago
November brandstof prys November 2026 Geert -1 hour ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -6 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -7 hours ago
Rona November 2026 Johann L -7 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -17 hours ago

Daar's seker fout met my : ATKV Eiland Spa

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek vermoed daar is fout met my, want ek lees oral van hoe aangenaam mense hierdie oord vind. Die temperatuur (veral in die winter) is uitsonderlik, personeel is almal baie vriendelik en behulpsaam, heerlike swem- en ander geriewe, pryse is billik en die ablusies is uitsonderlik goed ontwerp en instand gehou, ook voldoende om die groot gros kampeerders te akkommodeer.

Maar om een of ander rede kon ek nog nooit opgewonde raak oor hierdie vakansie-oord nie.  Ons was nou al tweekeer daar en ek twyfel sterk of daar 'n derde keer sal wees.

Almal "rave" oor hierdie plek, maar nie ek nie en ek wonder hoekom nie ek ook nie.  Ek kan nie agterkom hoekom die plek my nie ook aantrek nie, maar ek aanvaar die "fout" lê by my.

Pragtige ablusies :

.

Netjiese omgewing

.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/04/2023 - 15:24

Middag vriend

Hier verloor jy my, en dit gebeur selde. Ek vermoed jy is net sarkasties en wil net wys hoe mooi die oord is.

Ek was nog nooit daar nie, dus kan ek nie deelneem aan die groot debat wat jy gaan uitlok nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 18/04/2023 - 15:46

....by die plekke waar Chris S was, dis nou Polentswa en rooiputs. 

Tot die ablusieblokke bied dieselfde netheid en geriewelaugh

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 18/04/2023 - 16:14

Middag Len, ons sal jou vergewe dat jy so astrand is met jou insetwink

Sal graag wil weet, het jy net oor geslaap daar, of het jy langer gebly?

Gewis een van ek ek en my vrou se heel gunsteling oorde, maar mens verskil mos.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 18/04/2023 - 17:07

Ond het vir 3 en half jaar in Tzaneen gewoon. Ek het tussen die sitrusboere van Letsitele gewerk. Wanneer ek op 'n spesifieke weeksdag laag af langs die Letabarivier gewerk het (in die omgewing van Eiland) het ek gewoonlik middagete in Eiland se restaurant gaan eet. Aanvanklik moes ek elke keer toestemming by Ontvangs kry om ingelaat te word, maar mettertyd is ek net ingelaat wanneer ek by die oord se hek arriveer. Gevolglik was Eiland beskou as deel van my werksomgewing en het ek nooit die begeerte gehad om selfs vir 'n naweek daarnatoe te gaan nie.

Eers toe ek weer terug is in my heimat, die Boland, is ek deur ander Kapenaars vertel hoe lekker hulle in die winter by Eiland kuier. In 1994, met ons eerste karavaanvakansie in die wildtuin, besoek ons toe ook Eiland. Ons, veral ons kinders, is toe gaande oor Eiland. Dit is in vakansies 'n kinderparadys. Dit het toe tot gevolg dat ons die volgende 3 jaar (1995 - 1997) vir die volle wintervakansie daarnatoe gegaan het. Met 3 aande se oorslaap heen en 3 aande se oorslaap terug, het dit beteken dat ons slegs sowat 16 aande by Eiland kon wees.

Ons het gedurende genoemde vakansies baie van die sogenaamde swaeltjies leer ken en goed bevriend geraak. Ons was na 1997 nooit weer by Eiland nie, maar ek en Ralie het besluit om na aftrede ook te gaan lank kamp in die wintermaande. Sedert 2015 het ons vir die eerste keer vir 2 maande by Eiland gaan kamp. Daarna het ons elke alternatiewe jaar vir 2 - 3 maande by Eiland gaan kamp. Ons speel rolbal en jukskei, ons neem lang staptogte langs die Letabarivier, hou ons besig met voëlkyk, braai en dans Maandagaande saam met die "oumense" en kuier deur die dag oor en weer saam met kennisse met wie ons oor die jare bevriend geraak het. En as ons lus is, bespreek ons gou vir 'n aand of twee 'n rondawel in die wildtuin. 

Intussen het my twee Grabouw-kleinkinders so lief geraak vir Eiland, dat hulle jaar na jaar wildtuin en Eiland toe gaan.

Ek kan verstaan dat Eiland-vakansies nie almal se "cup of tea" is nie. Maar o donkie - ons is lief vir die plek.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 18/04/2023 - 18:38

Ek ken die Eiland al van baie jong tyd en so het ek oor die jaare net meer-en-meer van die plek begin hou.  Nooit daar vakansie gehou nie al was ek gereeld daar.  Tot my broer Jan Welthagen se dogter daar getrou het, toe is ek nog met die Regal soontoe.  Eers later het ek besluit om daar te gaan kamp.  Tot 'n WegSleep Saamtrek daar gehou.  Toe van my lang verlof oor Desember ook daar gaanstaan en wat 'n fees is dit bedags om daai buite warm swembad.  Daar het ek die meeste Afrikaanse musiek ooit gehoor.  Nog net nooit in die winter daar met die karavaan gekamp nie, sal moet plan maak.  Wou dit dié jaar doen maar toe het Geert vir my plek by die KNPark.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 18/04/2023 - 20:34

..............nie sarkasties nie.  Ek het mos gesê ek vermoed die fout lê by my.

Johann, ons het eenkeer vir 'n week daar gekamp en 'n volgende keer net twee "oorslaap" dae.

Miskien is dit omdat 'n mens "uit voel" tussen die hordes wat 'n maand of selfs langer daar kamp  -  almal ken mekaar maar nie vir ons nie.

Andersyds is die probleem dalk my oordrewe sin vir die Kruger Wildtuin  -  as ek die 2000km van die Kaap af sleep wil ek eerder in die Wildtuin wees as by 'n vakansie-oord.

Of miskien omdat ek nog nooit 'n begeerte gehad het om rolbal of jukskei te speel nie  -  laasgenoemde het ek laas in die laerskool probeer speel.

Ek kritiseer nie hierdie ATKV-oord nie, ook nie die mense wat dit daar geniet nie en soek maar net die rede hoekom ek anders is as andere.

.

.

.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 19/04/2023 - 08:45

Ek kyk bv na hoe Chris Boucher vertel hulle deelgeneem het aan aktiwiteite by Eiland Spa. Ek is nie so sosiale dier soos sommige ander mense nie. Dis bv hoekom ek ons Kgalagadi toer so geniet het - ons was ver van ander mense af en in die natuur.
 

My vriend Riël wat saam was gesels graag met ander mense (vreemdelinge) en kan lank klets met hulle. Ek laat dit dalk nou klink of ek ‘n kluisenaar en ongeskik is. Dis darem nie die geval nie, en ek sal vriendelik met ander kampeerders gesels wanneer ek hulle raakloop maar ek gaan hulle meestal nie opsoek nie. Ek sal ook veel eerder in vrede ‘n boek lees as om aan ‘n groeps aktiwiteit deel te neem by ‘n oord. 
 

So verskil mense, en dit hoort ook so. Dis nie reg of verkeerd nie, solank mens almal met respek behandel en nie benadeel deur jou aksies nie. Dit mag egter moontlik verklaar waarom sommige mense ‘n oord soos Eiland Spa meer geniet as ander?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 19/04/2023 - 09:30

Dit is ook hoe ek myself sal opsom, dink net hoe eentonig sou die lewe wees as ons almal identifiese tweelinge (lees meerlingewink) moes weessurprise

Ek sal ook veel eerder in vrede ‘n boek lees as om aan ‘n groeps aktiwiteit deel te neem by ‘n oord. 
 

So verskil mense, en dit hoort ook so. Dis nie reg of verkeerd nie, solank mens almal met respek behandel en nie benadeel deur jou aksies nie. Dit mag egter moontlik verklaar waarom sommige mense ‘n oord soos Eiland Spa meer geniet as ander?

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Wed, 19/04/2023 - 09:45

My familie ken my as gou verveeld raak.  

Elke jaar as ons saam met die kinders by Drakensville kamp het ons almal saam na die swembad gestap. Nie lank nie dan stap ek maar weer terug kamp toe terwyl die ander nog by die swembad rond hang. 

Die afgelope Paasnaweek het ek egter vir ons 'n groot strand sambreel met goeie UV proteksie en 'n pen om in die grond te slaan plus twee strand stoele wat laag op die grond sit gekoop. Nou sit ek lekker met my bene uitgestrek op die grond. Sukkel bietjie met die opkom maar kyk maar rond dat iemand oulik nie vir my kyk nie. Wil dit ook gebruik op ons langtoer later die jaar. My seun het vir die koue goed gesorg. 

Met al die bedrywighede rondom die swembad het ek lekker gesit en glad nie weer terug na die kamp gegaan nie en dit nogal geniet tot my familie se verbasing😁

Begin maar solank regmaak vir die niksdoen. Gesels graag so in die verby gaan maar sal nie sommer na iemand anders se tent gaan nie. 

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 19/04/2023 - 09:58

Skuus ek kap die draad Len so baie hou ek van die Eiland so min hou ek weer van ATKV Buffelspoort soos voorheen genoem baie gewilde oord baie om te doen netjies maar ek kry nie n like soos engelsman se innie plek nie hoekom weet ek nie

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus