Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
VSA stelsel November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Politiek ---geld.... November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago

Buite warm/koue kraan vir karavaan

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek weet dat boswaens het gewoonlik 'n  warm/koue waterkraan by hul skottelgoed opwasplek beskikbaar.  Ons was altyd ons skottelgoed by die karavaan binne-in die vol- of stoeptent, teenaand die sykant naaste aan die deur (wat in die Exclusive se geval) agter is.  Tot dusver het ek maar altyd warmwater in 'n emmer by die ablusie gaan haal, maar nou dink ek daaraan om 'n buite-kraan by aan te bring langs die toilet deurtjie waar die kasset in-en uitgehaal word.  Waterpype na die badkamer is byderhand en behoort maklik te koppel aan so 'n buitekraan.  Dit sal meebring dat warm/kouewater geredelik naby die skottelgoed-wasrak beskikbaar is.  Wat dink julle, is dit ;n "overkill" ?

Ek sal nou so 'n kraan met "huisie" moet soek voor ek soiets moet aanpak. (As Willem nog met ons was, het ek nou binne minute 'n paar webblad voorstelle van hom ontvang).

Op die foto hieronder, wil ek die kraan net regsbo die kasset-deur, bo die geelstreep aanbring. geelstreep.

.Hier is die plek waar die skottelgoedrak altyd staan.

.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/05/2023 - 14:10

...sukkel met so 'n modifikasie nie.

Ek is baie allergies om gate te maak in buitewand van 'n woonwa, veral waar hout ter sprake is.

Hoe werk jou kop, wil jy pype buite teen die wand monteer, of aan binnekant wat deurkom na 'n kraan kombinasie.

Dalk kan Lapskag en Nico goeie raad gee, wag so rukkie dan is Herman ook weer op die lug.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 15/05/2023 - 14:20

... ek is geneig om met Wessel saam te stem. Ons stelsel werk so:

Die skottelgoedrak staan buite die stoeptent, ten einde te voorkom dat water op die grondnet drup, hetsy wat per ongeluk gemors word of vanaf die droograk drup.

Ek het 'n paar jaar gelede 'n 20 liter Addis-emmer gekoop. Ek het 'n kraantjie aan die een kant (natuurlik laag ondertoe) ingesit en aan die teenoorgestelde kant 'n ketel-element. Ons tap water by ons naaste koue kraan en skakel die emmerketel aan as ons warm water benodig vir skottelgoed of wasgoed was in die Sputnik. Ons laat die emmerketel staan op 'n plastiektrappie (soos dié wat jy voor 'n karavaan se deur plaas). M.a.w. ons het 'n tuisgemaakte "urn" wat ons slegs aanskakel wanneer warm water benodig word.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 15/05/2023 - 15:31

So ‘n plastiek urn is goedkoop, maar sal nie my eerste keuse wees nie weens die plek wat dit vat. 
 

So draagbare element sal myns insiens beter werk saam met ‘n kleiner emmer. Daar is ook die soort wat mens sommer direk in jou wasbak kan sit, maar hulle is bietjie duurder. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 15/05/2023 - 15:49

..............afsterwe het my baie laat dink aan die bykomstighede wat hy op hul destydse Exclusive aangebring het.  Hulle kombuisie was agter die Exclusive onder 'n tent-afdakkie en ek is oortuig hy het daar so 'n buitekraan aangebring.  Willem se afsterwe het my nou weer daaraan laat dink. 

ChrisB, ons lê altyd 'n dubbel grondnet in die afdak of tent (groen grys op die foto) en die bietjie drup van skoongewasde skottelgoed het nog nie vir ons gepla nie.

Lyk vir my julle laaik nie dié idee nie.  Ek gaan nog 'n bietjie my gedagtes laat gaan.

Ns. Wessel nee, die pype sal aan die binnelant agter die toilet versteek en nie sigbaar wees nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/05/2023 - 16:39

...tot jy praktiese raad kry. 

Dis nie ons wat daarvan moet hou nie-----dis julle wat die gerief wil hê.

 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Mon, 15/05/2023 - 19:32

Ek persoonlik sal ook nie die panele sny nie, maar 'n pypie onderlangs kan dalk werk, maar kan te laag wees.  Ek dra ook maar warm water aan of gaan was in die opwas kamer. Sterkte met jou besluit Len, duidelik is jy vervelig en soek werk. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 16/05/2023 - 06:13

Afhangende hoe oord fasiliteite is, gebruik ons gewoonlik oor kort naweke hul fasiliteite of ek gaan haal warm water by sculery. As ons water wil warm maak by karavaan, maak ons gebruik van Minigeza. Ons het een van daai instant water heaters wat water warm maak as jy kraan oopdraai, maar het hom jare laas gebruik....te veel werk vir n kort wegbreek... moet tuinslang saam sleep, aan tafel gemonteer word, net die setup vat my meer tyd as kamp opslaan...maar vir langstaan sal dit seker handig wees

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 16/05/2023 - 06:29

Môre Len

Na aanleiding van jou vergelyk van geriewe en/of gebrek daaraan tussen pad-en boswaeens, moet ek darem die kans benut;

1] Die meeste boswaens met die buite kombuise het standaard warm en koue water buite by die wasbak. Party waens het selfs 2 wasbakke. 

2] Sommige boswaens is selfs deesdae toegerus met 'n mikrogolf ook. Dis nou die tipe wat darem grondpad kan beweeg tot by 'n 220V oordlaugh

3] Boswaens soos myne, bedoel vir rowwe paaie, het nie 'n ingeboude mikrogolf nie, en omdat myne meestal net op slaggat gevulde teerpaaie loop na oorde met 220V, ry ons maar 'n los ene saam. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 16/05/2023 - 06:42

Môre vriende

Dis lekker om eie water warm te kan maak, veral as mens jou eie badkamer in wa gebruik.

Warm water buite vir skottelgoed, is 'n bonus. By gewone oorde kan mens daarsonder klaarkom. Ons was ook maar meestal sommer by die wa, maar dan loop ek tog om dit by opwasplek te gaan weggooi. Al wat ek wen, is om nie te gaan warmwater haal nie.

Ek is oortuig dat boswaens se warmwater gerief gemotiveer was/is om warm te kan stort, waar geen ablusies beskikbaar is nie. Die herleiding na buite was 'n ekstra bonus.

0

Sterkte met jou beplanning Len. Ek was maar die skottelgoed by die oorde se fasiliteite. Al baie pêlle daar gemaak. Lekker gesels plek. Ek het in elk geval niks anders om te doen nie so ek geniet dit om te gaan skottelgoed was.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 16/05/2023 - 09:04

....ek gesels net so graag by die opwasplekke, maar soms vang Marie my uit. Dan moet ek potte skuur ooklaugh

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 16/05/2023 - 09:19

My denke stem saam..,..,,.............met Len oor die buitekraan. 

Sien dat ons nou vir 'n jaar gaan kamp en as die geelperske reën vir 14 dae neerkom sal die buite kraan lekker werk. 

Al verskil tussen Len en my idee is dat ons 'n afdakkie het vir die opwas( van Willem sin afgeloer). Die afdakkie kan ons voor of agter aan die karavaan inryg en dit hang af van hoe ons wa staan en waar daar plek daarvoor is.

Het al daarvan gedink om die pype wat van die geyser onder die wa na die badkamer is 'n T-stuk in te sit en pype na die voorkant en agterkant van die wa te installeer. Sal koppelstukke insit en kort stukke pyp wat maklik aan 'n kraan kan konekkteer. 

Moet dan net iets praktiseer wat die kraan aan ons opwasbak kan vassit. Dan die warm en koue pype aan die koppelstukke koppel en is nie gebonde aan waar ons die opwasbak wil gebruik nie. 

Met die nuwe sterk Surflo pomp wat ek installeer het behoort dit lekker te werk en dit gaan nie veel kos nie. Moet net die kraan met 12volt skakelaar iewers bedel 😂😂

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 16/05/2023 - 10:15

Daardie "lekker ou Jan" liedjie dra ek aan jou op Jan, net omdat ons eenders dink oor die buite-kraan !  En ook omdat julle ander ouens nie my idee laaik nie, motiveer dit my om daarmee voort te gaan. "Watch this space !"

Ek het reeds by RJC Caravan & Camping Supplies  in Pretoria 'n buitekraan-kwotasie gekry en wag net vir fotos om te sien of dit is wat ek ingedagte het.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 16/05/2023 - 10:29

Ek sal graag wil sien watse soort kraan of krane julle gaan gebruik. Ek oorweeg dit om my selfgeprakseerde mixer wat ek gemaak het toe die Kavango se buite wasbak kraan begin lek het te vervang. Die Kavango gebruik egter nie mikroskakelaars nie. Die pompie skakel self aan as mens ‘n kraan oopdraai. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 16/05/2023 - 11:11

Middag Jan

Hoewel jou afdakkie voor of agter kan inryg, gaan dit nie voor help vir skottelgoed was nie. Jy gaan tog nie wydsbeen oor die A-raam staan terwyl jy daar opwas nie.smiley

Voordat jy al die pypwerk aanpak na die voorkant, dink net aan die A-raam. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 16/05/2023 - 11:17

Middag Chris S

Ongelukkig reen dit in Brits, anders kon ek die wa oopgemaak het, 'n foto geneem het en vir jou gestuur het.

Onthou net dat die kraan baie vêr na die kante toe moet kan swaai, om oor die wasbak te kom. Myne kan dan ook plat geslaan word.  O gaats, dalk is ons uitlegte nie dieselfde nie. My wasbak sit links langs die stoofplate, wat voor die vrieskas is. Die droograk is aan die regterkant.  

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 16/05/2023 - 11:21

...aangesien jy nou rerig werk soek, en sommige se raad wil ignoreer, die volgende belangrike faktor;

Hoe lank en gereeld wil jy nog jou wa benut??

In Jan se geval maak dit sin, maar as jy nie SO baie gaan kampeer nie, wil jy rerig dit doen. 

Sulke veranderinge mag dalk jou herverkoop waarde en kanse benadeel.  

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 16/05/2023 - 11:38

Len is regtig verveeldlaugh In vandag se tye van beurtkrag sou ek ook (uit beginsel) nie 'n Urn gebruik nie, te veel energie gaan verlore. Gewone ketel doen mos die ding? Bedoelende nou hoeveel skottelgoed kan daar wees met twee pensioenarisse?devil Ons ketel doen al jare lank die ding....

0

Die maak van planne om jou wa vir jou eie gerief in te rig, is lekker. Ek dink ook baie aan wat ek wil verander of verbeter, maar dan begin ek wonder of dit 12v of 220 is en alle ander struikelblokke en dan los ek dit maar liewerste. Te bang ek neuk die besigheid op. Ek kyk maar hier wat julle slim manne maak. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus