Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -4 hours ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -5 hours ago

Mikrogolf sak

Brits
Submitted by Wessel Strydom on

Middag vriende

Ek is 'n onpraktiese en onhandige persoon, dus moet ek maar kamp bybehore laat maak vir my.

Ons het vir die mikrogolf wat saamry in die Kavango, onder die bed, 'n netjiese seilsak laat maak. Tot hede was dit maar in die oorspronklike boks tydens ritte. dit het net te styf gepas, en ons was bekommerd dat mettertyd die mikrogolf beskadig kan word.  Die sak is aan die binnekant gevoer, om verfwerk en venster te beskerm. Ek hoop die foto's toon dit duidelik.

sak 2

sak 1

 

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 15/05/2023 - 14:56

Baie netjies Wessel, jy laat my nou dink.

Ons mikrogolf is tans in 'n plastiek sal, so netjiese seil sak gaan mos baie beter werk, gaan jou "copy cat"

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 15/05/2023 - 15:08

Nice gemaak en sal handig wees as jy mikrogolf los vervoer 

Ons het Expo wat nie kombuis of mikrogolf in het nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/05/2023 - 15:19

Middag Geert

...dit reën? 

Ons ry nie baie luukshede saam nie, maar 'n elektriese ketel en mikrogolf bly in die Kavango. 

As dit nou rerig onweer is, soos wat Chris B hulle nou in KarooNP het, kan mens darem sop, pastei, kerrie en rys ontdooi in plaas van met braaiery te sukkel. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 15/05/2023 - 17:22

.... kerrie en rys? Jy? Ek dog jy't 'n renons in kerrie.

Daai sak lyk baie ougat. Gelukkig staan ons mikro vas op sy plek in die "ou lady". Dit word egter baie min gebruik - amper net om melk warm te maak en my vis se braaisousie aanmekaar te timmer.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 15/05/2023 - 17:43

Hoe gemaak as .....

Middag Geert

...dit reën

Ons maak tuis ook nooit kos in die mikrogolf nie. As dit reën braai ons onder gazebo, of prut pot onder voortent of maak jaffels. Om vleis te ontdooi gebruik ons bsk met warm water, doen dit tuis ook so....werk vir ons beter as microwave 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/05/2023 - 19:15

Naand Chris B

Korreksie, my kerrie en rys is eintlik 99.5% gewone maalvleis met rys. Ek hou nie daarvan sterk nie.

Die groot renons is eintlik knoffel!!! Dit moet nie eers naby 'n kombuis kom nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 15/05/2023 - 19:16

Mikrogolf maak vleis baie taai. Ons ontdooi vleis stadig deur dit vroeg al uit te haal en te lê.

My mikrogolf is al jare uit gehaal, ons maak geen kos in ons 40 jaar van kampering binne nie.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Mon, 15/05/2023 - 19:31

... jy laat my dink aan 'n ou kennis van my wat gesê het dat die Liewe Vader het tamaties geskep. Toe wou die duiwel Hom nadoen, maar kom toe by "green peppers" uit (waarmee ek 100% saamstem). En die Liewe Vader het uie geskep. Toe wou ou sekelstert Hom nadoen en kom by knoffel uit - waarmee ek natuurlik glad nie saamstem nie. 'n Ou knoffeltjie op sy tyd is darem donners lekker.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 15/05/2023 - 19:41

............mikrogolfoond-sak lyk na 'n puik produk en baie netjies.

Die voordele van 'n boswa teenoor 'n konvensionele karavaan is legio, veral wat betref jy kan gaan waar jy wil, iets wat ons teerpad-wa ouens natuurlik nie kan doen nie.  Maar boswa-ouens betaal 'n prys daarvoor deur vir sekere geriefies van afstand moet doen.  Ons mikrogolf en yskas (met lekker groot vrieshokkie) is binne-in die karavaan ingebou.  Ons het wel 'n losstaande 42 liter vrieskas wat saamgaan as ons twee weke of langer kamp, maar dié ry agterin doe P/F tot ons by ons uiteindelike bestemming aankom.  Net stoele en 'n tafel of wat is die enigste losgoed wat in die P/F saamry.  Wanneer ons oorslaap (4 keer as ons Wildtuin toe gaan) oornag ons altyd in ons eie dubbelbed in die wa en nooit in ander akkommodasie nie  -  dis nie nodig nie want alles is in die wa gereed.  Ons kombuisie in die wa word nie vir kook-doeleindes gebruik nie, kokery word altyd buite in die tent of onder die afdakkie gedoen.  Die kombuisie word wel hier en daar gebruik om gou iets te ete aanmekaar te slaan by oorslaap plekke en veral as weersomstandighede dit nie buite toelaat nie.  Die groot voordeel is, niks hoef in- en uitgedra te word nie, alles is in plek, gereed om gebruik te word.

Maar die prys wat ons ouens hiervoor betaal : ons kan net Tweerivieren in die Kgalagadi besoek en niks anders nie, Nambië en Botswana kan net op 'n beperkte basis besoek word en dan natuurlik alle blyplekke naby teerpaaie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus