Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Chris B Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Lekker Chris. Het dit geniet… Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -3 hours ago
Kom ek probeer nog een Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Proef Video - Elim Gasteplaas Keimoes Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Grabouw buitelug skou November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago

Wat doen jy sonder WiFi tydens beurtkrag ?

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Ek het by die huis 'n inverter wat onder andere ook my WiFi van krag voorsien tydens beurtkrag, maar nou met die kort-kort 4-ure onderbrekings probeer ek maar my inverter batterye spaar deur nie al die toerusting aan die inverter gekoppel te hou nie, veral tydens die lang krag-onderbrekings.

My VodafoneMobileWiFi dongel wat ek in die karavaan gebruik wanneer ons op vakansie is, kom nou sommer handig te pas.  Onder kontrak betaal ek R100pm vir hierdie WiFi-tjie, maar ons gebruik dit net tydens vakansies.  Ek het hierdie meneertjie nou ingespan tydens beurtkrag by die huis en, walla, probleem uitgesorteer sonder die hulp van die inverter !

Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 16/05/2023 - 22:00

Dit het baie gepla omrede ons soms WiFi nodig by huis het om te werk Len en toe sit ek 10kv solar systeem in en dit maak die krag wat so aan en af gaan meer draaglik

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 16/05/2023 - 22:26

Ons draadloos internet se router en extender is gekoppel aan die omsetter wat ook Salomien se rekenaars, al die ligte binne en buite die huis en ‘n paar ander muurproppe krag gee (onder andere die een waarby die Kavango ingeprop is). Ons vorige verskaffer se netwerk het egter doodgegaan wanneer dit beurtkrag is. Ons het dus eergister oorgeskakel na vesel, wat aan bly. 

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 17/05/2023 - 05:35

Ons het ook oorgeskakel na vesel, aangesien ek van die huis af werk. Soos julle bewus is, het ek ook oorgegaan na solar en het dus permanente krag in die huis.

Voor die solar installasie het ek gebruik gemaak van of MTN of Vodacom met die 3G dongels. Die probleem egter tydens beurtkrag was dat ons slegs vir 45m dvm MTN sein gehad het en darem 2 ure deur Vodacom.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Wed, 17/05/2023 - 10:29

Ons situasie is soortgelyk aan Hennie s'n. Solarstelsel, omsetter, battery en optiese vesel maak dat ons nie weet van tye sonder internet nie.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 17/05/2023 - 15:00

....'n slapie. 

Genadiglik is ons bevoorreg om slegs 4 ure 'n week op Maandagoggende sonder krag te wees. 

Dis 'n goeie tyd vir al die "sonder elektrisiteit" take, soos karre was, klere was, winkels besoek, dalk selfs bietjie graaf spit.

Laasgenoemde is baie beter vir die maagspiere as enige Gym-oefening. Marie het my belet om jongste sonder hemp fotos te plaas. laugh   

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 17/05/2023 - 16:30

Die wifi router en antenna hier het ń klein ups boksie met n 12v alarm battery in wat so uur hou.  Ek het n 105ah trekkerbattery in parallel gekoppel met die baterytjie en n 6 amp slimlaaier permanent aan. Die wifi is nie meer aan huiskrag vas nie, net op die battery.

Die gee ook krag vir die 12v  led ligte in die huis. Werk sonder sukkel al heel paar jaar.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus