Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -27 minutes ago
November brandstof prys November 2026 Geert -50 minutes ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -6 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -7 hours ago
Rona November 2026 Johann L -7 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -17 hours ago

Veiligste pad Louis Trichardt na Prieska

Levubu
Submitted by Nicolette on
Forums

Sal graag by die lede wil weet watter roete die vinnigste en veiligste sal wees om vanaf Louis Trichardt na Prieska alleen aan te pak. N1 of N12?

 

Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Wed, 14/06/2023 - 20:17

Hi Nicolette, ek persoonlik hou van die N1 route wat gereelde dorpe en ordentlike pit stop plekke het. Wat beveel tannie google aan, waar om te ry. Die N1 mag dalk net baie trokke op die pad hê. Ek is nie baie gretig om die N12 te ry nie, die dele tussen J'burg en Klerksdorp baie gery en ken nie die res nie. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 15/06/2023 - 09:05

Ons ry die N12 die afgelope twee jaar van Worcester af Kruger wildtuin toe, en gaan dit oor twee weke weer doen. Verlede jaar was dit net die deel deur Klerksdorp waar die pad nie in ‘n goeie toestand was nie. Daar was wel padwerke aan die gang, so dit mag nou beter wees. Ek sou net nie in Klerksdorp stop nie. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 16/06/2023 - 16:33

... (vanuit die suide) het ek geen probleme met die N12 nie. Van Prieska af sal julle seker (via Douglas) eers by Kimberley by die N12 aansluit. Dalk is die volgende kommentaar nie heeltemal objektief nie omrede ek die gedeelte van die N12 noord van Kimberley lanklaas gery het. Maar dorpe soos Bloemhof en Wolmaranstad se deurgang het veels te wense oorgelaat. En ek verpes dit om deur Klerksdorp en Potchefstroom te ry.

Die N8 tussen Kimberley en Bloemfontein is in 'n goeie toestand. Die N1 vanaf Bloemfontein dra swaar verkeer t.o.v. groot vragmotors, maar tog ry die pad gemaklik. Groot dele tot Kroonstad bied dubbelbane en gewoonlik is jy nie lank agter 'n vragmotor vasgekeer nie. En die gedeelte noord van Kroonstad ry gemaklik. Die N1 bied ook heelwat meer gerieflike en "veilige" stilhouplekke - bv Ultra City's, Engen 1 Stop's ens.

Ekself het lanklaas vanaf Polokwane na Louis Trichardt gery en ksn my nie daaroor uitlaat nie. Ek hou nie van die gedeelte suid van Johannesburg (vanwaar die N12 vanaf Potch aansluit) tot noord van die berg anderkant Pretoria nie. Hierdie plattelander is moeg gekonsentreer op hierdie gedeelte - nie bang om te verdwaal nie, maar die Gautengers ry soos maniakke en voel vere vir 'n Kapenaar met 'n karavaan agteraan.

Noord van Pretoria tot Polokwane ry die pad weer soos 'n droom. Hier swaai ek gewoonlik in die rigting van Tzaneen.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Fri, 16/06/2023 - 17:10

... ek sien nou-eers jy wil die pad andersom ry - vanaf Louis Trichardt na Prieska. Maar alles bly van toepassing wat ek hierbo genoem het.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus