Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.
Wanneer om vlieg kaartjies te koop
Ek probeer steeds vasstel wanneer die beste tyd is om jou vlieg kaartjies te koop. Altyd gedink om ver vooraf te koop, maar lyk nie so nie. Ons het byvoorbeeld paar maande terug gekyk op SAL na Durban in November...goedkoopste kaartjie was R1659. Laasmaand kon jy vir November kaartjies kry vir R720, tans kos dit R870.
Dieselfde voorbeeld sien ek op oom Len se draad. Hy maak melding van R5500 retoer volgende jaar, maar as mens nou op korter kennisgewing (oor 3 weke) , kan jy regkom vir minder as R3200.(soos per skermgreep foto).
Maar ander kere werk dit weer nie so nie. Ons het laasjaar pryse gesien wat nogal hoog is en gedink ins moet wag tot dit bietjie daal....maar toe nooit gebeur nie
Gister se erge hitte...
moes vir my iets gesê het. Vir eens is die weervoorspelling reg - die afgelope uur al reën dit heerlik hier. Ons is baie dankbaar en ek is seker ek kan die plantjies hoor handeklap.
Ons het streng waterbeperkings gehad (of het steeds) - geen tuin natmaak, geen karwas, plaveisel skoon spuit ens. met aanbevelings van 'n 2 minute stort, spoel toilette met stortwater, gebruik 1 koppie water om tande te borsel.....Watertekort is nie die probleem nie, maar die pomp kan nie voorsien in die waterverbruik agv. die hitte nie. Weet nie regtig wat die oplossing is nie - groter/sterker pomp? - maar dit is 'n munisipaliteit, en soos meeste ander, baaaie arm....
Rona
More Rona en ander, hier by ons was dit net so erg warm die afgelope paar dae, baie dankbaar ook vir so bietjie reen wat laat aand geval het, dit was maar min, maar darem is die tuin effe benat.
Die gras hier is op groot kolle dood verbrand van die hitte en ek kan nie gereeld tuin nat maak nie, hou maar net die plante in potte aan die lewe.
Die swembad verdamp ongeveer 1 duim 'n week (so dit is 25mm) en moet vol gehou word, of af geskakel word om te voorkom dat die pomp skade kry.
Maar, ons kla nie, die Here is in beheer.
Elektrisiteit
Die afgelope twee weke was ons ook onderskeidelik 4 dae en ook 2 dae sonder krag van eskom, hulle beskuldig die vibre mense wat krag kabels beskadig en die muslikepaliteit het eers 4 dae, en 'n week later 2 dae gevat om die eenvoudige kabel lasse te maak. Die verskoning ----- die gekwalifiseerde persoon moet van Johannesburg af kom🤣🤣🤣🤣
Nou weet ek hoe....
....om môre te stem.!!!!😁
Ek hoop nie die pryse is gekook om gunstige resultate op te tower nie. Dan gaan dit ons vang later.
Daai parrafien prys is rof, jammerte vir mense wat huishoudelik daarvan gebruik maak.
Wessel, hierdie is n…
Wessel, hierdie is n munisipale verkiesing !! Ek glo nie hulle het invloed op brandstofpryse nie 😇. Wel op die slaggate en water en sypaadjies en vullis verwydering en die salarisse van die amptenare en die straatveërs. Ek hoor ons dorp se besembende- salaris is 3 keer wat die staat vir plaaswerkers vereis.
BTW, sonder om met politiek weg te trek. Die Amerikaanse mid termyn verkiesing en die Israel uitkoms, het baie invloed op ons ou Landjie met als wat kan kruppel is. Behalwe die K@k praat politisie.
Herman...
... ek is bewus wat se verkiesing dit is.
Ek het die inset tong in die kies gemaak!!! Net soos T-hemde, rooi hoedjies en pap& sous uitgedeel word, om stemme te werf, mag 'n party dalk dink dat as die brandstofprys so effe afwaarts aangepas word, dit dalkies 'n paar stemme kan swaai.
Israel se Eerste minister het klaar die wind sleg van voor getref met uitslag. Ek wag in spanning om te verneem hoe kort Trompie se vlerkies geknip gaan word, en wat die impak daarvan op SA invoere, Oekraine- en Iran- oorlog gaan wees.
Impak op munisipaliteite ??? Ope vraag!!! dit gaan baie meer verg as net om die burgemeester te vervang, om beter dienslewering te verkry. Net soos in die provinsiale en nasionale regerings moet daar grootskaal skoongemaak word, om korrupsie, onbekwaamheid en wan/geen- bestuur uit te roei.
Kyk net die brommer-bollie situasie amper ooral wat riolering en besoedeling van damme, riviere en omgewing aangaan. Weinig rioolsuiwering en rou riool loop in strate, parke en riviere!!!.
Ek wonder of situasie by menige munisipaliteite nog te beredde is. Ek lig my laphoedjie vir persone wat lus het vir daai reddingsaksie, om raadslede en burgemeester te wil wees.
Stem heeltemal saam Wessel…
Stem heeltemal saam Wessel. Die infrastruktuur is so vervalle dat dit hopeloos voorkom.
Net gisteraand lees ek van waneer was die slegste tyd op aarde om n mens te wees. En dít is onstellend. Bv een is die " Dark ages" waarvan ons bolangs op laerskool geleer het. Verstopte riole en slaggate is n kleinigheid. Waneer hongersnood alledaags word, raak ou Neef beangsd.
Dalk stem almal nie saam my nie, maar ons ís BRICS. Brazillië. Rusland, China en SA. Dit sal ons nie kan verander nie. Terloops is dit ekonomies dalk beter . Op die stadium wil die VSA ons voorskryf... Al is ons krom en skeef, stem ek nie saam nie, en wie anders gee in onder sy druk??
Hy sien sy gaai in Iran, en bereik net mooi niks nie. Ou Bibi het hom om die bos gelei, en is ook nou op pad uit. Nee wat dan ry ek heel tevrede n Indiese bakkie, gebruik n Chinese sellfoon, en ons koop Iranese olie. Daaai tyd met die sanksies het SA Iranese olie gekoop. Laat mens dink waneer is wat reg.
Rusland sal tot bedaring kom, Ukraine kan nooit die stryd wen nie, bietjie grond prysgee, Putin n hero maak en die UN sal dit moet aanvaar. And they all lived happily ever after..






Goeie more Geert!
Gedink ek is die enigste wat nog wakker is. F1 pas klaar😁. Lekker dag vir jou.