Forums
More almal. Ek vertrou ek word toegelaat om hier te vra. Dit is nie kamp verwant, maar ons kan mos net vra en miskien gehelp word. Ons pak motorhuis reg en raak ontslae van onnodige goed. 1) Gereedskap dra kas vol ou beitels en gereedskap. N antieke handboor en vele meer. 2) Twee groot voorhammers met lang stele, n pik. 3) Antieke JONES handnaaimasjien met hout deksel, was my Ma sin. Ons is in Durbanville. Miskien weet julle van mense wat dit opkoop, mos maar sentimentele saak. Enige hulp sal waardeer word. Dankie




