Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -27 minutes ago
November brandstof prys November 2026 Geert -50 minutes ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -6 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -7 hours ago
Rona November 2026 Johann L -7 hours ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -17 hours ago

Karavaan sekuriteit

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader
Submitted by Len Loader on
Forums

Dis seker redelik bekend dat ek altyd spog oor die veiligheid in die kompleks waar ek woon  -  ek is dus nie juis bekommerd oor ons karavaan in sy eie motorhuis sonder 'n garagedeur, maar met hekke wat gesluit is.  My ervaring met diefstal uit ons karavaan is : (1) Toe ons in Pretoria gebly het, het ons Gypsey II karavaan in die motor-oprit gestaan terwyl ek besig was om 'n afdak vir hom te bou.  Een nag breek hulle 'n ruit en steel alle los items, insluitend al die beddegoed. (2) Jare later moes ek ons Exclusive hier in Brackenfell by 'n veilige stoorplek laat staan terwyl ons die karavaan motorhuis gebou het.  Wat 'n "inside job" moes gewees het, wikkel 'n dief 'n venster oop een steel wraggies ons spinternuwe Samsung mikrogolf-oond. Intussen het dit bekend geword dat daar sporadies kamptoerusting in ATKV Hartenbos en selfs binne-in die Kruger Wildtuin gesteel word. Gegewe hierdie inligting in my agterkop, het ek oor die jare heen (sonder om te oorreageer) die volgende gedoen :

  • Ons Exclusive moes 'n klompie jare gelede by vriende se huis geberg word terwyl ons met aanbouings besig was.  Ek was baie bekommerd oor inbrake omdat die huismense beide gewerk het en oor naweke by hulle vakansiehuis gekuier het.  Ek het toe 'n huisalarm-ogie in die wa gemonteer en dit gekoppel aan die huis se gewapende reaksie-eenheid.  Gelukkig het geen inbraak gebeur nie, maar dit het beslis gemoedsrus gegee.  Op Foto (1)  is dit die boonste ogie.
  • Wat die inbrake tydens vakansies betref, het ek 'n bewegingsensor in die wa gemonteer met 'n ingeboude alarm wat 'n groot lawaai maak.  Dit word aan- en af geskakel met 'n "remote". Op foto (1) is dit die ogie net bo die voltmeter.
  • Om die items in die tent of stoep-dak te beveilig, het ek 'n alarm-ogie bo teen die nok-tentpaal gemonteer wat eweneens deur 'n "remote" aan en af geskakel word. Foto (2). Ten einde nie mede-kampeerders te verontrief in geval van 'n valsalarm nie, laat ons gewoonlik die "remote" by bure wat wel tuis is.
  • Ons vrieskassie, oondjie, stoele en gasbottel word aan die karavaanwiel vasgeketting as ons iewers heen gery het. Foto (3)

Foto (1)

.

Foto (2)

.

Foto (3)

.

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 26/08/2023 - 14:02

.... gemaklik. Behalwe my dogter se armhorlosie wat by 'n "car wash" in Somerset-Wes uit my voertuig gesteel is en 'n inbraak by ons gastehuiskamer in De Aar, het ons nog nooit onder diefstal, hetsy by die huis of tydens kampering, deurgeloop nie. By die huis staan die "ou lady" in haar toegesluite garage met 'n alarm-ogie in die garage.

Wanneer ons net oornag by 'n oord, sluit ek maar alle toerusting in die bakkie toe. Maar jy sit my aan die dink Len.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 26/08/2023 - 16:56

In sekere oorde sluit ek ook alle duur goete met ketting vas. 

Met die dat my boswa helfte seil is, is ons ook bekommerd oor inbraak in die wa, maar in Sanparke voel ek altyd veilig. 

In party oorde sluit ek selfs my National luna se deksels toe, voordat iemand net kom selfhelp aan my vleise.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sat, 26/08/2023 - 18:13

Ons was nog baie gelukkig.

Maar Len het my nou ook aan die dink gesit en wat by Leentjiesklip gebeur het. Het dieselfde sensors met afstandbeheer soos Len sin jare teruggekoop maar nog nooit gebruik nie. 

Sal nou paraad word en ons sekuriteit aanpas. 

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Mon, 28/08/2023 - 18:56

So effe van die onderwerp af sorry.....Solank ons darm nie so deurloop as ons kamp nie. Die nuutste probleem die diefstal van lithuim batterye. Selfs `n battery kluis stuit diewe nie. So loop die solar panele ook weg selfs in die woonbuurte.

Ek het `n PIR in die wa wat aan die huis alarm gekoppel is as ons by die huis is en ook so klein draagbare alarm in die nok van die tent. Dit hou tot die ape weg so raas dit. Ek het destyds vir oom Arie ook een gegee (By Cnstantia) maar die tweede keer wat hy in die nag moes opstaan en vergeet het om die ding af te sit kry ek hom die een oggend op my my tafel buite die wa. Mis hom baie........

.

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 29/08/2023 - 09:48

...............waar gaan dit alles heen ?  Ek is daagliks dankbaar ons woon in 'n sekuriteitskompleks totdat die sekuriteitspersoneel (soos sommige polisielede) ook met skelms begin saamwerk.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus