Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -1 hour ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -1 hour ago
Rona November 2026 Johann L -1 hour ago
Gister se erge hitte... November 2026 Rona du Plessis -11 hours ago
Goeie Hout,... Cobb - Tips en idees Rona du Plessis -12 hours ago
Goeie hout... Cobb - Tips en idees Wessel Strydom -12 hours ago

Land Rover herstelwerk

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Herman, ek skep sommer hierdie nuwe gesprek, dan is alles mooi bymekaar. Ek dink almal sal graag ophoogte wil bly met jou nuwe herwinningsprojek. 'n Hoenderhok met 'n aircon klink net nie reg nie.

Nog 'n plek in Pretoria omgewing is;

Independent 4x4 telnr 012 548 1335

Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 21/11/2023 - 10:45

Dis die geneuk met ouer voertuie, veral die wat ingevoer is. Onthou hoe het oorle Willem gesukkel met sy Territory. Selfs vir my 2011 Everest kon ek nie die plaat kry wat die diesel tenk beskerm nie. Die Ranger van dieselfde jaartal s’n het nie gepas nie. As mens, soos ek, nie nuwe voertuie koop nie en die ou voertuie vir lank hou en gebruik, moet jy seker maak dis een waarvan die onderdele nog geredelik beskikbaar gaan wees. 
 

Ek is nie handelsmerk vas nie, maar soos julle weet is daar twee handelsmerke wat ek koop, en wissel die een waarvan daar ‘n meerderheid op ons erf staan af. Toyota was van Maart af voor omdat die Everest uitgeleen is. As ek die RAV verkoop kry gaan Ford weer in die meerderheid wees. Die laaste Toyota wat dan oorbly (Salomien se RunX is vervang met ‘n Fiesta net meer as ‘n jaar gelede) kan ek my nog nie indink dat ek sal kan verkoop nie. 
 

Sterkte met die LR Oom Neef. Gelukkig was hier darem baie van hulle op ons paaie oor die jare. Anders moet daar maar ‘n Lexus V8 enjin ingaan. Ek wonder waar kom al die Lexus V8 enjins wat mense in projekte gebruik vandaan. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 21/11/2023 - 11:46

Herman, as jy vanaf Wellington op die pad na Tulbagh ry, is daar 'n endjie buite Wellington aan die linkerkant van die pad 'n hele klompie ou Landy's en Landy-onderdele tekoop aangebied.  Ek weet ongelukkig nie wat die plek se naam is nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 21/11/2023 - 12:19

Dankie maters, Het 2 plekke opgespoor wat kan voorsien. Independant in Pta en British 4x4, ek dink ook in Pta. Nie te duur nie, so daar is hoop. Maar die oorbou gaan nie verniet wees nie, daar moet masjinering gebeur en parte en pakstukke gekoop word. Lyk my gaan hier by R30k+ draai, en dit is nie in November se begroting nie, ook nie in 2023 sin nie.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 21/11/2023 - 12:28

....gou die Nissan bakkie, dan is kontantvloei reg.

Wat se ander opsies het jy, gaan jy die stukkende LR so verkoop kry?? Wat anders kan jy koop vir ~ kR30, wat die werk kan doen??

Wat is die nostalgiese waarde van jou mooi Truimph, en ruil vir die LR?

Steek namiddig 'n lekker houtvuur aan, gooi 'n lekker glas rooiwyn en bedink die opsieslaugh

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Tue, 21/11/2023 - 12:52

Sterkte Herman ek ken daai gevoel al my kinders se pa verkoop jou Nissan 1400 hy al 30 jaar oud hy hetwink nie aircon nie en nie dit en dat maar ek love my 1400 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 21/11/2023 - 13:33

 Die Landy sal reg gemaak word en voortbeur, wat anders sal deug vir die werk wat dit doen. Verkoop aan n scrapyard gaan n klap in die gesig wees vir my  staatmaker. En dan moet ek n Land Cruiser bakkie gaan koop vir baie geld om dieselfde werk te doen. Hiluxe se eierstokke sal uitval met dieselfde werkslas.

Triumph is n jaar se toewyding en n stukkie van myself, wie sal dit tog waardeer. Moet maar staan en is mooi om na te kyk.

Die klein Nissan is te lekker om mee rond te rits, net effe ongemaklik, maar dan weer ry ek nie Wildtuin toe daarmee nie. En.., dit is Giepie se bakkie, hy sal nie toestemming gee nie.

Daar is darem so klein projekkie in die vooruitsig volgende jaar.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 21/11/2023 - 15:42

....nou dat jou silinderkop raas saam met die LR, kry my trokkie, of is dit ekke, sommer so 'n beswadering, dwarsklap, onder die rok in. laugh

Net ter inligting, daar is spesiale Hiluxe, gemik vir gebruik by oopgroefmyne. As paar duisend mynwerkers dit nie deur hulle blakers kan trek nie, kan dit dalk deug vir jou werk ook. O ja, daai bakkies is geneig om te kraak voor waar skokbrekers geheg word.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 22/11/2023 - 15:54

...het die bepeinsing met houtvuur en rooiwyn gehelp? 

Wanneer pak jy die LR se regmaak aan? Ek raai die parte is al oppad na jou toe.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Wed, 22/11/2023 - 17:16

Die afgelope 2 dae al aan die werk. Om die enjin uit te haal is n hengse klomp werk.  Als wat aan dit vasgebout is, die sogenammde ancillaries, moet afkom. Vanmiddag die " Bell housing" boute geskiet. Môre die block en tackle opstel vir uitlig.

Ek kon n enjinblok in Pta kry, slowstrike gaan môre loer, dan doen ek eft en dit is op pad. Die parte bestel kan eers gedoen word as die boor bekyk is, en of dit dalk uitgeboor word en dan oversize pistons moet kry. Selfde met silinderkop pakstuk. As die silinderkop geskimm moet word, bestel ek n dukker pakstuk. So dinge gebeur maar in ń volgorde Wessel.

Hopelik is ek voor einde Desember klaar. Ek is maar n stadige me- ken- niks- nie. 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 22/11/2023 - 19:15

Sterkte Herman, ek weer sommer as jy daar klaar is, loop daai trok weer soos 'n nuwe horlosie. 

Werk jy aan Hiluxe ook??laugh

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 23/11/2023 - 17:13

Enjin is uit, het maar gesukkel die ding is ń lomp en swaar besigheid.

Die nuwe, gebruikte enjinblok sal in volgende week arriveer.

Enjin

Enjin

Hierdie is 25 jaar gelede se tegnologie, en alhoewel dit nie elektronika het nie, is daar genoeg belde en pype en pulleys  om dit effe moeiliker te maak as die ou 4,1 Chev enjins.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 23/11/2023 - 19:31

Naand vriend, baie geluk jy laat loop daai kant. 

Wat steek jy onder die silwerseil weg, die Truimph??? Of het jy ook nog die BMW coupe wat jy geresroureer het.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 23/11/2023 - 20:12

Wat steek jy onder die silwerseil weg

Dalk stookgoed… 

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 30/11/2023 - 16:21

middag Herman

hoe vorder jy met die herstelwerk, en parte wassery. Ek aanvaar die enjinblok van Pretoria het al by jou aangekom. 

Hou ons ophoogte, dis goed om vir afwisseling van Land Rovers ook te lees, en nie net Rangers en kappies nie.laugh 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 01/12/2023 - 07:04

More, die enjinblok is op die stadium by koerier "hub" in George, sal seker vandag na Oudtshoorn verskeep word. Ja, die wassery gaan aan, jammer ek kan nie n foto plaas van die hoeveelheid stukkies wat afgehaal is nie. Ek het 3 rakke en n tafel vol.

Die werkswinkel handleiding het ek nou al voos gelees, was baie geintimideer deur die taak. Maar die selfvertroue raak nou goed. Gelukkig vir baie selfoon fotos, het maar n album gemaak. Belangrik om die volgorde van die spulletjie weer terugsit reg te doen. Van die boutjies en moertjies sit agter ander komponente.

Die geskatte onderdele lys vir die "transplant" is sowat  R16k. Blok was R7,5k Ingeneurswerk op sowat R15k beraam. Nou verstaan ek hoekom n vervangingsenjin tot by R70k gekwoteer is.

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 01/12/2023 - 09:16

Belangrik om die volgorde van die spulletjie weer terugsit reg te doen. Van die boutjies en moertjies sit agter ander komponente.

Sterkte met hierdie projek. My een vriend het 'n groot werkwinkel en bande besigheid. Hy sal bv. alle boudjies en skroewe bymekaar sit en merk binne sakkies. So weet hy ook dat dinge nie verlore en deurmekaar kan raak nie. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 01/12/2023 - 09:33

Maak ook so Hennie. in Ziplock sakkies en gemerk. Vir die bv Timing cover wat so 18 boudjies van verskillende lengtes het, teken ek op n stuk karton die buitelyn, en maak gaatjies vir die boutjies om in te druk, so gaan elkeen op sy regte plek terug.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 01/12/2023 - 10:33

Julle verstaan nie...die dikbril manne met die wit jasse wat voertuie ontwerp en bou sit doelbewus ekstra goed in. As daar niks na die aanmekaarsit oorbly nie is daar 'n hengse fout! Destyds as jong 2de jaar student my Datsun cripple S se enjin oorgedoen met die hulp van 'n Hayes manual. en die vriendelike onderdele winkel in Vanderbijlpark (Johann, jy onthou seker nog die destydse Park Spares?). Handvol ekstra skroewe, wasters en moere en "ander goed" oorgebly. Daarna elke keer as iets groot gedoen moes word het daar ook nog goed oorgebly. Duidelik was die goed bloot oorbodig en ekstra gewig. Toe ek die Datsun verkoop het met iets soos 240 000km op die klok was hy so lig dat hy seker die vinnigste cripple S in die land was! (en hy het steeds heeltemal reg geloop, eintlik net beter)laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus