Pas onder karavaan se bestaande jockey wiel. Wa trek baie maklik op sand en gruis.
Hy werk uitstekend…
Hy werk uitstekend..................................het so een en het hom al heelwat gebruik.
In los sand, modder en dik gras al gebruik. Die soliede staaf druk onder in die jockey wiel in en bestaande jockey wiel rus op die V-stuk. Baie stewig en maklik veral met die movers. Sonder hom met die sterk movers druk hy die een jockey wiel in die grond in. Het ook die drie wiel jockey maar die een is vir my sovêr die beste.
Jockey wheel
Dankie Jan. Hier is altyd leke wat 1ste kommentaar lewer. Die kanse dat jy daai jockey wheel gaan buig is 0%, tensy jy n leek is met n groot mond. HY WERK. !!@@@
Ai Wessel…
Ai Wessel................................................dat jy nou sommer so uitgehaal word oor jy jou ondervinding soos altyd met ons deel is nie mooi nie.
Moet jou nie steur aan dit nie want dit was heeltemal ongevraagd en hoort nie op die forum waar ons jou insette geniet nie.
Môre Wessel, stem saam met…
Môre Wessel, stem saam met Jan, uithaal was totaal onodig.
Daai Jockey helper op die Escape was verkeerd gekoppel. Die shaft moet heeltemal in die normale jockey pyp se gat op gaan, dan kan dit nie buig nie.
Is die forum nie juis om ondervinding te deel nie?
Jockey wheel helper
More, Wessel jammer, het dit nie so bedoel nie. Ek het 1 en weet wat hy kan doen. Daar is nie n manier dat hy kan buig nie, nie eers amper nie. Maar, ek se weer jammer.
Ek het ook so "helper" deur…
Ek het ook so "helper" deur Geert gekoop en nog nooit 'n probleem gehad.
Terugvoering
Ek het ook so "helper" deur Geert gekoop en nog nooit 'n probleem gehad.
Ek het al heelwat van hulle verkoop....nog nie swak terugvoering gekry nie. Verkope hoofsaaklik deesdae via verwysings van gelukkige kliente





Werk nie altyd nie
Middag Jeanne
Gedurende September het die mense langs ons in Kroon lodge so 'n helper gehad. Dit was eintlik 'n gesukkel, want as die koppeling van die bestaande neuswiel aan die ding nie stewig is nie, ontkoppel en buig die goet.
Dit is wat gebeur het toe ek hom help om hulle Jurgens Escape boswa met draai en stoot te rangeer tot waar hulle dit wou he. Dit was op 'n dun grond/gruis oppervlak, en nie eers op diep los sand nie. Dalk het die ou dit net verkeerd gekoppel.