Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -2 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -5 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -10 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -16 hours ago

Jockey Wheel Helper

Durbanville
Submitted by Jeanne Jones on

Pas onder karavaan se bestaande jockey wiel. Wa trek baie maklik op sand en gruis.R950

Brits

Wessel Strydom

Sat, 16/12/2023 - 16:01

Middag Jeanne

Gedurende September het die mense langs ons in Kroon lodge so 'n helper gehad. Dit was eintlik 'n gesukkel, want as die koppeling van die bestaande neuswiel aan die ding nie stewig is nie, ontkoppel en buig die goet.

Dit is wat gebeur het toe ek hom help om hulle Jurgens Escape boswa met draai en stoot te rangeer tot waar hulle dit wou he. Dit was op 'n dun grond/gruis oppervlak, en nie eers op diep los sand nie. Dalk het die ou dit net  verkeerd gekoppel. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sat, 16/12/2023 - 18:46

Hy werk uitstekend..................................het so een en het hom al heelwat gebruik. 

In los sand, modder en dik gras al gebruik. Die soliede staaf druk onder in die jockey wiel in en bestaande jockey wiel rus op die V-stuk. Baie stewig en maklik veral met die movers. Sonder hom met die sterk movers druk hy die een jockey wiel in die grond in. Het ook die drie wiel  jockey maar die een is vir my sovêr die beste. 

0
Durbanville

Jeanne Jones

Sat, 16/12/2023 - 19:05

Dankie Jan. Hier is altyd leke wat 1ste kommentaar lewer. Die kanse dat jy daai jockey wheel gaan buig is 0%, tensy jy n leek is met n groot mond. HY WERK. !!@@@

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 16/12/2023 - 20:10

....aangesien ek eerste reageer het op die inset, is ek dan die leek met die groot mond.

Ek sal in die toekoms my weerhou om wat ek ervaar het te deel, as ek nie die gesukkel gesien het nie, sou ek dit nie gedeel het nie. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 17/12/2023 - 05:25

Ai Wessel................................................dat jy nou sommer so uitgehaal word oor jy jou ondervinding soos altyd met ons deel is nie mooi nie. 

Moet jou nie steur aan dit nie want dit was heeltemal ongevraagd en hoort nie op die forum waar ons jou insette geniet nie. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 17/12/2023 - 06:02

Môre Wessel, stem saam met Jan, uithaal was totaal onodig.

Daai Jockey helper op die Escape was verkeerd gekoppel. Die shaft moet heeltemal in die normale jockey pyp se gat op gaan, dan kan dit nie buig nie.

Is die forum nie juis om ondervinding te deel nie?

0
Durbanville

Jeanne Jones

Sun, 17/12/2023 - 08:31

More, Wessel jammer, het dit nie so bedoel nie.  Ek het 1 en weet wat hy kan doen. Daar is nie n manier dat hy kan buig nie, nie eers amper nie. Maar, ek se weer jammer.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Sun, 17/12/2023 - 13:02

Ek het ook so "helper" deur Geert gekoop en nog nooit 'n probleem gehad.

Ek het al heelwat van hulle verkoop....nog nie swak terugvoering gekry nie. Verkope hoofsaaklik deesdae via verwysings van gelukkige kliente

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus