More almal, vertrou julle het n lekker Kersfees gehad. Ek vra raad asb. Waar in die Durbanville omgewing kan ek n opvoubare a frame laat opsit, wat ook die bedrading kan doen. Dankie
Jannne, kontak gerus..................
..................vir Pine Joubert by WC Caravan Fitment Centre, Okavango Park Business Centre, Brackenfell - 082 824 5126.
Help 'n bietjie : watse ding is 'n "opvoubare A-frame"
Ek sien...........
..............Pine-hulle is gesluit en open eers op 8 Januarie 2024.
A raam....
...om klein voertuig met veiligheid te sleep, soos agter 'n Motorhome aan.
Ek raai dat as mens dit wil bêre, kan die bene na mekaar toe vou.
Opvoubare a frame bly op…
Opvoubare a frame bly op voertuig wat gesleep word. Dit vou netjies op en amper nie sigbaar. Ek het dit by iemand gesien by Rondeberg, hy is n ingenieur. Wat lekker is die dong is nooit in jou pad nie. Baie sterk en stewig.
Rondeberg???
Middag Jeanne, dis die ene buite Clanwilliam, en hoe het jy die oord ervaar??
Wessel ons was nou al n paar…
Wessel ons was nou al n paar keer daar. Sal verseker weer gaan, veral lekker as ons gaan blomme kyk. Baie netjies en veilig. Nog n baie lekker plek wat ons ontdek het is die Blou Huis op Nieuwoudtville.
A-raam
Dit is wraggies netjies, en min moeite om te gebruik nadat dit gemonteer is.
Dalk moet jy onder die 4x4 gemeenskap voelers uitsteek, waar mens dit kan koop, of soek op internet.
Is die gedoente 'n rak-item, of was dit iemand wat dit self ontwerp en gebou het.??






Len...
Môre Len, help tog vir Jeanne om kontak te maak met jou spesialis woonwa tegnikus. Dalk kan hy help.