Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... November 2026 Wessel Strydom -28 minutes ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -2 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -7 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -12 hours ago
Elektrisiteit November 2026 Johann L -13 hours ago

November 2026

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 02/11/2026 - 00:32

Gedink ek is die enigste wat nog wakker is. F1 pas klaar😁. Lekker dag vir jou.

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 02/11/2026 - 00:44

Ek het nou nie F1 gekyk nie, my slaap patroon is maar deurmekaar...gebeur ongelukkig gereeld. 

Gedagtes hou my wakker soos: Hoekom maak hulle n pizza rond, dan sny hulle hom in driehoeke en pak hom dan in n vierkantige boks? (Grap net) 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Mon, 02/11/2026 - 01:08

Ek probeer steeds vasstel wanneer die beste tyd is om jou vlieg kaartjies te koop. Altyd gedink om ver vooraf te koop, maar lyk nie so nie. Ons het byvoorbeeld paar maande terug gekyk op SAL na Durban in November...goedkoopste kaartjie was R1659. Laasmaand kon jy vir November kaartjies kry vir R720, tans kos dit R870. 

Dieselfde voorbeeld sien ek op oom Len se draad. Hy maak melding van R5500 retoer volgende jaar, maar as mens nou op korter kennisgewing (oor 3 weke) , kan jy regkom vir minder as R3200.(soos per skermgreep foto). 

Maar ander kere werk dit weer nie so nie. Ons het laasjaar pryse gesien wat nogal hoog is en gedink ins moet wag tot dit bietjie daal....maar toe nooit gebeur nie

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 02/11/2026 - 20:46

moes vir my iets gesê het. Vir eens is die weervoorspelling reg - die afgelope uur al reën dit heerlik hier. Ons is baie dankbaar en ek is seker ek kan die plantjies hoor handeklap.

Ons het streng waterbeperkings gehad (of het steeds) - geen tuin natmaak, geen karwas, plaveisel skoon spuit ens. met aanbevelings van 'n 2 minute stort, spoel toilette met stortwater, gebruik 1 koppie water om tande te borsel.....Watertekort is nie die probleem nie, maar die pomp kan nie voorsien in die waterverbruik agv. die hitte nie. Weet nie regtig wat die oplossing is nie - groter/sterker pomp? - maar dit is 'n munisipaliteit, en soos meeste ander, baaaie arm....

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 03/11/2026 - 06:15

More Rona en ander, hier by ons was dit net so erg warm die afgelope paar dae, baie dankbaar ook vir so bietjie reen wat laat aand geval het, dit was maar min, maar darem is die tuin effe benat.

Die gras hier is op groot kolle dood verbrand van die hitte en ek kan nie gereeld tuin nat maak nie, hou maar net die plante in potte aan die lewe.

Die swembad verdamp ongeveer 1 duim 'n week (so dit is 25mm) en moet vol gehou word, of af geskakel word om te voorkom dat die pomp skade kry.

Maar, ons kla nie, die Here is in beheer.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 03/11/2026 - 06:24

Die afgelope twee weke was ons ook onderskeidelik 4 dae  en ook 2 dae sonder krag van eskom, hulle beskuldig die vibre mense wat krag  kabels beskadig en die muslikepaliteit het eers 4 dae, en 'n week later 2 dae gevat om die eenvoudige kabel lasse te maak. Die verskoning ----- die gekwalifiseerde persoon moet van Johannesburg af kom🤣🤣🤣🤣

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/11/2026 - 13:23

....om môre te stem.!!!!😁

Ek hoop nie die pryse is gekook om gunstige resultate op te tower nie. Dan gaan dit ons vang later.

Daai parrafien prys is rof, jammerte vir mense wat huishoudelik daarvan gebruik maak.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 03/11/2026 - 18:03

Wessel, hierdie is n munisipale verkiesing !! Ek glo nie hulle het invloed op brandstofpryse nie 😇. Wel op die slaggate en water en sypaadjies en vullis verwydering en die salarisse van die amptenare en die straatveërs.  Ek hoor ons dorp se  besembende- salaris is 3 keer wat die staat vir plaaswerkers vereis.

BTW, sonder om met politiek weg te trek. Die Amerikaanse mid termyn verkiesing en die Israel uitkoms, het baie invloed op ons ou Landjie met als wat kan kruppel is. Behalwe die K@k praat politisie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 03/11/2026 - 20:03

... ek is bewus wat se verkiesing dit is.

 Ek het die inset tong in die kies gemaak!!! Net soos T-hemde, rooi hoedjies en pap& sous uitgedeel word, om stemme te werf, mag 'n party dalk dink dat as die brandstofprys so effe afwaarts aangepas word, dit dalkies 'n paar stemme kan swaai. 

Israel se Eerste minister het klaar die wind sleg van voor getref met uitslag. Ek wag in spanning om te verneem hoe kort Trompie se vlerkies geknip gaan word, en wat die impak daarvan op SA invoere, Oekraine- en Iran- oorlog gaan wees.

Impak op munisipaliteite ??? Ope vraag!!! dit gaan baie meer verg as net om die burgemeester te vervang, om beter dienslewering te verkry. Net soos in die provinsiale en nasionale regerings moet daar grootskaal skoongemaak word, om korrupsie, onbekwaamheid en wan/geen- bestuur uit te roei. 

Kyk net die brommer-bollie situasie amper ooral wat riolering en besoedeling van damme, riviere en omgewing aangaan. Weinig rioolsuiwering en rou riool loop in strate, parke en riviere!!!.

Ek wonder of situasie by menige munisipaliteite nog te beredde is. Ek lig my laphoedjie vir persone wat lus het vir daai reddingsaksie, om raadslede en burgemeester te wil wees. 

 

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus