Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -2 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -5 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -10 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -16 hours ago

Swaaibeheer

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Middag Grootwind

Na aanleiding van jou en Wildehond se insette oor swaaibeheer, moet jy nou verduidelik.

Wanneer begin dit werk. Moet die bakkie eers begin swaai, en dit is daardie beweging wat die sensors registreer, wat dan die rekenaar, beheer laat uitoefen??

Ek het verlede jaar 'n erge swaai opgetel, so erg dat ek woonwa se sykante in elke buite spieël kon sien. Grompie het egter nie geswaai nie. Nou wonder ek net, sou die swaaibeheer in so 'n geval gewerk het.

Ek moet nou eers gaan kyk of Grompie ooit so 'n beheer het. 

Brits

Wessel Strydom

Wed, 27/12/2023 - 16:21

Ek het gou gaan lees in die boek wat alle modelle dek, maak dit baie moeilik. Grompie het 'n knoppie om die "voertuig stabiliteits beheer" af te skakel onder sekere omstandighede. Volgens die boek is die beheer van 'n swaaiende woonwa deel van daardie stelsel.

Nou die raad wat gegee word, om te volg as die waarskuliggie begin flits is bloot;

hou stuurwiel stewig vas, moenie remtrap nie, moenie probeer versnel nie, haal bloot voet van alle pedale af. Die beheer sal nodige remaksies uitvoer om swaai te stop. 

Dit laat steeds die vraag, hoe weet die stelsel dat die woonwa swaai, of nie?? 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 27/12/2023 - 17:54

Wessel, my kar het ook elektroniese swaai beheer in, MAAR, ek gebruik steeds 'n meganiese stabiliseerder.

My rede is - die elektroniese swaai beheer van alle voertuie is re-aktief, waar meganiese swaai beheerders pro-aktief is

Voorkoming is beter as genesig?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus