Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Stem heeltemal saam Wessel… November 2026 neef Herman -2 hours ago
Herman... November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Wessel, hierdie is n… November 2026 neef Herman -5 hours ago
Nou weet ek hoe.... November 2026 Wessel Strydom -10 hours ago
November brandstof prys November 2026 Geert -10 hours ago
Goeie more almal Cobb - Tips en idees Goeie Hout -16 hours ago

DIENS VAN WOONWA

Lyttelton
Submitted by Trev on
Forums

Ons het 'n Exclusive woonwa wat ons graag wil laat diens en 'n paar veranderinge laat aanbring.

Die diens sal insluit herseel, nagaan van wiellaers ens., terwyl die veranderinge aan die kombuiskas en installering van solar sisteem. 

Sal waardeer indien daar voorstelle is waar ons die woonwa heen kan neem waar bogenoemde gedoen kan word - ons is in Centurion, Gauteng, maar is bereid om dit te neem na diensverskaffer wat die beste diens sal lewer.

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Tue, 23/01/2024 - 20:13

...........ek kan ongelukkig nie help nie want ek sit in Kaapstad. Ek het ook 'n Exclusive en het net gister 'n kwotasie van 'n bekende karavaan-handelaar gekry om te herseël teen 'n koste van R3500 ! Ek glo hier is ander ouens wat 'n aanbeveling van 'n betroubare werkswinkel daar in jou omgewing kan maak.  Hou ons op hoogte asb.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 24/01/2024 - 05:32

...ek kan ook nie help nie.

Ek onthou vaagweg dat persone in die tydskrif "Caravan and Outdoor" adverteer wat woonwaens diens en verander, by jou huis.

Google ook"Outdoor Campers", dalk kan hulle jou help. Hulle is in buitewyke van Centurion, Rooihuiskraal se kant toe. 

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 24/01/2024 - 09:10

Sou Jaco v/d Berg aanbeveel, hy doen besigheid onder die naam Pta Oos Woonwa Kliniek (ptaooswoonwakliniek.co.za). Hy het 'n goed toegeruste werkswinkel by sy huis op 'n plot in Lynnwood Weg af. Hy werk baie netjies en is/was self 'n karavaan kampeerder so hy verstaan die besigheid baie goed. Sy kontak besonderhede is op sy web blad. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 24/01/2024 - 10:49

...............'n groot ondersteuner van Pretoria Oos Woonwakliniek.  Trouens Jaco het jare gelede my lugversorg op die stert van die Exclusive geïnstalleer  -  'n absolute puik installering !  'n Jaar of wat later het ek die vier wiele se laers by hom laat vervang, was Wildtuin toe en terug en Pine Joubert WC Caravan Fitment Centre hier in Brackenfell moes al vier laers weer vervang, hulle was gedaan. Wat my tydens hierdie oefening gepla het was dat Jaco of sy vrou het ek nie met 'n oog gesien nie. Net 'n Handlanger/werker het my ontvang en toe ek die wa later weer gaan haal, was net dieselfde handlanger/werker daar om my wa te oorhandig met 'n vooraf gedrukte faktuur van die koste.

Ek weet ook wyle Willem Brits (WilSur) was bitter ongelukkig met sekere werk aan sy Exclusive se waterstelsel wat deur Pta Oos Woonwakliniek gedoen is.

Dalk is my en wyle Willem se latere ervarings uitsonderlik, maar wees maar versigtig.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 24/01/2024 - 14:40

Jammer om van jou ervaring te hoor. Dis presies die teenoorgestelde van wat ek aanvaar het. Die ding met tuin ingenieurs wat laers vervang is sekerlik 'n groter probleem, verstaan veral by die sg. groter karavaan werkswinkels. Dink enigste manier om dit te bowe te kom is om aan te dring dat die eienaar/meester techie dit self doen (en dat goeie kwaliteit laers bv van Timken of SKF gebruik word (met bewys dat dit wel gedoen is) - ek loop wye draaie rondom (sover as moontlik) rondom Fong Kong laers en ander veiligheids kritieke onderdele. Om laers te diens/vervang is nie so einfach as wat baie mense dink nie en vereis darem bietjie tegniese insig. Jaco het my Fleetline se laers gediens (was nie nodig om te vervang nie) asook die dak se seil, wa geseël en 'n groter yskas ingesit...alles baie netjies gedoen. daarna het hy ook my perdeboks se laers en remme wat probleme gehad het uitgesorteer, ook met geen probleme daarna nie. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 24/01/2024 - 18:10

.............se werk geken.  Mag ek vra, wanneer laas het hy jou Fleetline en perdeboks by Jaco laat diens ?  Was hulle nog by hul ou perseel ?  Toe ek 5 jaar gelede laas daar laat werk het, het ek verneem hulle gaan na 'n ander perseel verhuis.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Wed, 24/01/2024 - 21:06

Het dit ook 'n klompie jare terug by hom laat doen, was seker sy ou plek (weet nie van 'n nuwe plek nie?), so 'n ent agter een of ander kwekery as ek reg onthou. Op daai stadium was dit nie eers nodig om die wa voor die tyd uit te pak nie, net daar waar hulle sou werk. Alles was veilig, met 'n paar Rottweilers ook wat daar rondgeloop het! Sedertdien doen ek meeste van my goed maar self maar ek moet seker die wa weer vir iemand soos Jaco neem om alles behoorlik deur te gaan

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 24/01/2024 - 22:39

.................of Pta-Oos Woonwakliniek na 'n ander perseel verhuis het.  Kyk rigtingaanwyser hieronder.  Die webblad is iewat verouderd en lyk vir my nie gereeld opgedateer nie.  Die goeie verwysings wat daarin vermeld word is 10/11 jaar oud.

Hoofkantoor :

Plot 67

Volstruis Grond Pad

Mooiplaats

Pretoria

 

Moet asb nie jou GPS volg of Pin drop nie. Dit vat jou op die verkeerde pad. Volg asb instruksies hier onder.

 

Van Lynnwood Rd/ Solomon Mahlangu Dr intersection na Pta Oos Woonwa Kliniek via M6 - Graham Rd.

1. Head southeast on M6 toward Boschkop Rd

2. Turn left onto Boschkop Rd at Bronberg Restaurant  toward Weiveld & Boschkop SAPS

3. Boschkop Rd/R631 turns slightly to the  right, passing Blu Light Fuels and Chavani

Civils

4. Go down the hill and turn left onto Tarentaal pad (before Boschkop SAPS)

5. Head northeast to the end of the gravel road. 30Kph. Beware of speed bumps.

6. Turn left onto Korhaan Rd

7. Head north on Korhaan Rd past the Climbing Barn

8. Turn right onto Volstruispad (which turns sharp right at the bottom of the hill)

9. Arrive at location: pta oos woonwa kliniek

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Thu, 25/01/2024 - 14:31

Daar weet ek ook weer iets! Daai aanwysings lyk asof Jaco se besigheid nou naby die plek is op Boschkop pad waar my dogter haar perd stal. Egter sleg as sulke belangrike inligting nie op hulle web blad opgedateer word nie...

0
Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Wed, 31/01/2024 - 19:30

Ek kan Seun Lange van Alberton/ Heidelberg Karavane aanbeveel.

Seun is 'n plat op die aarde man wat sy kliente op die hande dra

0822534830

0
Lyttelton

Trev

Tue, 12/03/2024 - 13:58

Dankie vir almal se insette en aanbevelings.

 

Ons het toe die karavaan by CaravanMan in Centurion laat diens - het so bietjie meer gekos, maar dit het die vervanging van die badkamer venster (my een seun het hom misgis met die wydte van die karavaan en die venster beskadig toe hy dit by die kleiner hek uitgesleep het), vervanging van wiellaers, vervanging van skokbreker by inloopremme, seel van karavaan en skoonmaak (valet) van karavaan.

So is nou reg vir ons paar dae by Klein Kariba - eerste kamp in omtrent 2 jaar - werk was weer oppad om in te meng, maar het hierdie keer vasgeskop en kamp gaan ons kamp. Dis maar erg om vir jouself te werk want wanneer die geleentheid hom voordoen om brood op die tafel te sit dan skeep mens maar jouself af.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 12/03/2024 - 14:20

Ek is bly julle het die wa gediens gekry en besluit om deur te druk vir die wegbreek. Mens kan nie net werk nie. 
 

Het julle toe nie die sonkrag stelsel laat installeer nie? Dit moet seker ‘n paar Mandela’s kos om dit te retrofit op ‘n wa wat nie daarmee uitgekom het nie. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 12/03/2024 - 16:33

...indien jy wel 'n sonkragstelsel oorweeg, ek kan Pieter Barnard aanbeveel. Google hom gerus onder PBEproductsof Pieter Barnard Enterprises, hy werk van sy huis af, in buitewyke van Wierda Park, in rigting van Swartkops resiesbaan. Woonbuurt naby/oorkant groot Mercedes Benz kompleks.  

Hy het vir my Kavango 'n stelsel ingesit wat soos 'n droom werk tot hede.

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 12/03/2024 - 16:46

ek kan Pieter Barnard aanbeveel

Is dit die bekende Brommer?

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 12/03/2024 - 16:49

.....sal nie weet nie. Ken nie daardie bynaam nie. Ek weet wel dat die Pieter BAIE goeie werk doen.  Hy het ook 'n seun wat saam met hom in die besigheid is.

Hy het selfs 'n Saterdagoggend na my huis gekom, bloot om 'n klein verandering te kom maak. Dit was letterlik om ventilasie gate te kom maak sodat kas met batterye, beheerstelsel en omsetter koeler kan werk. 

0
Lyttelton

Trev

Tue, 12/03/2024 - 20:05

@Wildehont - Die plan was inderdaad om sonkragstelsel te laat installeer; MAAR, intussen is ons deur Victron aangestel as "resellers" en ook om self sonkrag installasies te doen in voertuie en bote.

Dus het ons besluit om self 'n stelsel vir ons karavaan te ontwerp wat ons sal installeer sodra ons van ons kamp by Klein Kariba terug is.  Die idee is om hierdie installasie 'n advertensie te maak van wat ons kan doen.

Sal ook die ander veranderinge later doen - my lus vir kamp was so groot dat ek die veranderinge eerder later sal doen.  Ons gaan van Vrydag af tot volgende Dinsdag bietjie Klein-Kariba toe

 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 13/03/2024 - 09:04

Kamp n hond uit n bos ja dit kos geld maar die karavan is gediens mooi loop

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Wed, 13/03/2024 - 10:09

Dus het ons besluit om self 'n stelsel vir ons karavaan te ontwerp wat ons sal installeer sodra ons van ons kamp by Klein Kariba terug is.  Die idee is om hierdie installasie 'n advertensie te maak van wat ons kan doen.

Dis ‘n slim plan. Deel asb die besonderhede hier nadat dit afgehandel is. Dit sal interessant wees om te weet wat moontlik is en wat dit min of meer kos. 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus