Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hoedspruit lughawe??? November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Klaserie lughawe - Neef Herman November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Voolie en Piet.... November 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Wonderlik Voortrekker. Mag… November 2026 neef Herman -3 hours ago
Klaserie? Len gaan weer Kruger Wildtuin… neef Herman -3 hours ago
32,5 °C is vir ons heel… November 2026 neef Herman -4 hours ago

Bubbles binnekant van karavaan muur

Brackenfell
Submitted by belindag on
Forums

Ons SP Tourer 2020 model het skielik bubbles op muurpapier. Dit is nie by 'n venster nie en daar is geen teken van water lek nie. Kan iemand raad gee asseblef.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 05/02/2024 - 08:42

Môre Belinda [?]

Ek vermoed dat die plakpapier besig is om los te kom. Staan die wa met die kant waar papier loskom, dalk in die son??

Dit kan 'n moeitevolle taak wees om reg te maak. Jy sal versigtig die papier moet afhaal, sonder skeur, nuwe/korrekte gom smeer en moontlik met "heat gun" warm maak en oorplak.  

0
Brackenfell

belindag

Mon, 05/02/2024 - 08:54

Hi Wessel

Dit wat jy nou sê maak 100% sin. Die karavaan staan onder 'n afdak maar daai kant vang namiddag son en die kraaie het gegaap in die Kaap die afgelope 2 maande.

Ons sal maar die kundiges moet inbring.

Groete

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Mon, 05/02/2024 - 09:26

Ons '95 Fleetline L het plek-plek sulke klein areas waar die plakpapier effe bubbles maak. Dis al jare lank so (lyk eintlik eerder asof dit rimpels maak). Ek het vrede daarmee gemaak...Daai plakpapier gaan, dink ek, nie sonder groter skade afkom nie. Iemand op die forum het op 'n stadium gesê dat hy die plakpapier heeltemal verwyder het en die binnekant geverf het...gelukkig is ek deesdae "oud" en het ook plek-plek rimpels, so ek en die Fleetline pas bymekaar! 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 05/02/2024 - 14:42

Ek sou my ook nie te veel steer aan daai lug bubbles nie, dit gaan net 'n klomp geld kos en dit is tien teen een presies soos Wessel sê.

Jy kan egter, as jy regtug wil, dit sommer met 'n haar droër op middel hitte blaas en terselfde tyd met 'n sagte lap na die naaste kant vryf. Moet net nie die haar droër te naby die plak papier hou nie.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 05/02/2024 - 15:16

Het nog nie so iets gesien nie, maar ek kan dink dat die bubble die papier effe "gerek"het. My plan sal wees, eers erens vir n toets. Nie die bubble reg voor die deur nie, om met n skerp lemmetjie n netjiese reguit snytjie te maak, lengte deur die blasie Dit behoort dan te kan plat druk. As die ou gom nie wil klou nie, so klein druppeltjie superglue by die gleufie in. Baie klein druppeltjie. Voorspoed.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 05/02/2024 - 16:30

so klein druppeltjie superglue by die gleufie in. Baie klein druppeltjie.

Ek het verlede jaar een van die kinders se speelgoed geplak met superglue. Toe te veel gom uit die buisie loop plak ek my vingers per ongeluk aan mekaar vas en moes dit los sny. 

0
Brackenfell

belindag

Tue, 06/02/2024 - 07:56

Baie dankie julle almal. Ek waardeer julle insette.

Ek het besluit om dit te laat vervang deur 'n kenner want dit sal my altyd pla en omdat die karavaan nog nie oud is nie.

My volgende vraag is waar begin ek soek vir iemand wat dit kan doen in die Wes Kaap? As iemand tog weet asseblief.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 06/02/2024 - 08:11

Goeie môre Belinda, hoop Len lees hier raak.

Daar is iemand in Kaapstad wat glo uitstaande werk doen, as ek reg onthou is dit Pine Joubert, Len laat doen heelwat werk by hom?

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 06/02/2024 - 08:14

Jeanne se antwoord oo 'n ander gesprekslyn.

Daar is n nuwe karavaan fitment sentrum in Brackenfell. Hulle doen seile ook. Eienaar is Pine 0828245126. Probeer hom

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 06/02/2024 - 09:35

Is daar enigsins nog enige padwa handelaars en agente in julle omgewing.??

Ek weet van Cara Camp in Somerset Wes/Strand [?]. Daar is etlike boswa-handelaars, maar hulle sal dalk ook nie met plakpapier kan/wil werk nie.  

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 06/02/2024 - 10:20

Wees versigtig, die muurpapier is gewoonlik op panele, wat van dun laaghout gemaak is, geplak. Die panele skuif in sulke metaalstroke in om 'n muur wat uit 'n paar panele bestaan te pas. Dit beteken dat 'n deel van die muurpapier op elke paneel se rant area in die metaalstroke sit wat dit bykans onmoontlik maak om ten volle te verwyder. Dis nou as Belinda se wa se binnekant soos die normale Jurgens modelle is...Sal later 'n foto neem om te wys.

0

Ek sou 'n kenner daarna laat kyk. My Jurgens Elegance het sulke kluin "bubbles" aan die binnekant van die dak gemaak. Dit was toe hout frot onder die plak papier. Moes die hele dak vervang.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 06/02/2024 - 11:42

Ek sien ek het vroeër op verkeerde gesprekslyn geantwoord. Probeer vir James by Cara-Camp in Somerset-Wes. Hulle het al wonderlike werk vir my gedoen. O.a. plakwerk nadat die "Ou Lady" houtvrot in die neus gehad het. Al twee yskaste professioneel ingebou ens. Hulle werkswinkelbestuurder (Kobus) is op die "ball". Skakel James by 021 - 852 8215.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus