Gert Kamp se blad op Facebook.
Ek het bietjie gaan rond krap en pryse vergelyk en hy kom goedkoopste uit op baie produkte
Edit - ek laai sommer sy katalogus ook
| Attachment | Size |
|---|---|
| Gert Kamp Katalogus | 3.89 MB |
Ek het iewers 'n artikel…
Ek het iewers 'n artikel gesien waar hulle noem dat Al-Co gaan toemaak. Dit gaan 'n groot gatslag wees.
My karavaan onderstel-man,.............
................Pine Joubert het ook aan my bevestig Al-Co onttrek uit Suid-Afrika. Hy het my gerus gestel om nie bekommerd te wees nie, sou ek 'n probleem hê sal hy altyd 'n plan maak.
As Al-Ko onttrek gaan dit…
As Al-Ko onttrek gaan dit waarskynlik in die medium termyn groot probleme veroorsaak vir diegene wie se woonwaens die Al-Ko rubber suspensie het, dink alle (meeste) Jurgens/CI waens gebruik die. Om so 'n as te laat herbou vereis spesialis toerusting en kennis...of andersins is 'n nuwe as mens se voorland, tot die bestaande voorraad op is? Nog 'n woonwa gemors aan die kom?
Al-ko maak toe
My vriend wat by Diesel-Electric werk het dit sopas bevestig.
"And another one bites the…
"And another one bites the dust" Mpy'e onttrek slegs as hulle nie meer veel besigheid in 'n land sien nie Ek het in laat 1990's 'n mpy met hoofkantoor in Muenchen se SA tak hier aan die gang help kry (gevorderde sagteware ontwikkeling). Na sowat 18 maande het hulle boedel oorgegee...rede wat gegee was is dat SA altyd die Rolls-Royce produk wil hê maar verwag om dit teen 'n VW Kewer prys te kry...kon nie juis met hulle verskil nie!
Gelukkig het ek…
Gelukkig het ek................................................my Classique se Alko as verlede jaar vervang.
Behoort my te oorleef.
Goeie diens by hulle gekry.
Boswaens ????
Dis 'n gemors as Alko onttrek.
Dink gisteraand daaraan, mens se waens moet eenvoudig wees, sodat elke tweede handige Herman
dit kan regmaak.
Dis nou gedagtig ook aan my eie gesukkel met Echo se unieke onafhanklike veerstelsel en suspensie. Dit help baie dat myne opgradeer is, MAAR dis steeds omtrent net Echo wat kan verstellings maak.
Ek vermoed dat geen boswa van Alko se suspensie gebruik maak nie.





Dankie Stephan..........
...............dis handig om bewus te wees van 'n verskaffer omdat die twee groot karavaan-handelaars hier in Kaapstad gesluit is, ten spyte daarvan dat Gert Kamp in Vereeniging is.