Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman, Len Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -2 hours ago
Wanneer om vlieg kaartjies te koop November 2026 Geert -7 hours ago
Môre Rona November 2026 Geert -8 hours ago
Goeie more Geert! November 2026 Rona du Plessis -8 hours ago
Wessel November 2026 Geert -8 hours ago
Hoedspruit November 2026 Geert -8 hours ago

Afdakkies en tente katoeters

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Rona, na aanleiding van jou vraag op Len se gesprek, begin ek die ene.

Julle moet rondkyk op google, daar is 'n menigte "awning"produkte beskikbaar. ek vermoed dat Fiamma produkte baie duur is. 

Kan julle nie 'n reguit geut bokant die deur vassit nie? Dan laat maak jy 'n seil met sy koord. wat daarin ryg. Of jy kry die tentsak soos op my Kavango gemonteer. Dit hang permanent in plek, en jy rol net kant tentdak/seil daaruit/in.

soek by Thule, LA-sport ensovoorts

Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 23/03/2024 - 15:37

Jou voorstel van 'n geut (ek het dit 'n gleuf genoem, maar geut is 'n beter beskrywing) bokant die deur was presies wat ek gedink het om te doen nadat ek Len se afdakkie gesien het. Dit was aand, so het ek eers vanoggend weer die bussie gestaan en bekyk.

Bokant die deur is 'n baie smal strokie wat deel is van die dak - seker omtrent 5cm breed. As die strokie maar reguit was, was dit bietjie minder van 'n probleem - dit is egter gerond om die dak te vorm. Nou gaan hierdie idee ongelukkig nie werk niesad

Die enigste ander opsie lyk nou na bo-op die dak, wat nie vir my sin maak nie - dit is baie hoog en ek sal 'n leertjie moet saamry net om die seil te kan inryg. Verder loop die dak ook skuins af van voor na agter. Die seiltjie sal dan nie presies horisontaal wees nie en ek dink dit gaan nie goed lyk nie.

Ek het al Fiamma se awnings bekyk. Dit werk perfek vir 'n motor home met regop kante en 'n laer deur, maar nie vir my geronde huisie nie. 

Op die oomblik is ek nog 'n bietjie hand-in die-hare oor hierdie saak. Tyd sal seker leerlaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 23/03/2024 - 16:30

...kyk na die awings op internet. As julle berging van motorhome dit toelaat, is 'n awning die beste opsie. Baie woonwaens kom nou ook sommer eerder daarmee uit.

Dit word sodanig geheg dat dit so effe hoër is as die dak van bussie en/of woonwa. Die voordeel is dat mens van hulle kry wat 270 grade of dan soos 'n L-vorm die sykant sowel as voor en agterkant dek.

Die gefoeter is dat dit dalk net skadu gaan gee, maar nie reen dig nie. Ek vermoed julle wil reen dig wees. 

Moontlik kan Harry en Jeanne wat ook ryhuise het, raad gee.

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 23/03/2024 - 16:41

Rona, kyk vir lekker na Bundutec se produkte. Dalk kan hulle raad gee, en selfs iets voorstel vir julle ryhuis. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 23/03/2024 - 19:43

Indien ek korrek onthou van my Jurgens dae, kan die geut/gleuf wel gevorm word. Die Jurgense se hooftent dak word mos omrent van links onder tot regs onder ingetrek. Dan word die 2 sypanele aan die hooftent se smal stroke vas gerits.

Ek is seker dat 'n goeie woonwa plek vir julle 'n gleuf sal kan vorm/buig om te pas by die ryhuis se ronding.

 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 23/03/2024 - 22:52

vir jou raad. Ek dink steeds dat hierdie die oplossing kan wees. Met diè dat die dak skuins afloop na agter kan 'n mens moontlik hier so 'n bietjie spasie "steel" om die dakkie reguiter te maak en dit sal nie so ooglopend wees as wanneer iets bo-op die dak aangebring is nie.

Sal gaan loer of ek 'n karavaanplek in Middelburg of dan Nelspruit kan opspoor wat kan help.

Dit maak dit darem baie makliker indien iemand 'n mens kan help dink aan 'n oplossing vir 'n probleem - dankie vir jou tyd.

 

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 24/03/2024 - 07:15

..saak is reg, ek gebruik tog nooit my eie raad nie.laugh

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 30/03/2024 - 08:18

...môre.

Ek het die nare gewoonte om my neus in ander mense se ryhuise en afdakkies te steek. 

ryhuis

 

Na aanleiding van die foto, en Herman se inset op Chris S se DWS gesprek, wonder ek sommer;

1] mens sal mooi moet besin oor die gebruik van die ryhuis. Wil mens lank, meer as week, stilstaan op 'n plek. Of wil mens beweeglik wees met ryhuis.

2] wil mens 'n ekstra voertuig agter aan sleep vir beweeglikheid of nie.

Indien fokus val op beweeglikheid, sonder onkoste van nog 'n voertuig, is 'n sytent/afdakkie/awning dalk 'n goeie idee. Dit hoef nie noodwendig waterdig te sluit nie. Daarmee saam 'n lekker groot gazebo, met sykante. Die gazebo dien as kombuis/eetplek ens en die ryhuis kan ter eniger tyd gebruik word, terwyl gazebo sommer staanplek reserveer. 

Lekker kopkrap. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 30/03/2024 - 10:07

As ek my stukkie kan bysit. Ons het baie jare soos die Syncro gekamp. Dit was toe ons doelwit is om baie plekke te besoek in ń vakansie. Meestal rowwe paaie.  Langste is 2 dae op ń plek, dan weer beweeg.  10 minute van stop tot dop, en tien minute vir pak en ry. 

Met die bly jy aan die beweeg, en bekyk en beloer elke dag iets nuut. Slaap op ń nuwe plek. So lank staan is nie die plan nie. See vakansie, Wildtuin, Badplaas is karavaan vakansies. 

Motorhomes glo ek is ook om gedurig kamp te skuif na nuwe omgewing waar opslaan en afpak nie gereeld beplan word nie.

Motorhome met n karretjie agterna, is seker die gemaklikste metode vir kamp en toer. Minste moeite, meeste beweeglikheid. Kan lekker werk vir seniors wat die lewe gemaklik wil vat, en aan die beweeg wil bly. Nie Tshipise vir 3 maande nie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 30/03/2024 - 15:26

Wessel. wanneer die afdakkie eendag daar is, is jy welkom om jou neus daar te kom indruk,,,,vars gemaalde koffie is heeldag op die spyskaart (rooibostee ook as jy willaugh)

Hierdie afdak gaan nie dadelik gebeur nie - ek wil nie nou die aandag van die bouery aflei nie. Ek moet ook eers self die storie goed deurdink  - by die tyd dat ek vir Daan vra om te help moet ek met 'n  goed beplande, doenbare skets vorendag kom. Ek het egter die afdakkie gesien wat Len gemaak het vir die neuswiel van sy karavaan en besluit dat dit die trant is waarop myne gemaak moet word - niks minder, niks meer.

Die eerste vakansie met my bussie was gedurende Nov. '22 toe ons vir die hele maand deur die Kruger wildtuin getoer het - suid in, noord uit. Hy het presies voldoen aan al die vereistes waarvoor ek beplan het. Daar was wel die een aand en volgende dag dat dit gereën het in Skukuza waar ons gekamp het.  'n Afdak oor die deur is 'n noodsaaklikheid.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 30/03/2024 - 16:25

Penta
Die pyltjie wys waar die c-rail vas geheg is.

Rambling Boy, dit is my Penta se naam, het ek ook wat ek noem C-Rail voor en agterop aangebring. Voor vir dieselfde rede as Len, en agter vir die opwas dakkie vir beskerming teen son en reen. Het 'n spesiaal gemaakte reis kombers laat maak vir die doel.

Dit werk baie goed en jy moet net "waxed foam rubber" tussen die C-rail en die voertuig sit, dit gee 'n waterdigte "laag", jy koop dit by Midas of kampeer winkels.

Die c-rail kan gebuig word, maar jy moet weet hoe anders knak die gleuf en jy gaan die seil nie deur geryg kry nie.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 30/03/2024 - 19:31

Die C-Rail waarvan jy praat lyk ook baie netjies. Ek is net nie seker of so iets moontlik bietjie te breed is vir die spasie wat ek het nie - maks. 5 cm (50mm)? Daarom dink ek steeds aan die tipe geut waarvan Wessel praat.

Ek maak 'n nota van die "waxed foam rubber" wat jy hier bo noem - klink vir my na presesies die "las" wat nodig is vir waterdigting.

En nou moet jy asb. vir my verduidelik wat 'n reis kombers is? Geeen idee nieblush  

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 30/03/2024 - 21:50

Ek weet nou ook wat julle al lankal weetlaugh  - gegoogle en gekry (travel blanket)

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus