Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -7 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -17 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -18 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -19 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -19 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -19 hours ago

Morgansbay

Bloemfontein
Submitted by OOM JEEP on
Forums

Wie het al by Morgansbay in die ooskaap gekamp. Dis +-80 kilos noord van Oos London.

Baie lekker rustig.

Paar fotos.

MorgansBay

Secunda

Sleep nou

Fri, 19/05/2017 - 07:43

Dankie viirie deel en mooi fotos soos Anton vra hoe lyk die veiligheid ens

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Fri, 19/05/2017 - 09:18

Veiligheid.... ons het al n paar keer daar gekamp en nooit onveilig gevoel nie. Dit is nietemin oop om in te kom vanaf hotel kant. Ek dink dis betreklik veilig.

Staanplekke. ....Jy kan soos ons eerste keer langs die meer kamp sonder koelte of onder denne bome om die draai aan see kant... nie teenaan see nie. Of in die middel onder bome maar dans dit nie teenaan water nie.

Binne seisoen in desember is staanplekke moeilik bekombaar. Gewoonlik vol geboek. Andersins moet jy maar bel en bespreek.

Weet nie wie eet krap nie. Maar daars sulke moewiese krappe in die meer. Groot soos bord.  Vang hom met n lemoensak opgevrommel met aas binne. Sy pote raak verstregel in die sak . Nie vir my nie, het gesien my buurman daar het n klomp gevang. Wou nie verder kyk nie, te grillig vir dit.

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Fri, 19/05/2017 - 09:28

Ablusies relatief skoon. Biki aan ou kant. Drinkwater... beter om gekoopte water saam te neem.... ons doen dit maar oral.. vir drinkdoeleindes.

Staanplekke is ook taamlik gelyk.

Baie stil plek. Hotel met restourant... baie oky. 

Ons het vir n outing oos london toe gery vir inkopies maar in die omgewing is baie klein winkeltjies vir die nodigste ,,, soos hout. Naby aan keimouth wat meer winkels het. Daar kan jy oor die rivier gaan met n pont. Kar en al.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus