Forums
Vroulief het ‘n trukamera vir die karavaan gekoop want die een wat ons huidiglik op het werk op netwerk sein (Wi-Fi) - die een wat sy gekoop het moet iewers krag vandaan kry terwyl die Wi-Fi een met sonkrag werk - die rede hoekom ek dit gekoop het.
Maar nou ja, soms moet mens seker maar maak asof jy saamstem - so nou moet ek ‘n manier kry om draad van die nommerplaat liggie na die kamera, wat hoog bo geinstalleer gaan word te kry.
My vraag: kan die draad van bo af na die nommerplaat lig in die binnekant van die bak gaan; dws is die bakwerk double skin sodat as ek gat bo agter die kamera boor dan kan die draad aan die binnekant afgaan?





Trev weet nie …
Trev weet nie of die draad van bo af nie in die bak kan afgaan nie.
Op my Classique het ek die kamera net bokant die nommerplaat liggie geinstalleer. Het die chevron plaat onder se klinknaels uitgeboor en toe die skroewe onder wat die veselglas bak vashou losgeskroef. Die nommerplaat lig se draad is daar in. Kon toe my hand daar inkry en kamera se sein draad en kragdraad van onder af deurtrek. Bak vasgemaak en chevronplaat weer vasgesit met klinknaels.
Miskien moet jy eers die bak onder losmaak en daar inloer van onder af of daar nie enige opstruksie in die pad is nie.
My indruk is dat daardie hele agterste veselglasbak nie in die middel vas is nie maar slegs aan die kante en bo en onder maar is nie 100% seker nie.