As alles volgens plan verloop, skop ons 4-maande vakansie oor 2 weke af. Ons reisplan lyk as volg:
5 - 14 April: ATKV Hartenbos
15 - 21 April: Karoo Nasionale Park
22 April: Forever Gariep
23 April: Weltevrede, Parys
24 April - 3 Mei: ATKV Klein-Kariba
4 Mei - Malelane-kamp, Krugerwildtuin
5 Mei - 1 Junie: Krokodilbrug, Krugerwildtuin
2 Junie: Orpen, Krugerwildtuin
3 Junie - 3 Augustus: ATKV Eiland Spa
4 Augustus: ATKV Klein-Kariba
Die res van die beplanning terug huistoe moet nog gefinaliseer word, maar sal waarskynlik weer Weltevrede, Gariep en Karoo Nas Park insluit.
Ek het gister die Hilux by 4x4 Mega World in Somerset-Wes gehad vir die stofdigting en uitgly-laai vir die Snomaster. Op die oog af lyk dit of hulle 'n baie netjiese werk gedoen het. Ek het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om my voorraad Joey's boerewors en patties te gaan koop. Dit is gou by die huis in porsies vakuumverpak.
Ek het ook gou by Cara-Camp aangegaan om die Thetford chemikalieë vir die Porta Potti aan te vul. Ek moet genoeg saamneem vir die 4 maande. Teen 60 ml elke 5de dag behoort ek sowat 1.5 liter te benodig.
Vandag sal voortgegaan word om alle items wat onnodig in die karavaan is uit te haal. Ons het die "gawe" om onnodige goed (wat dalk gebruik kan word, maar nooit nie) saam te karwei.
Wat ‘n lekker toerprogram
Ek kan nie wag om af te tree nie.
Geel baadjie
Ai, dit klink soos iets uit 'n storieboek. Met alles wat al in plek is weet ek net nie hoe mens nog twee weke moet omkry nie - miskien so 'n paar dae voor aan die program byvoeg?
Ek glo maar ...
... aan hierdie produk vir my Porta Potti. Dit kos aansienlik duurder as ander produkte, maar ek kon nog nie 'n ander vind wat by Thetford kan kers vashou nie.
Ek het ook gister vir my hierdie "spare" gekoop, na aanleiding van wat ek gelees het op CPC se forum van ouens s'n wat gebreek het. Ek wil maar eerder voorbereid wees indien myne (wat al jare aankom), die gees sou gee.
Geel baadjie
Jip Rona, die geel baadjie is aan. Alhowel dit vir my 40 days is dan vertrek ons ook. Ek sal Chris B sien in Krokodilbrug.
Chris het jy jou eiei vacuum masjien. Werk hy goed.
Sien eersdaags.
Geel baadjie
Jip Rona, die geel baadjie is aan. Alhowel dit vir my 40 days is dan vertrek ons ook. Ek sal Chris B sien in Krokodilbrug.
Chris het jy jou eie vacuum masjien. Werk hy goed.
Sien eersdaags.
Chris
Ek is baie skuldig hier en moet my soms forseer om die "dalk gebruik word gadgets" by huis te los.
Geniet Chris B
Goeie Hout ...
... ja, ek het een van daardie "vacuum" masjientjies wat Verimark verkoop. Dit is reeds my tweede een - die eerste een het vir baie jare gehou. Ek vind dat dit werk uitstekend. Jy kan egter slegs die plastiekrolle, wat ook deur Verimark verkoop word, gebruik - en dit is nogal duur. Maar ek verkies om my wors vakuum te verpak omdat ek gewoonlik in grootmaat aankoop en gevind het dat vakuumverpakte wors proe soos die vars produk. Ek verpak ook my hoender so. Steak koop ek slegs vooraf vakuumverpakte vleis. Lam en vark verpak ek net in gewone vriessakkies en vis draai ek in "cling wrap" toe.
Daar gaan natuurlik enkele Henties-kabeljoutjies saam en my mooi groot galjoen wat ek gevang het sal al die dag voor ons vertrek gevlek en gesout word om die eerste aand by Hartenbos saam met my ou Tzaneen-vriend te braai.
Dit wat gister gedoen is.
Chris B
Daaiglyraam vir kas lyk baie netjies en gerieflik.
Ek aanvaar dit kan maklik oorgeplaas word na 'n ander trokkie, dis nou as die sirkus Hilux nou die blaker laat jeuk.
Glyraam
Chris B. Dit is netjies.
Voorbereiding
Ons sal vandag voortgaan om die karavaan te ontrommel van al die onnodige dinge wat nou-al vir jare saamry. Een van Ralie se redenasies waarom sy verkies om met die 1993 Caravette 6B voort te gaan, is die feit dat dit sóveel meer pakplek het as nuwer karavane van soortgelyke grootte. Juis daarom ry ons 'n klomp onnodige items saam.
'n Paar kassies is al bygedam, maar die res moet vandag gedoen word. My vrou het niks met die neuskas te doen nie - ek is self verantwoordelik vir die onordelikheid wat daar heers. Maar daar moet ook dringend aandag aan geskenk word.
Met die "dinette" se kussings wat onlangs splinternuut en netjies oorgedoen is, het die "government" gereken dit is ook nodig om nuwe beddegoed te kry. Sheet Street het dus Donderdag nogal 'n duik in my bankrekening geslaan.
Hierdie 2 weke wat nog voorlê voordat ons haak gaan té stadig verbygaan. Ek is so opgewonde soos 'n klein kind in afwagting op Kersvader.
Onnodige goete
By my is dit 'n oormaat penne. Ek het 'n klomp nr 7's, maar mos oorgeslaan na Maxcon penne. Dink jy ek kan daai nr 7's by die huis los, aikona. Ek moet net gaan sit en tel hoeveel het ek ekstra nodig vir stormtoue, en origes tuis los.
Tel ekstra gasbottel, gasbraaier, graaf, noodgeval pale as onnodige goete??
Onnodige goete
Mense ek sukkel net so. Navogator is nogal goed om goed by huis te los.
Ek het byvoorbeeld net 6 penne ingepak in sak vir rally. En dan 5 ekstra klein tent penne vir kante.
Chris , die neuskas is ook my domein en het n lekker lig ingesit indien daar in die aand iets gesoek moet word.
Wat doen julle om seker te maak die Jockey Wiel bly bo en sak nie per ongeluk na onder gedurende die sleep. Sal raad waardeer.
jockey wiel
Ek haal die onderste (wiel) gedeelte af - nie altyd gemaklik nie, maar nadat die treiler se jockey wiel so paar jaar gelede by Verkeerdevlei Plaza afgesak het, is ek maar versigtig wat dit betref.
Ook al my sleepvoertuie se trekstang is redelik laag en met die wiel op, kap dit wanneer ons deur dips of oor hoë spoedhobbels gaan.
jockey wiel
Dankie Trev.
Voggies en vleis
Die "government" is baie kieskeurig as dit kom by haar voorkeur Bolandse voggies. Gelukkig is sy baie lig daarop - hoogstens een glasie per aand. Daarom het ek 'n goeie voorraad BC Bachanté vanoggend gaan aankoop (36 bottels) wat haar hopelik vir die vier maande sal hou. Ekself drink sommer enigiets - van vuil olie tot lou-warm "pee". Nee darem nie! Dit is 'n uitdrukking wat my seun gebruik vir 'n persoon wat 'n gewoonlik meer drink as normale mense. Ek is lief vir 'n Sauvignon Blanc, Chenin Blanc en Colombar as dit by witwyn kom - maar dit koop ek sommer enige plek. Ek verkies Arabella se Merlot wanneer ek rooiwyn drink, maar met mammie se voorraad wat móét saamgaan, is daar nie nog plek in die Hilux vir myne nie. Dus sal ek maar my Merlot koop waar ek kan.
Ek het ook 'n paar pakkies van Delico se Hoender-skilpadjies en Valley Kreef gekoop vir die saamvat - sowel as Spar se Chicken Espetadas. Wors en lam is reeds aangekoop en verpak. Steak koop ek daarbo in die noorder-wêreld wat meer erkende beesvleis-omgewing is.
Dinge begin stadigaan in plek val.
Lekker Chris. Dit gaan 'n…
Lekker Chris.
Dit gaan 'n lekker lang vakansie wees.
Hier vind vandag ...
... 'n grootskaalse beskuitbakkery plaas. Die "government" kan nie soggens die "opstart" as sy nie 'n stukkie beskuit saam met haar oggendkoffie kry nie. Dit is maar selde dat ekself beskuit sal eet.
Ek is die aanmaker van die deeg en plaas dit in die panne. Maar die bak- en uitdroogproses los ek by haar.
40 Pakkies gevriesde vakuumverpakte Joey's boerewors is vanoggend oorgeplaas na die Snomaster, sowel as Joey's se "beef-" en gerookte vark "patties". Die 4 kabeljoue moet nog styf toegedraai word in "Glad Wrap" om te verhoed dat dit vriesbrand kry. Ek kan ongelukkig nie meer saamneem nie. Ek sal dus maar my vislus in toom moet hou.
Varknektjops, "pork rashers" en hoenderporsies is ook vanoggend aangekoop en vakuumverpak. Die inpakproses (in die vrieskaste) lê nog voor volgens spyskaart-volgorde. Ons sal eers die karavaan se vrieskas "leeg eet" voor ons by die Snomaster se inhoud kom. Uiteraard sal ek genoodsaak wees om later, tydens die 4-maande trip, verdere vleis aan te koop.
Aag, dit is lekker om baie tyd te hê om al die voorbereiding te doen. Nog 11 slapies voor die die groot tog begin.
Voorbereidings
Chris, ek verlees my aan julle voorbereidings (soos ook dié wat Len en ander in die verlede gedeel het), spesifiek wanneer dit kom by ete-beplannings. Veral vleis wat vir dertig dae (of meer) aangekoop is en dan in volgorde van laaste- tot eerste-gebruik ingepak word. Ai, ek is nie ongedissiplineerd nie (of so het ek nog altyd gedink) maar besef dat ek baie het om te leer as ek teen die einde van so 'n toer nie vir die laaste tien dae net hoendervleis wil eet nie
Geniet die bak en brou!
Dit lyk of ons ...
... in Komatipoort ons eerste vleisprodukte (met die uitsondering van wors) sal moet aanvul. My karavaan se vrieskas, sowel as die Snomaster, is volgepak. Ons behoort so halfpad met ons tyd in Krokodilbrug met ons vleisvoorraad uit te kom. Komatipoort het gelukkig 'n baie netjiese Superspar waar ons in die verlede al inkopies gedoen het. Ek sal dus aankope doen om ons deur die res van die tyd in die wildtuin te dra - waarskynlik tot aan die einde van die eerste week by Eiland Spa. Dan sal ek groter inkopies in Tzaneen gaan doen. Hopelik kry ek weer so 'n lekker lam by Food Lovers soos 4 jaar gelede.
Môre trek ek die wa uit sy garage ten einde by die kamptoerusting (wat 4 jaar gelede laas by Eiland Spa gebruik is) van die rakke af te haak en af te stof.
Heng - ek raak al hoe meer opgewonde.