As alles volgens plan verloop, skop ons 4-maande vakansie oor 2 weke af. Ons reisplan lyk as volg:
5 - 14 April: ATKV Hartenbos
15 - 21 April: Karoo Nasionale Park
22 April: Forever Gariep
23 April: Weltevrede, Parys
24 April - 3 Mei: ATKV Klein-Kariba
4 Mei - Malelane-kamp, Krugerwildtuin
5 Mei - 1 Junie: Krokodilbrug, Krugerwildtuin
2 Junie: Orpen, Krugerwildtuin
3 Junie - 3 Augustus: ATKV Eiland Spa
4 Augustus: ATKV Klein-Kariba
Die res van die beplanning terug huistoe moet nog gefinaliseer word, maar sal waarskynlik weer Weltevrede, Gariep en Karoo Nas Park insluit.
Ek het gister die Hilux by 4x4 Mega World in Somerset-Wes gehad vir die stofdigting en uitgly-laai vir die Snomaster. Op die oog af lyk dit of hulle 'n baie netjiese werk gedoen het. Ek het sommer van die geleentheid gebruik gemaak om my voorraad Joey's boerewors en patties te gaan koop. Dit is gou by die huis in porsies vakuumverpak.
Ek het ook gou by Cara-Camp aangegaan om die Thetford chemikalieë vir die Porta Potti aan te vul. Ek moet genoeg saamneem vir die 4 maande. Teen 60 ml elke 5de dag behoort ek sowat 1.5 liter te benodig.
Vandag sal voortgegaan word om alle items wat onnodig in die karavaan is uit te haal. Ons het die "gawe" om onnodige goed (wat dalk gebruik kan word, maar nooit nie) saam te karwei.
Grootwind...
...ek sal mos nooit dit waag wetende dat jy, Herman en wie nog insette proffesioneel "check" vir korrektheid nie![]()
![]()
Hennie....
...en ek moet ander sleepvoertuig aanskaf, die paleis erens in stoor-garage gaan bêre. Nee wat mater, dan eerder 'n Gecko, en ek kan grondpad sleep.![]()
...en ek moet ander…
...en ek moet ander sleepvoertuig aanskaf
So lekker Raptor en dan kan Gecko baie maklik sleep.
Woorde ontbreek my ...
... om die ware prag van die Karoo-veld in die park te beskryf. Ek kan nie eens probeer nie.
Ons kom al sedert 1990 baie gereeld hiernatoe. Ek reken ek oordryf geensins as ek skat dat ons baie na-aan 100 besoeke hier gehad het. Baie daarvan was vir 'n enkele aand se oorbly, maar baie ander was vir langer tydperke - selfs so lank as 3 weke. Maar nog nooit het ons die veld só mooi gesien nie.
Ons het net korter as 4 en 'n half-uur gery aan die 50km van die Potlekkertjie Loop. Ons het stadig gery om die mooi volledig "in te drink". Die vlakte-gedeelte wat jy eerste kry, as jy die Loop kloksgewys ry, is 'n belewenis. Ons het nog nooit só baie wild daar gekry nie. Dit was verblydend om vir die eerste keer in jare redelike mooi troppe springbokke te sien. Bergkwaggas was volop. Twee mooi troppe elande het die rit pragtig afgerond. Maar die hoogtepunt was 'n swart "spook" - reeds die 5de "sighting" van hierdie raar ouens wat ons in dié park gehad het. Die vuilbaarde het ons egter ontbreek. Heelwat koedoes (o.a. mooi bulle), rooihartbeeste, gemsbokke, vaalribbokke, 'n enkele steenbokrammetjie, klipspringers, bobbejane en volstruise het dit een van die beste wildbesigtigingsritte gemaak wat ons ooit in dié park gehad het.
Ons 4- maande toer
Ek weet.nie wat van my vorige plasing geword het nie so ek plaas maar weer. Ek het net gewonder wat ons vriend van Kleinmond se begroting vir uiteet is, want dit lyk of dit naby my petrol uitgawes gaan wees. Hy moet genoeg oorhou dat hy ons in die Spur in Kamatipoort kan onthaal met sy verjaarsdag! Mense ek was gou vinnig in Hermanus in en het vinniger huistoe gery. Nou sluit ek my toe. Die verkeer lyk soos in Johannesburg
Groen Karoo
Dit reën darem lekker die laaste paar jaar. Om te dink dit was al veronderstel om weer droogte te wees. Die kort siklus is 7 jaar, en 2017/18 was dit die Day Zero skrikbewind. Geniet julle kuier in die Karoo. Hoe klop die pomp nou, soos ‘n Lister?
Komatipoort Spur?
Maurits - Is daar ooit 'n Spur in Komatipoort? Dit is mos nie juis 'n groot "stad" nie. Nee jong, ek werk maar so hier en daar 'n af-aand in. Ons "swop" egter nou vanaand se beplande uiteet in die park-restaurant met Maandagaand - ons laaste aand (dan's ons klaar opgepak vir Dinsdag se trek Gariepdam toe waar daar 'n Tocānița de Cartoff op die spyskaart is vir die aand).
Wildehont - die wekker mis so hier en daar 'n "beat" en soms wil hy bietjie weghardloop, maar ons vertrou maar die ou sal hou.
Vinger monitor ???
Ons het by apteek so 'n klein katoeter gekoop. Die dingetjie meet hartklop en suurstof inhoud. Omtrent die grootte van 'n Match box karretjie.
Is jy getaak om hartklop te meet die maand, en rekord te hou??
Spur
Nee mense asb. Los vir Chris B.
As ons af ,toer. (kom van Kruger NP) dan verjaar ekke 20/05. Ons is op coolsberg. En daar is gereel dat ons getrakteer word op n lekker Sondag ete, boud vleis, geel rys met rosyne en soet patat en gebraaide aartappels met brood peoding. Gebraaide aartapples is my "downfaul".
Ok. More is ons verlosser se dag, so ek is stil.
Mooi naweek vir almal.
Ek word ...
... 71 op 4 Mei - die dag wat ek van Klein-Kariba af Malelane-kamp toe ry. M.a.w. ek is nog met my verjaarsdag in die wildtuin. Ek dink dit sal die 4de keer wees wat ek in die wildtuin verjaar. Die eerste keer was 'n klompie jare gelede in Krokodilbrug en 2 keer daarna in Punda Maris. Ek het ook eenkeer in Nossob verjaar.
18 April
Wat die weer aanbetref, is dit 'n droomdag in die Karoo. Sonskyn, geen wind en 24°C.
Na 'n oggend van lekker laat in die kooi lê, was ons verplig om gou medikasie by Clicks te gaan afhaal. En sedertdien doen ek waarin ek baie goed is - niksdoen. Nee, ek lees darem 'n lekker boek en luister na die mooi voëlgesang.
Diegene wat bekend is met die Potlekkertjie Loop weet seker waar die gruisdammetjie is. As ek reg onthou noem Neef dit die Bobbejaandam??? Nietemin, ek het nog nooit water in dié dam gesien nie. Tans is dit tjok en blok vol - 'n prag-gesig in die Karoo.


Dam aan Lammertjie leegte kant
Ek neem aan die dorps[?] dam is dan ook tot bo vol, of nie.
Vriende is tans in Skukuza, die veld is ruig, al wat 'n kat is loop glo in die paaie. Behalwe vir die 4 leeus wat ontsnap het, is almal glo in die paaie![]()
Ek sal ook graag 'n slag 'n luiperd en jagluiperd van naby wil sien.
Bobbejaandam
Waar ons aan die naam kom. Op ń besoek aan die Park, ook na redelike goeie reen, het die dammetjie nog enkeldiep water in gehad. Die dele wat onder water was, was grasgroen van opslag en het baie besoekers gekry. Heelwat ou groot skilpaaie wat so halflyf in die water staan, ander wat lekker vreet aan die groenigheid.
ń Trop trop bobbejane, wat vroeg daar aangekom het, het ons baie vermaak met hulle mannewales . Op hulle agterpote probeer deurhardloop net om kop onder dir water neer te slaan. Ander het mekaar " ge-dunk" soos skoolseuns in ń swembad doen met mekaar. Vir ure daar gesit en vergaap aan die klomp burgers van die berge. Dit was die hoogtepunt van die besoek.
Ek glo stellig dat daar nog ń plassie watersal wees oor twee weke.
Lekker kuier Chris. Ons gaan eet gereeld in die Salt and Pepper restaurant. Die Saddle of Lamb het ek jare laas op due spyskaart gesien. Dit was ń wenner.
19 April
Ek kan nie onthou wanneer ek laas tot 08:30 in die oggend geslaap het nie. Ek praat nie van sommer net "inlê" nie - ek bedoel slaap. Klink my ek begin nou lekker ontspan. En waar kan jy lekkerder ontspan as in die Karoo Nas Park.
Dit wil voorkom of ons vandag 'n warmer dag gaan beleef. YR voorspel 26° en Die Burger gee 29° aan.
Gisteraand se lamstjops en Joey's boerewors het vorentoe gesmaak. Vanaand is dit weer tyd vir 'n bietjie groente met gebraaide hoender op die spyskaart.

Ons sal seker bietjie later weer 'n korterige draaitjie gaan ry. Hopelik kry ons 'n vuilbaard.
Bulkraal
Ons het laatoggend sommer net die Lammertjiesleegte-roete gaan ry. Behalwe vir baie bergkwaggas, het ons weinig ander wild gesien. Maar die pragtige groen veld van die Karoo is iets besonders om te sien.
Ons het gou by Bulkraal piekniekplek gaan inloer. Dit word gewoonlik oor naweke deur die plaaslike bevolking gebruik. Armond het gister egter genoem dat die Paasnaweek te ver van die einde van die maand af is. Naweke na "pay day" is dit bedrywig. Vandag was dit doodstil - slegs die bure wat op 3 staanplekke langs ons kamp (3 pare met 7 kinders) het hul kleingoed daarnatoe geneem om in die sprankelskoon swembad te gaan swem.


Met die opskrif " Bulkraal",…
Met die opskrif " Bulkraal", het ek onwillekeurig gedink hier kom Chris uitpak oor die locals wat dit menige naweek gebruik vir drink, braai en kraai. Rym nogal lekker.
Het julle die Vlakvarkies gekry wat daar bly. Ons het verlede keer 3 gekry, so een van die dae is daar mooi klompie. Blykbaar het die varkies nou verblyfreg gekry onder dieselfde beskerming as wat besetters geniet. ![]()
20 April
Nog 'n pragdag in die Karoo - sonskyn, bykans windstil en 20°C.
Ons het laatoggend tot by die Rooivalle gery. En die Klipspringerpas het weer sy kant gebring met 7 klipspringers in totaal. In een geval het ons nogal interessante interaksie tussen 'n klipspringer-paartjie en 'n vaalribbok-ooi gesien. Dit was nogal vreemd om 'n vaalribbok-ooi op haar eie te sien, want gewoonlik is hulle in klein groepies gelei deur 'n ram. Ramme word soms alleen gesien. Hierdie ooi het gelyk of sy die geselskap van die klipspringer-paartjie opsoek, maar laasgenoemdes was nie gediend daarmee nie. Hulle hardloop weg, gaan staan stil - en dan volg die ribbok hulle. Wanneer die ribbok by hulle kom, hardloop hulle weer verder - met die ribbok wat weer volg. Ons het na hulle gekyk totdat hulle uit sig verdwyn het.
Terug onderaan die voet van die pas het ons afgedraai en tot by die Klipdam gery. Ek noem dit die Klipdam omdat dit met klip gebou is - in 'n agthoek-vorm. Dit was waarskynlik 'n suiping in die dae toe dit nog 'n skaapplaas was. Maar die stewig-geboude dam dien vandag nog as suiping vir die park se wild. 'n Krip is reg rondom die dam gebou. Die water word deesdae m.b.v. 'n solarpomp uit die boorgat onttrek.

Ek probeer om foto's te neem van die lieflike groen veld, maar ek is maar 'n swak fotograaf met my selfoonkamera. Die foto's gee nie weer hoe die veld werklik lyk nie. Nogtans probeer ek met die volgende paar foto's.



En nou wag daar 'n lekker middagslapie.






"het jy nou gedink ek suig…
"het jy nou gedink ek suig wetenskaplike feite uit my duim,". Met kern fisici wat rooiwyn drink en boonop vannie Kaap is, weet mens nooit nie, mens moet maar "op-check" dat hulle sg. "feite" wetenskap fundamenteel korrek is en nie dalk "biased" is nie!