Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -4 hours ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -5 hours ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -6 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -7 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -7 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -7 hours ago

Optimale woonwa/ryhuis benutting

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Jan en Rona het nou 'n lelike ding aangeroer. Daai gevoel van te min kampeer, of dan die gebruik van jou woonwa, boswa, ryhuis of trokkie met katoeters.

Ek wonder soms ook of ek nie moet klaarmaak met die stokperdjie nie, omdat ons relatief min weggaan. Ons gaan die afgelope paar jaar op twee lang toere, en dan so paar keer Pilansberg toe. 

In my geval moet ek bestek opname maak, en moontlik 'n kopskuif. Ons sal ernstig moet bedink om plekke, wat nie wildtuine is nie, ook te besoek. Ek be-oefen nie sporte soos hengel, kano/roei, stap of sulke derglike dinge soos rotsklim nie. Nou vermy ons plekke waar mens of dit doen, of niksdoen!!

Hoe gereeld gebruik julle, julle kampeer goete?? 

Sommige soos Chris B het 'n 2de lus vir kampeer gevind, en stel 'n mooi voorbeeld. Chris S en gesin gaan nog baie op kampeer vakansies, meer as net lang toere. Party hou van lang seevakansies. 

Terwyl die gesondheid hou, die asems sit, en ons al die lekker goete reeds het, MOET ek ernstig my leefwyse herbedink/beplan. 

   

Pretoria

Slowstrike

Wed, 23/04/2025 - 19:47

Baie mense sien `n karevaan as `n uitgawe wat nie sy geld werd is nie want jy gebruik hom dalk te min. Wel dit is my voorkeur tipe van vakansie en boonop het ek nog nooit `n karevaan vir minder verkoop as wat ek vir hom betaal het nie bv `n Scout nuut gekoop in 2006 vir R65 900 en verkoop in 2022 vir R90 000 daar was wel `n paar verbeteringe aangebring maar ek kon hom 16 jaar lank geniet en nog steeds R24000 beter af gewees. Waar feitlik alle voertuie waarde verloor hou `n goed opgepaste wa sy waarde en vermeerder selfs soos in my geval.

Wessel jy moet maar jou vlerke sprei en ander plekke besoek en kyk of jy kan aanpas. Dube op jou voorstoep is `n gawe oord met wild Marakele as jy `n nader wildpark wil besoek. 

Jy sal nie weet of jy daarvan hou voor jy nie probeer nie en daar is hordes plekke binne `n 200km omtrek vanaf Brits en Pretoria. 

Ek self probeer so veel moontlik kamp maar nou ja werk in die laaste maande voor pensioen is tans te besig maar as ek met pensioen was het die huis my nooit weer gesien nie.

Groetnis

0
Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 23/04/2025 - 20:56

Vrye tydsbesteding was vir ons ń deel van wat gedoen word nadat die werksweek voltooi is met die tyd tot beskikking. Dit het kamp ingesluit.

Nou in aftrede, het die klem verander ba wat doen ons wat, waneer en hoe. 

 "Variety is the spice of life." En ek het dit nie uitgedink nie. In ons Jurgie, in ń tent, of opgestelde tentkamp, of in lekker luukse akkomodasie, maak die lewe darem net meer interessant, en nie eentonig of gatvas nie.

Nou om Wessel te antwoord. Ons Kampgoed, en ons het als vir boskamp sonder shlep, of  ons Jurgie, is soos voorheen genoem daar vir waneer ons dit wil gebruik. Res van die tyd, word dit netjies gebêre.

Sou ek besluit om ń groot blink wa aan te skaf, sal dit nie ten koste van die ander wees nie. Maw, die dag wat ons in ń rondawel wil gaan bly, of in ń huisie op ń  wynplaas, of waar ook al, sal die duur woonwa nie die finansies so rem dat die deel prysgegee word nie. Dan waai dit.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 23/04/2025 - 21:13

Oor die afgelope 56 jaar het daar altyd 'n karavaan op my werf gestaan.  Ek het nooit 'n karavaan as 'n belegging gekoop nie en die kostes daarvan dadelik "afgeskryf" en van die uitgawe vergeet.  Karavaan-kampering is my voorkeur manier van vakansie hou en ek hou nie rekord daarvan om die kapitaalkoste daarvan te probeer regverdig met die aantal kere wat ek dit gebruik nie.  My wa is nie vir my 'n las nie, al staan hy weens omstandighede botstil.

Ten spyte van gesondheidsprobleme en op ons hoë ouderdom, het ons verlede jaar in Meimaand 2024 'n heerlike toer Kruger Wildtuin toe gehad, 'n paar maande later in Karoo Nasionale Park gekamp en selfs in Desember weer by Hartenbos. Net die Kruger-trippie was lank voor die tyd beplan en bespreek, maar die ander twee gevalle is sommer op die ingewing van die oomblik aangepak.  Ongelukkig staan ons wa nou weer sedert Desembermaand stil gegewe Annatjie se siekte, maar haar toestand het aansienlik verbeter en sy behoort teen volgende week weer tuis te wees.  Moet dus nie verbaas wees as daar binnekort weer 'n impromptu karavaan-kampering gaan plaasvind nie.

Wat ek probeer sê is die karavaanlewe is ons voorkeur manier van vakansie hou en ek kamp nie bloot om die kapitaal-uitleg te probeer regverdig nie.

Ns.  Ek kan nie dink nie dat daar enige ander vorm van vakansie is wat lekkerder is as byvoorbeeld die ondervermelde, ongegag die hoeveelheid kere wat dit gebruik is :-

.

0
Sedgefield

Jan Meyer

Wed, 23/04/2025 - 21:47

Ons het 'n karavaan omdat ons van die soort van vakansie hou maar tyd en beplanning verander. 

Omdat ons beplan het om vir 'n jaar te toer na Elmarie se aftrede het ons, ons tweede voertuig verkoop. Nou het ons net die Ranger en dit pla nie maar as ons nie gaan kamp nie is die sinneloos om die Ranger te hou vir daaglikse gebruik. 

Die ander kant is ook dat ons nou jaarliks na Namibië gaan reis en heel moontlik dan JHB en Nelspruit soos verlede jaar. Dit sal deel van ons vakansie/toer wees. Die karavaan kannie saam nie weens die paaie wat ons ry. 

Daar is nog nie 'n besluit gemaak nie maar ons kan ook nie ons blind staar teen feite nie. Gelukkig is ons albei oopkop en jaag tyd ons nie. Hou net nie daarvan dat die Classique staan nie. As ons dit nie gebruik nie kan ons die waarde beter benut. 

Klein motorhome of Vito klink dan 'n beter opsie vir ons Namibië toer en kleiner voertuig vir daaglikse gebruik. 

0
Worcester

Wildehont

Thu, 24/04/2025 - 08:11

Ons het almal ons unieke omstandighede en behoeftes. Daarom gaan wat perfek vir my en my gesin werk nie iemand anders pas nie. Boonop is ons almal se beursies nie ewe dik nie…

Kampeer is harde werk en dis deesdae ver van goedkoop af. Maar elke keer wat ons die Kavango staangemaak het besef ek net weer hoeveel ek kampeer geniet. Ons kinders geniet dit net soveel. Alhoewel kampeer binne seisoen (wat is wanneer ons die langste staan) vrek duur is, is dit steeds baie goedkoper as vaste verblyf. As ek dus die Kavango verkoop sal ons tuis moet vakansie hou.

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 24/04/2025 - 08:53

Ons het almal ons unieke omstandighede en behoeftes. 

Baie waar wat jy hier noem. Omstandighede het ons ook genoop om van ons karavaan ontslae te raak., met ons verhuising na die Kaap. Ons het die besluit geneem dat ons in elk geval sou afskaal en die eiendom wat ons gekoop het, laat my nie toe om karavaan veilig te stoor nie. Ek wou ook nie addisionele kostes aangaan vir stoorgeriewe vir die wa nie. Ons het in elk geval die laaste 13 jaar buite seisoen vakansie gehou en dan van vaste akkomodasie gebruik gemaak. Meestal hier in die Kaap. Soos jy (ChrisS) bewus is, betaal ons redelik min vir vaste verblyf. 

Ek kan in elk geval op my een hand aftel hoeveel keer ek my karavaan/e die laaste 15 jaar vir vakansies aangewend het. Ja, wel langnaweke en maks 'n week op 'n slag. My vrou wou in elk geval ook nie in die winter gekamp het nie.

Het ek die kamplewe geniet, ja baie. Met my onlangse vakansie weer in Hartenbos, ook 'n paar keer deur die karavaan park gestap en gekyk hoe die mense dit geniet.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus