Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Nou's ek honger!.... Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -3 hours ago
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -6 hours ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -6 hours ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -6 hours ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -7 hours ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -7 hours ago

Nossob

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Wat is die verskil tussen die 2 tipe staanplekke in Nossob. Ek raai die een het privaat ablusie geriewe.

Sanparke is so stadig vanaand, en die webblad so sleg, mens kan nie die info bekom nie.

Worcester

Wildehont

Sun, 08/06/2025 - 20:02

Die nuwer staan plekke met privaat ablusie en kombuisie is baie ver van die skuiling. Ek sal eerder by die ander staan. Die skuiling is by die geel ster hier onder. Die ouer gewone staanplekke is in die rooi blok en die nuwes in die bloue. Buite die skuiling is ‘n watergat waar wild (roofdiere ook) gereeld kom drink. 
 

A

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 08/06/2025 - 20:18

Ek sal die privaatheid van die nuwe verkies. Die ou gedeelte is beknop en op mekaar. Die watergat is lekker vir ledige tye, veral lekker snags as jy nie kan slaap nie.

Ek sal maklik vir ń week of twee op een van die staanplekke kamp.

0
Worcester

Wildehont

Sun, 08/06/2025 - 20:26

Ons was nog net in Nossob as die kamp vol bespreek is. Daar is staanplekke wat in vol son is, en ander wat in vol skaduwee is. Ek praat nou van die ou gedeelte. Ons het nog elke keer roofdiere (insluitende leeus) uit die skuiling gesien. Jy kan snags ook daarheen gaan. Maar dis ver om te stap van die nuwe deel af, veral in die donker.
 

Die nuwe staanplekke is meer privaat en het eie geriewe. Dit het egter die landingstrook aan een kant, en die toegangspad van die Suide af aan die ander kant. Namiddag as almal terugkom kamp toe kan dit maar raas en stowwerig wees. 
 

Dat die kamp ‘n besoek werd is, is vir seker. Ongeag waar jy staan. 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 09/06/2025 - 07:52

Dankie Chris S vir die goeie agtergrond inligting. Hopenlik kan ek dit in die toekoms aanwend vir 'n bespreking.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus