Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -15 minutes ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -29 minutes ago
Sterkte Len.    Ek moet ook… Verskoning Voortrekker -37 minutes ago
Laat die Internasionale… Help met kamp beddens en… Voortrekker -41 minutes ago
Braai broodjie debat Kgalagadi Oktober 2026 Geert -46 minutes ago
Wonder ek nou.  Hoe lank… Padlangs deur die RSA - Dis… Voortrekker -57 minutes ago

Deel van elektrisiteit

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Na aanleiding van Geert se onlangse onderonsie, begin ek die gesprek. Sodoende besoedel ons nie sy Kruger gesprek verder nie.

Hoe tegemoedkomend moet mens wees as dit kom by die deel van 'n elektrisiteit kragpunt.???

Daar is nou twee opsies;

a] iemand koppel by van jou wa se 220V uitsette in

b] mens tap 2 verlengkoorde van dieselfde paaltjie kragpunt af.

Ek het iemand op laasgenoemde wyse gehelp met elektrisiteit. Die einde was dat my elektrisiese prop by die paaltjie vasgebrand het. Die krag het NIE eenkeer uitgeskop nie, maar die prop het net vreeslik warm geword.

Vir opsie [a] is ek nog meer versigtig. Dan word die oorlading direk op jou wa se DB hanteer. Kan jy indink as mens aan die begin van jou vakansie op jou 220V inset/DB bord iets moet vasbrand of sekering/ stroombreker uitbrand. Ek ry nie sulke komponente saam nie.

Ek is dus huiwerig om sommer goedsmoeds mense so uit te help. Noem my maar onvriendelik en selfsugtig, maar ek noem dit versigtig.

Laat hoor hoe voel julle oor die skokkende teer puntjie.  

  

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 18/06/2025 - 13:33

Ek is natuurlik 'n voorstaander van bedagsaamheid en hulp aan jou kampbure wat hulp benodig. Maar binne perke natuurlik.  Die meeste oorde se kragpunte is beperk tot 10Amp en hier en daar tot 15Amp.  Sou jy dus die toerusting van jou eie kampopset met die toerusting van 'n kamp-buurman koppel aan een kragbron van die oord, soek jy vir moeilikheid.

Ek sal dit taktvol weier en verduidelik hoekom.

0
Worcester

Wildehont

Wed, 18/06/2025 - 13:49

Mens kry hulle oral, van die plakkerskampe af tot in die Krugerwildtuin. Ek het hulle al in Kgalagadi ook gesien. In oorde is daar mense wat nie vir ‘n staanplek met elektrisiteit betaal het nie, maar wel so een beset of bloot met ‘n lang koord inprop by een terwyl hulle nie op een staan nie. 
 

In Geert se geval klink dit of sy bure volgens hulle wel meer as een staanplek bespreek het, maar saam staan op een. So dring hulle gevolglik aan daarop om meer as een kragpunt te gebruik. Tegnies is hulle reg as hulle die waarheid praat, maar waarom dan ‘n staanplek ooplos? Dit gee tog die indruk dat die staanplek beskikbaar is. Parkeer ten minste ‘n sleepvoertuig daarop. Dit kan natuurlik wees dat hulle uit was toe Geert ingetrek het. Hulle kon dan maar ‘n tafel en ‘n paar stoele ook op die staanplek gelos het.
 

Ek kan nie verstaan waarom mense so wil saamkloek nie, maar daar is duidelik spanne wat dit wel geniet. Hulle moet net aan mede-kampeerders ook dink. 

0
Kaap

Goeie Hout

Thu, 19/06/2025 - 20:24

Ons het in SATARA op 1 staanplek gestaan met onse swaer.  Maar ons het net 1 punt gerbuik.  Gelukkig het hy n 4x4 karavaan en het min krag gebruik.

Maar toe ons deur die kamp (SATARA) stap het die manne gou nader gestaan en gese daar is almal geholpe met krag punte.  Ona moet maar elders staanplek soek.  Ek het een draad gevolg en gesien hy hardloop na 1 staanplek.

So ja die manne lieg lekker.  So ek sal maar in toekoms wegbly van SATARA.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 19/06/2025 - 21:34

... o.a. vir genoemde probleme. Ek sluit dit slegs in my reisprogram in danksy die goeie wildbesigtiging wat met die omgewing ge-assosieër word. Maar eintlik is dit maar 'n k@kkerige kampeerterrein.

0
Pretoria

Geert

Fri, 20/06/2025 - 04:23

Satara kan probleem maklik oplos, maar Sanparks is bang om bietjie geld uit te haal vir kampeerders. Eerstens is plek ontwerp vir 1x kragpung vir 1x staanplek. In ons geval is daar 4x staanplekke met 4x kragpunte.....1x vir elk, nie 2 of 3 vir een en niks vir res nie. Dis soos enige ander oord....stel jou voor jy kom by Hartenbos en buurman staan 2 op hul staanplek en prop maar addisionele prop by jou in en as jy kom weier hulle om jou kragpunt te gee.....1x kragpunt per staanplek, as jy wil koek op n staanplek, moet jy onder mekaar jou krag uitsorteer...nie buurman se punt vat en hom los met probleem wat jy geskep het nie.

Eenvoudige dinge wat Sanparks kan doen. Nommer staanplekke en nommer kragpunt...dan is dit duidelik watter kragpunt is watter staanplek sin. Sanparks kan ook op hul reels skryf: 1x kragpunt per staanplek. Sanparks kan ook ekstra kragpunte aanbring op elke paaltjie aangesien hulle nie beheer uitoefen nie. Ek sou ook sê hulle kan krag aanlê vir die klomp staanplekke wat sonder krag is (ck6) want daar is altyd klomp oop van hulle maar volgens website vol bespreek.. maw daai mense staan op krag staanplekke. Sanparks kan ook 1x personeel aanstel om by ingang van karavaan park te staan en besprekings na te gaan en mense te wys waar om te kampeer...ck6 of ck6p. Hefboom en gras dakkie is reeds daar. Of maak reel: slegs 1x karavaan per staanplek, dan hoef kamp bestuurder ook nie met hande in hare te sit om probleem op te los nie...soos aanbeveel om langs kombuis te kamp en dan krag daarvan te trek. Al hierdie is klein uitgawes oplossings wat Sanparks kan doen....geld kom genoeg in want kamp us vol bespreek seker 90% van die jaar en kampgelde is nie meer baie goedkoop nie.

Op die einde dink ek elke kampeerder moet besef dat as daar 4x staanplekke is en 4x kragpunte is, dat elkeen net 1x kry

0
Worcester

Wildehont

Fri, 20/06/2025 - 07:15

Die reels bestaan, maar dit word nie toegepas nie. Op ‘n staanplek met ‘n kragpunt in Satara mag nie meer as ses mense slaap nie en jy is veronderstel om vir ekstra voertuie ekstra te betaal. Omdat dit by Satara nie toegepas word nie skep dit probleme. 
 

A

B

0
Lyttelton

Trev

Sun, 22/06/2025 - 10:23

Ons onlangse besoek aan Kruger Nasionale Park het tot 'n groot mate bewys gelewer dat die mate van respek en nakoming van reëls en regulasies op 'n lae punt is.  My observasies (en ook Geert se onderonsie oor kragpunt):

- By Shingwedzi het mense wat nie 'n heining staanplek bespreek (en daarvoor betaal het nie) wel heining staanplekke beset.  Een van hulle was aangesê om na 'n staanplek te skuif waarvoor hulle betaal het.

- Spoed deur beide SanParks personeel en besoekers - van die besoekers het volgens my skatting teen snelhede van 80km/h + gery. 

- Mense wat die pad volstaan sonder om ander in ag te neem.

- Mense wat nie briekmerke in toilette skoonmaak nie ten spyte daarvan dat daar borsels in die toilette daarvoor is

- Mense wat deur jou staanplek loop en nog arrogant is daaroor wanneer jy hulle daaroor aanspreek

 

Ten spyte van al bogenoemde het ons ons eerste kamp in KNP geniet want daar was baie ander wat met vriendelikheid, respek, behulpsaamheid en baie meer opgemaak het vir die wat hulle skuldig gemaak het aan wat in die lys bo genoem is.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 22/06/2025 - 10:31

... die dinge wat jy noem irtiteer ook die wit waks uit my uit.

0
Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 22/06/2025 - 10:34

Trev, jy het dit net soos wat ek ook al ervaar het. Daar us baie meer goeie as slegte kampers. Net jammer dat die paar dit onaangenaam maak vir die groter meerderheid.

Dit laat my ook wonder wat maak so persoon as  hy briekmerke kry, of hy staan agter in die verkeer waneer sy dam se ganse dwars in die pad staan? Seker al vloekende en skellende oor die simpel donners wat so onbeskof is.

0
Brits

Wessel Strydom

Sun, 22/06/2025 - 11:55

 ....sulke optredes irritreer ook die briekmerke uit my uit. 

Jou laaste klagte is hoofsaaklik van betrekking op staanplekke voor teen die heinings.  Ek het dit ervaar by Punda waar ons voor teen die draad by die watergat gestaan het. 

Dit was sleg, ons was besig om te braai en kos te maak, dan loop sommiges tussen tafel en braaier deur. . 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus